Friday, April 28, 2017

'n Bosveldse Bos-troue (deel 9)

Foto's.....

So lank gewag vir die Fotograwe se amptelike foto's.

Hier is die eerste fotograaf se foto's 
(en ek gaan nie almal deel nie.... sommiges gaan ons darem net vir onsself hou.)

Geniet dit.

Wednesday, April 26, 2017

Afwagting

Ai, dit is darem maar lekker.

Een groot lekkerte om hier te kan sit en net dinge te beluister, te bekyk en jou eie dinke te dink.

Ek is darem maar só-ó bly dat ons nie mekaar se gedagtes kan lees nie (alhoewel sommige van ons se gedagtes al te dikwels op ons gesigte geskrywe staan).

Om net te kan dink oor alles en nog wat. Die samelewing te bekyk en te wonder wat elke mens laat "tick."

Monday, April 24, 2017

Facebook - 'n liefde/haat-verhouding

~~~~~ {sug} ~~~~~

"Alweer!"

Ja, sowaar, alweer.

Facebook boelie my... 'n regte liefde-haatverhouding, dis wat ek en "die ding" het. Dit verslaaf my en ry my.

Dit moet end kry.
Vinnig.
Sekuur.
Finaal.

Maar dis nie so maklik nie.

Saturday, April 8, 2017

'n Bosveldse Bos-troue (Deel 8)

In hierdie inskrywing is heelwat
skyfievertonings en videos.

Kliek asb op die speelteken (►)
by beide om te kyk.

Jy kan dit ook op die volskerm kyk, kyk maar na die kleiner tekentjies watter een dit is.

Huweliksbevestiging

Die lang wag het sy merk gelaat...
Nie net op die gaste nie, maar die arme bruidegom het goed gesweet:

The wait was very long, the poor groom....

Wednesday, April 5, 2017

'n Bosveldse Bos-troue (deel 7)

Kampvuur en Dans

Leticia wou 'n kampvuur hê.
Iets waarteen haar pa vasgeskop het,
maar 'n mens se enigste dogter....

Soos in 'n vorige inskrywing genoem, was die groot gevaar van die kampvuur
nie soseer die moontlikheid van brand nie, maar
die tambotiebome.

Tuesday, April 4, 2017

'n Bosveldse Bos-troue (deel 6)

Onthaalarea

Reception Area

Wanneer die gaste die deur (sien deel 5) bereik het,
is die raam met tafelplasings die volgende item.

Hierdie raam kom uit die huis waar my ouers ingetrek het.
My ma het die byna die hele huis oorgedoen en baie van die goed wat sy uitgegooi het,
het ons gebruik vir óf die onthaal óf ons tuis"skool".

Friday, March 31, 2017

'n Bosveldse Bos-troue (deel 5)

5. Die onthaal voorbereidings (vervolg)

{fout}....
Oeps....

Ek is baie noulettend op spelling en tikfoute.
Dis vir my nogal belangrik, want mens gee so 'n stukkie van jouself weg
wanneer jy skryf.
Slordige skryfwerk dui dalk op 'n slordige mens....

Wednesday, March 29, 2017

'n Bosveldse Bos-troue (deel 4)

5. Die onthaal voorbereidings (vervolg)

Die uitdaging het gelê in die blote grote van die onthaal....

Ek het nog altyd die moderne neiging om 'n troukaartjie te bewoord met:
"Jammer, geen kinders" verpes.

Tuesday, March 28, 2017

'n Bosveldse Bos-troue (deel 3)

4. Tydens die diens-goedjies.

Knielkussinkies

"Ag, nee, regtig ma! Ek wil dit nie hê nie.
Alles is plaas en 'plein' - ek soek nie satyn, kant, 
frille en valle nie. In elk geval, hoekom moet ons kniel?"

Monday, March 27, 2017

'n Bosveldse Bos-troue (deel 2)

In die vorige inskrywing het ek klem gelê op die mans se harde werk. 
Voor ek verder gaan wil ek net vir Andries (my man), Henry, Johan en André (ons seuns), 
Gusté (ons skoonseun) en Carl (my swaer wat die boerdery laat voortgaan het terwyl
 die ander die bos moes voorberei) sê: 

"Baie dankie! Julle is ysters!"