5. Die onthaal voorbereidings (vervolg)
{fout}....
Oeps....
Ek is baie noulettend op spelling en tikfoute.
Dis vir my nogal belangrik, want mens gee so 'n stukkie van jouself weg
wanneer jy skryf.
Maar as daar een ding is waar ek telkens gly,
dan is dit links en regs.
Leticia het grootliks haar troukaartjie se ontwerp self gedoen,
die tikwerk, die uiteensetting en bladuitleg.
Daarna moes ek dit proeflees, voorstelle aan die hand doen
en is sy terug na die ontwerpblad.
Nadat ons al die kaartjies gedruk, gestempel, gebind het,
neem Andries 'n kaartjie in die hand en lees deur alles.
"Fout!"
"Nee!!!" en woeps, is Leticia, wie se senuwees reeds aan flarde is, in trane.
"Jip. Mens draai regs in na Blinkwater, nie links nie."
"Ma-a!!"
"Ma-a!!"
Ai toggietjie tog...
Maar sowaar, ons gaan nie alles oordoen nie.
Dan maar 'n ordentlike groot padaanwyser by die teerpad sit...
So begin die werk aan die padpredikant.
Oh me! Oh my!
Oops...
Oops...
For me, spelling and typing errors really are annoying.
I love to write and as such, spelling is important. I think it kind of give a piece of you away
when you write, especially with my type of writing (journaling if you want).
If writing is then full of typos and errors, it somehow reflect on the writer.
If writing is then full of typos and errors, it somehow reflect on the writer.
But, in one aspect I greatly fail...
to differentiate between left and right.
The invitations were completed.
Leticia did the design and page layout, she typed most everything
and called me to proofread.
I had to do a bit of writing and the road directions.
All the invitations were printed and bound. Ready to be handed out,
when Andries took one and read it.
"Error!"
Leticia was horrified.
I said turn left instead of right!
I said turn left instead of right!
But there was no way that we can do it all over.
So we had to make a large road sign
Large enough to be seen by everyone.
Hopelik is dié een groot genoeg. |
Dit is net belangrik dat die pyltjie in die regte rigting wys. |
Die band is op pad na die regte plek... |
Daar is ongelukkig nie 'n foto van die band langs die pad nie.
Al die gaste het darem na die regte rigting gedraai,
ten spyte van ma se glips.
Sadly we don't have a photo of the sign on the road
But all the guests turned into the right direction
regardless of mother's fault.
►►►►►►►►►►►►
Leticia het baie idees gehad, almal is egter nie toegepas nie.
Soos die "lobola"-teken.
Die plaaspad neem jou verby die kraal, 'n ou windpomp en die dam.
Die plaaspad neem jou verby die kraal, 'n ou windpomp en die dam.
Op haar ma se aandrang, het Leticia die kennisgewing gemaak.
Ek wou dit graag by die (leë) kraal opgesit het.
Maar daar was eenvoudig net nie genoeg tyd vir alles nie!
Leticia had a lot of amazing ideas.
Unfortunately not all were implemented.
Like the "lobola"-sign.
The farm road takes you past a kraal, an old wind pump and the dam.
I wanted her to make the sign. I wanted to put it at the (empty) kraal.
But there simply wasn't enough time for everything.
("Lobola" for our overseas readers, is the African tradition where the groom must pay a bride's price to the bride's dad for taking an extra set of hands from his workforce. It usually consists of livestock, the quantity depends on the ability of the groom)
'n Ander voorbeeld was die hekke-kennisgewing.
Indien daar beeste op die plaas sou wees, sou ons hekke moes toemaak.
Leticia wou hierdie een by die ingangshek opgesit het.
Die getal hekke moes dan net ingevul geword het.
(Gelukkig) was daar toe nie beeste op die plaas nie.
Another example is the gate-sign.
If we had cattle grazing on the farm, there most certainly would've been gates
to be opened and closed.
Only the number must have been filled in.
(Luckily) there were no cattle on the farm on that day.
►►►►►►►►►►►►
Met rooi en wit waarskuwingslint is sekere gebiede afgebaken
ten einde seker te maak dat die gaste wel op die regte plek uitkom.
Die eerste punt was sekerlik die parkeergebied.
Andries-hulle het 'n groterige area se gras kort gesny
en Leticia het ook vir hierdie deel 'n kennisgewingbord gemaak.
Red and white warning tape demarcated certain areas to ensure
that the guests do get to the right places.
The first stop was the parking lot.
Andries and his team cut the grass of a largish area and
Leticia made another sign for this area
Kyk, ma, hierdie stuk sink sal werk |
Nadat sy dit in swart geverf het, het ek gesê ons sal dit moet uitlig met 'n bietjie wit verf ook. |
Hierdie kennisgewing is op 'n waentjie aan die punt van die parkeerplek gesit.
The sign was placed on a trailer behind the Land Cruiser
Links op die foto, agter die Mazda-bakkie, is die wa
waarop die versnaperinge sou kom.
En net agter die wa, die ingang na die bos-onthaalarea.
Generators to power the cool-trailer, some electric lights, the urn
and for the spit-braaiers.
The photo also gives a glimpse on the parking area.
To the left of the photo, behind the Mazda, is the trailer
where the snacks were put.
And just behind it, the entrance to the bush reception area.
Nog foto's op die parkeerterrein geneem, met die bos
waarbinne die onthaalarea was, op die agtergrond:
More photos showing the parking area
with the bush forming the background
Versnaperinge
Een groot vereiste van die bruid was dat daar geen alkohol mag wees nie.
Ons het gesorg vir gemmerbier, pynappelbier, ystee en aanmaakkoeldrank.
Op die tafels was Appletiser© en ook nie-alkoholiese vonkelwyn.
Met aankoms het die gaste hulself kon help aan
soet of sout springmielies,
Biltong (gewone of chillie)
en droëwors.
Die droëwors en biltong is baie spesiaal gemaak deur die bruidegom en sy moeder,
want sien - nie die bruid of haar ma mag enige glutien inkry nie. Gewone, gekoopte
biltongspeserye bevat 'n groot hoeveelheid graan.
Snacks
One prerequisite of the bride was - no alcohol.
We made ginger ale, pineapple beer, iced tea and cool drinks,
Non-alcoholic sparkling wine on the tables.
On arrival the guests could help themselves to biltong (plain or chili),
dried wors, sweet and salt popcorn.
The biltong and dried wors were made with special care as neither me nor Leticia
can eat any gluten, and most spice mixes contain high amounts of wheat or corn.
Thanks to the groom (Gusté) and his mother!
Droëwors hang aan stringe vir uitdroog. |
Al hierdie asook die glase en die drankies is op 'n ou plaaswa uitgepak.
Maar die soektog na geskikte houers, wat die plaastema sou uitbeeld,
het ons na interessante plekke geneem.
All the snacks and the drinks were laid out on an old trailer.
Finding containers for everything was another story
Die houtkas onder die paraffienblik.... |
'n Basies vrot houtkassie is aanmekaar geplak met 'n kartonboks,
ouma se sinkbad, wat nog diens doen as wasskottel, en 'n ou sinkemmer,
wat in die stoor die sandemmer vir brande is, het elkeen 'n werkie gekry.
Leticia het sakkies van die geelbladsye van ou Landbouweekblaaie gemaak
en op elkeen 'n sjabloon geverf.
Leticia made packets from the yellow pages of old farmer's magazines
painting pictures on each one.
En, soos op die foto hierbo by die parkeerarea gesien kan word,
is hierdie sakkies oral gekarwei en gebruik....
Oorplaatjies is gebruik om die versnaperings te omskryf |
En 'n fotoraam met bietjie meer inligting is tussen al die versnaperinge,
die drankies en glase op die wa gesit.
Wanneer die foto's van die fotograwe af ontvang is, sal daar sekerlik beter foto's van die wa wees,
ek plaas maar die wat ek van gaste ontvang het....
Die was moes ingegrawe word om darem laag genoeg te wees dat die gaste hulself kan help.
Regs agter die wa is die ingang na die bos, waarheen al die gaste mik.
►►►►►►►►►►►►
Die paadjie van herinneringe...
Die tema van die troue is 'n plaastroue, maar ook die mens se lewensreis.
'n Reis wat ons as enkeling in 'n gesin begin en uiteindelik met 'n lewensmaat voltooi.
Dit het Leticia fantasties uitgebeeld met haar paadjie van herinneringe.
Te oordeel aan die terugvoer wat ons gekry het, 'n groot sukses.
Memory lane...
The theme was a farm wedding, but also our life journey.
A journey you start solo, being born into a family and ends hopefully with a soulmate.
Leticia did an excellent job depicting this with her memory lane
Sodra die gaste deur die ingang in die bos beweeg het, was die eerste gesig hierdie:
On entrance in the bush, this is the first picture the guests saw:
Ook hierdie kennisgewing het sus self gemaak:
Hiervoor het sy olyftakkies gesny, gebind en weer 'n stuk
van die ou deur gebruik vir die geskrewe deel.
Dan swenk die paadjie na links en oral hang foto's...
The road swerve to the left and you see photos everywhere
Die foto's begin by die geboortejaar van Gusté. Daar was 'n foto of twee van elke lewensjaar...
Dan, by Leticia se geboortejaar kom hare by...
- Ek het so lag gekry vir sommige opmerkings van die gaste. Veral ene bly my by:
"Maar hierdie is dan alles net foto's van Gusté! Waar is Leticia se foto's?"
Laggend het ek geantwoord: "Sy moet nog gebore word! Onthou hy was al 13 toe sy eers gebore is!"
It starts with Gusté's birth year and then a photo or two of every year.
At Leticia's birth year, hers are added.
Dan, wanneer die datum van hul eerste bewuswording van liefde nader, het Leticia
hierdie kennisgewing geverf:
"Elke liefdesverhaal is vir my mooi,
maar ONS s'n is my gunsteling."
Hierop volg foto's van hulle twee se saamweespaadjie...
From their first dating, photos change to pictures of them together.
The sign depicting this reads:
"Every love story is beautiful
But ours is my favourite"
Tot by die deur...
Met die "maak" van die deur, vra Leticia my:
"Sal mamma asb die bewoording in lopende skrif doen?"
"Ek? Hoekom?"
Klaarblyklik is my lopende skrif lelik genoeg...
In die dag.... |
...en in die nag |
Die deur simboliseer die begin van hul lewe saam as getroude paartjie
Dit vorm dan ook die "ingang" na die onthaalarea daaragter, wat op die dagfoto
as 'n skoongesnyde gebied links agter gesien kan word.
Hierdie ou deur is vir ons van besondere waarde. Dit is die laaste heel deur uit die eerste Keyter-opstal op hierdie plaas. Die huis wat ons kinders se oupagrootjie Carl vir sy vrou gebou het.
(Vir my facebook-vriende - dit is die huis waar ons in 2011 die gesinsfotosessie geneem het...)
Then you reach the 18th of March - their wedding day.
The door symbolizes the beginning of their married life.
The door symbolizes the beginning of their married life.
It also forms the "entrance" to the reception area, visible to the left of the door.
For us the door as special meaning. It is the last complete door from the first Keyter homestead on our farm. The house the children's great grandfather built for his wife.
(My Facebook friends will remember the photo shoot in 2011 at that house)
Dáár agter Leticia is die deur...
►►►►►►►►►►►►
Sodra jy by die deur verby is, aan jou linkerhand, was 'n houttol
soos die waarop die kragkabels opgerol word.
Hierop was versekeie boekenhoutskywe, opgesny en geskenk deur 'n ander buurman
(Bure is wonderlike goed. Mense met wie jy vir jare 'n pad stap.
Hartsmense.)
Heel eerste is die skywe met Phostoxin behandel om die houtkewers daaruit te verwilder.
Daarna moes elke skyf vernis word.
Die vernis het die skywe onmiddellik verdonker...
Die houtskywe op die houttol. Let ook op die twee kort stompies met gate daarin geboor om die woestynrosies en die merkpenne vas te hou. |
Volgeskryfde skywe onder die tol |
Die kennisgewing wat op die tol was. |
So het gaste dan hul boodskappies aan die pasgetroudes geskryf. |
Leticia wil hierdie houtskywe gebruik as warm-pot-houers op haar tafel.
►►►►►►►►►►►►
Vir vandag dink ek is dit genoeg....
Baie foto's minder gebabbel
Môre het ons 'n troue en Sondag kom die kinders bietjie kuier
(ek jok, eintlik net 'n klompie goed oplaai en huis toe vat...)
Groetnis van huis tot huis
Dis regtig baie oulik!!
ReplyDelete