Credo

Ek glo....


... in 'n drie-enige God wat Homself aan die wêreld openbaar het as:
            Skepper - God die Vader 
               Hy het die heelal, alle sienbare en onsienbare dinge in 6 dae van 24-
               uur elk geskape.
            Verlosser - God die Seun
               Hy stuur Jesus Christus as Verlosser aan die volle mensdom. Daar is 
               geen ander Naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God 
               wil dat ons verlos moet word nie. (Hd 4:12)
           Trooster - God die Heilige Gees
               Na Jesus se hemelvaar stuur God die Vader die Heilige Gees na die 
               aarde om die mensdom 'n ware sondebesef te gee, die rigting en die 
               waarheid aan te dui en ons van sy alomteenwoordigheid bewus te
               maak.


... dat evolusie die grootste leuen is wat tans wêreldwyd aangehang word en ons 
       kinders steel.


... dat kinders 'n seën uit God se hand is, net soos gesondheid, die lewe, gawes, 
      reën en selfs finansiële gemoedsrus


... dat die vrou se plek by die huis is. Dat ek as vrou aan my EIE man onderdanig
       moet wees (Ef 5) en dat God juis gehoorsaamheid aan Hom seën. Ek is 
       geskape as my man se hulp en nie as die een wat beterweet, die besluite 
       moet neem of die rigting aandui nie. Ek moet juis sy besluite ondersteun, 
      die rigting  wat hy kies neem (solank dit nie teen God indruis nie)


... dat alle vorme van kontrasepsie (voorbehoeding) abortief werk en teen God 
       se geopenbaarde wil is.(Lees hier en ook hier.)


... wanneer ek kinders as seën beskou vanuit God se hand, daar geen manier is 
       waarop ek beheer oor God se seën en handewerk kan oorneem nie.


... dat ons kinders in die eerste en enigste plek ons as ouers se volle verant-
       woordelikheid is en dat ek voor die Vadertroon sal gaan staan om verant-
       woording te doen oor hul opvoeding.


Ek hoop dat dit vir my lesers my sieninge en uitgangspunte sal verduidelik. Jy 
mag moontlik nie saamstem nie, maar ek glo dat ek binne God se wil beweeg 
wanneer ek hierdie dinge uitleef.