Saturday, December 22, 2012

'n Oogwink

Die begin....
Ooievaarstee - kaalvoet....

Die hospitaal.....
23 Desember 1994

Die jong ouerpaar....
Ma - dom en totaal moeg van min slaap.
Pa - trots en gelukkig met sy prinses.

'n Eerste kleindogter én agterkleindogter aan die Lübbe-kant

Die eerste (én enigste) agter-en kleindogter aan die Keyter-kant

Gedoop in dieselfde rousy-dooprok as
ma, ouma en oumagrootjie aan de la Bat-kant.


Plaasmeisie:


En vir die nefies: 'n "liggie" (niggie)

Gereeld die doeksak gegryp
en pad gevat na grootouma Anna.
(met ma wat maar 'n wakende ogie oor die vordering hou)


My nuwe boetie.

Eerste partytjie - twee jaar oud.

Ons gaan kuier alleen by oupa en ouma en saam met hulle
ook vir grootouma Frieda.

Elke dogtertjie moet minstens een keer in haar lewe
'n poppie koek hê. - 5 jaar oud.



Eerste skooldag.
Gr 1 Nebalae Christelike Montessori


 Dra my jongste boetie na die doopvont.


Tydens die tuisskolers se Eistedfodd en Entrepeneursdag.
'n Uitstalling - Tee met Ouma.


So ontwikkel ons dogtertjie in 'n jong meisie....


wat in Gimnastiek Limpopo-kleure verwerf.
Gimnastiek afrigter word
'n Noodhulpkursus reël en self deurloop.

Lief vir "scrap-booking" en kaartjies maak.

Kranige kok en by tye kreatiewe sjef....

Plaasmeisie wat hanskalfies grootmaak
(en ja, ook 'n kursus in kalfgrootmaak voltooi het)
Wat trekkerry, plant en deesdae

'n fotograaf van formaat
wat die mooiste natuurtonele


en kunsfoto's neem


'n Maand of wat gelede het sy

in die openbaar haar geloof bely

|En skielik is daar 'n jong vrou in my huis....


23 Des 2012
Môre.....
is sy 18.

'n Oogwink - so gou.
Dankie Here, vir hierdie pragkind wat U aan ons toevertrou het.
Vir 'n kort tydjie kon ons in haar saai, kon ons verantwoordelik
omgaan met 'n skepsel uit U hand.
Maar daar kom 'n dag, wat ons besef
Nou Here, is sy groot.
Nou kan ons nie meer saai nie.
Nou kan ons net bid
dat U die groei sal gee
die reën sal gee
sodat sy vrug kan dra
tot U eer.