Monday, March 27, 2017

'n Bosveldse Bos-troue (deel 2)

In die vorige inskrywing het ek klem gelê op die mans se harde werk. 
Voor ek verder gaan wil ek net vir Andries (my man), Henry, Johan en André (ons seuns), 
Gusté (ons skoonseun) en Carl (my swaer wat die boerdery laat voortgaan het terwyl
 die ander die bos moes voorberei) sê: 

"Baie dankie! Julle is ysters!"

Maar die meeste en die hardste werkery was deur Leticia self hanteer.

In the previous post I looked at the men's hard work. Before I start on today's post
I want to thank Andries (my husband), Henry, Johan and André (our three sons), 
Gusté (our son-in-law) and Carl (my brother-in-law who looked after the farming
while the other was busy in the bush):

"Thank you so much! You are the best!"

But the biggest part of the work was done by Leticia herself.

2. Troukaartjie

Die maklikste nou sal wees om die kaartjie hier te lees.
{Kliek op die pyltjies op die spyskaart regsonder op die paspoort kaartjie, 
dan kan jy die kaartjie vergroot om makliker te lees.}
Leticia het ure op die internet gesoek na stempelvoorbeelde.
Want 'n paspoort kaartjie wil sy maak...

So neem die troue se tema vorm aan.
"Die begin van ons lewensreis saam"

You can view the wedding invitation here .
Leticia spent hours on the internet searching for stamps she can use
Because a passport she wants....

Thus the theme for the wedding was created
"The beginning of our life journey as one"

Die embleem op die buiteblad het dae in beslag geneem.
Toe dit uiteindelik na haar smaak is, moes ons 'n stempel daarvoor laat maak.

Dit was groot opgewondenheid toe die stempels in die pos arriveer.

The emblem on the front of the invitation took days.
When it at last was to her taste, we had a stamp made for it.

The excitement when the stamps arrived was huge.


Maar bruin karton was moeiliker te kry. Uiteindelik moes sus A2-kartonne 
kleiner sny om A5-papier te hê.

She had to cut A2-size board paper to A5-size for the outside.


Elke karton is met die hand gesny, omdat die guillotine nie reguit sny 
as dit meer as een karton moet hanteer nie.


Nadat die buiteblaaie gesny is, moes elkeen gestempel word.
Hiervoor het Leticia gewone wit PVA-verf gebruik.

Then everyone needed to be stamped.

Die eetkamertafel moes na elke ete omskep word in 'n kunslokaal.



Groot opgewondenheid oral toe die kaartjies afgelewer is....

The guests were as excited when they received their invitations.



Meeste is per hand afgegee, enkeles gepos en
 'n paar het slegs die elektroniese weergawe ontvang.
Maar één, 'n spesiale een, is per lugpos na Nieu-Seeland.... 

Most were hand delivered, some were posted and a few
only received an electronic version.
But one, a very special one, was sent via air mail to New Zealand....

3. Kerkversierings

"Gevlegte harte, ma, ek soek gevlegte harte soos hierdie."

Plaited hearts, mom, that's what I want...

Image source

Wel, die enigste takke wat soepel en sag genoeg is om so te vleg (wat ek ken)
is wilgertakke.
Wilgers uit my grootwordwêreld...


En so het ons gaan wilgerlatte pluk - 'n wavrag vol!

The only branches I am aware of, soft and supple enough to plait,
are from the willow trees. 
Willows from my childhood-days

So we went ... to pick willow branches, a trailer full!


Oupa het gehelp. Op die leer en ek moet die voetstuk vashou.
My pa, vir wie ek so baie lief is...
Even oupa helped... But I had to steady
the ladder though...


Spanwerk. Die bruidegom (denimlangbroek) en sy twee aanstaande swaers...
 "hoog in die takke"


En ja, pa is oral by. Want wat 'n pa nie vir sy dogter sal doen nie.
Dierbare man van my.

Net nog 'n laaste tak of drie...


Sou hy nou dinge in heroorweging neem....?

By die huis gekom, moes ons hierdie wavrag blare deurwerk, voordat die spulletjie begin muf.
Die hele waentjie was vol! En hulle het behoorlik gesweet op die 420km van daar tot hier.

It really was a trailer load full.
When we got home, after travelling 420km from my parents' place back to ours, 
we had to start working with them, lest they rot.


Eers moes ons die blare stroop en daarna begin die draad- en knoopwerk.

First we had to remove the leaves and then Leticia started plaiting
and binding them


Dit het ek maar liewer in Leticia se hande gelaat. Sy weet presies hoe die eindresultaat moet lyk
en sy het haar goed van haar taak gekwyt. Kyk net die klompie op die grond middelagter op die foto.



Harte is gevleg en geknoop, maar verniet of die takke wil buig soos ons wil hê.
Die oplossing was om hulle aan die klimraam vas te maak sodat hulle in posisie
kan droog word....

She completed 25 or more of them, but no way will the branches stay
in the position she wants them. Eventually she bound them to the 
jungle gym so that they could dry in position.


En na 'n paar weke in die son, lyk die hartjies pragtig.
Nou word elkeen ge"lint" sodat hulle reg is vir die kerkbanke.

After a few weeks in the sun, the hearts looked beautiful.
Each one got a piece of linen - ready for the church pews.



~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Saterdagoggend 18 Maart 2017.
om 10vm word die kerkdeure vir ons oopgesluit
sodat ons die fieterjasies en alterasies wat ons wil aanjaag
kan doen....

Saturday morning at 10 am, the church doors were unlocked
so that we can complete all the decorative stuff we wanted
By elke bank is 'n gevlegte hartjie gehang met 'n bloekomtak daarin

En van die gaste het 'n baie oulike nut vir die hartjies gesien.
 Pragtige manier om 'n raam te vorm.
One of the guests used the heart as a frame for photos





********************************************************

Ruikers. Blomme.

"Aggenee, mamma. Hoekom moet ek blomme hê? 
Kan ons nie maar net blare en takke gebruik nie....?"

Hoe op aarde kan ons 'n troue sonder blomme hou?
Dit is vir my ondenkbaar.

Uiteindelik besluit die bruid op proteas en ronde bloekomblare, 
rotsrosies en loof, baie, baie loof.

Leticia wasn't keen on flowers. She would rather have only 
branches with leaves and some succulents.

But having a wedding without flowers - I couldn't phantom.
At last she decided to use proteas and round leaved blue gum branches, 
and lots of succulents too.

Steeds moet ons die begroting in gedagte hou...
Maar soos in alles, voorsien die Here mildelik!!
Hier in ons dorp, in ons gemeente, is 'n suster wat wonderwerke met blomme vermag.
As bonus het  haar seun 'n suikerbos-plaas hier in die berge.

We still have to keep a tight-budget.
But the Lord, as usual, provided much more!
In our congregation we have a sister who can do wonders with flowers
And they have a farm with sugarbushes (a kind of protea).

Die idee vir die registerteken- en bruidstafel het sy hier gekry.
Sy en Leticia gesels en uiteindelik bestel sy vir ons 23 suikerbosse, 1 koningsprotea en loof.
Maar rondeblaar bloekomtakke sal ons self kry.... (het ons grootmoedig gedink)

Wat 'n verrassing toe ek die blomme gaan haal en nie net 1 koningsprotea ontvang nie, maar twéé! Nie net 23 suikerbosse nie, maar 40!! Syself kon nie die ruikers maak nie, vanweë ander verpligtinge, maar tannie Elsabé, Andries se sus, is wonderlik kunstig en toor met haar hande.

She ordered 23 sugar bush proteas, 1 King protea and foliage.
But, big mouthed, we said we would get the rounded leave blue gum branches ourselves.

When I got the flowers, I was so surprised. Not only one, but two king proteas.
Not 23 sugar bush, but 40 sugar bush proteas.
My sister-in-law will do the arrangements for church...

Maar die bloekomblare....
Want daar is toe nie waar Leticia gedink het sy sal kry nie.
En Middelburg is vér...
Oupa! Oupa sal weet, want in my grootwordwêreld groei sulke bloekoms.
En oupa weet....

Want 47 jaar gelede het oupa rondeblaarbloekombome geplant
op die plaas waar ek grootgeword en 16 jaar gewoon het...
Oupa het die huidige eienaar van die grond gekontak en 
emmers en sakke vol takke gepluk!

But we still need those blue gum leaves...
and there were none where Leticia thought we would get.
Grandpa. Oupa knows where. Because in my childhood-world
are such bluegum trees..
Oupa will know.

And he did! 
Because 47 years ago he planted them on the farm
where I grew up and lived up to 16 years.
Oupa contacted the owner and he picked
buckets and bags full.

"Mamma, ons moet melkkanne gebruik.
Mamma s'n, tannie 'Rieken en ouma Anna s'n.
En hierdie kassie mamma, hierdie kassie vir die
registerteken-tafel...."
Finally Leticia said we must use milk-cans for the flower arrangement
in church. "Yours, aunty 'Rieken's and ouma Anna's. Oh, and this
wooden box for the table mom."



En dan stuur ons foto's vir Elsabé om solank te knaag aan idees vir die kerkruiker....

Elsabé se voorstel - 'n stomp en 'n ou kassie
om hoogt te gee.

'n Foto om die hoogte van die drie melkkanne
aan Elsabé deur te gee.

En so het die resultate gelyk:

The results were beautiful...


Die groot lekker van 'n plaastroue-tema is dat jy allerhande plaasgoed kan gebruik,
oud of nuut, sonder om te voel dit lyk na 'afskeep'.

So is die palet, 'n wingerdstok van neef Willie se wingerde af, die ou melkkanne
en selfs 'n stuk stomp en 'n ou kassie ingespan om 'n fantastiese indruk te maak.



Ek persoonlik hou meer van Elsabé se rangskikking....



En so het hy op die bruidstafel vertoon....

{Loer bietjie daar agter die man, net so voor die tuinbankie daar in die middel van die foto...
net daar het die kampvuur later die aand gebrand.}

The one used on the table in the church was also used on the bridal table at the reception.

{Take a peep at the background of the photo. Behind the man and in front of the bench
you can see the wood packed for the camp fire later the evening.}

Laastens was daar die bruid en strooimeisies se ruikers.

Die "bloemiste" het vir Leticia reeds 'n ruiker saamgesit, maar sy het
van die ekstra blomme uitgehaal. Sy wou net die een protea, 
loof en 'n paar krul-stokke gehad het.

Die strooimeisies s'n het Leticia en Eldiré self gemaak.

The bouquets for the bride and bridesmaids.
Leticia took out some extra flowers from her arrangement. 
She insisted on having only a protea, foliage and curly sticks.

The bridesmaids' she and Eldiré made themselves.


Leticia se ruiker
Die strooimeisies se ruikers.



Nou ja toe.
Dit is my inskrywing vir vandag....
Môre sal ons bietjie meer kyk na die onthaal se voorbereidings...
... tafelversierings, dankiesê-geskenkies en dies meer.

That's all for today.

Groetnis






2 comments:

  1. Dis pragtig!! Kan nie wag om die volgende episodes te lees nie.

    ReplyDelete
  2. Genade dis pragtig! Julle is almal so talentvol! En het jy nou nie die jare laat terugrol en my laat dink hoe ek ook so gearbei het aan alles voor my en Brandt se troue nie.

    ReplyDelete