Monday, August 7, 2017

Die AIP dieet vir onderaktiewe skildklier en Hashimoto's

Ek het by 'n nuwe groep op Facebook aangesluit.
Ja, 'n groep vir mense wat sukkel met onderaktiewe skildklier en / of Hashimoto's.

Hierdie inskrywing is vir daardie mense, daardie dierbare vriend(inn)e in verdrukking...

Die inskrywing is lank nie volledig nie, lees asb verder op, doen navorsing en bemagtig jouself.

Is die AIP die wonderkuur?

Ek wens ek kon sĂȘ: "Ja!"... maar ek kan nie. Nee, die AIP is nie 'n wonderkuur nie. Dit is slegs maar die eerste stap in 'n lang proses om lewensgehalte te verbeter.