Thursday, January 30, 2014

Bybelstudie Joh 2:6

"En daar het volgens die reinigingsgebruike van die Jode ses klipkanne gestaan, wat elk twee of drie ankers hou."

Hoekom gebruik Jesus die reinigingskanne? Waar was die kanne waarin die oorspronklike wyn in gehou was? Dit maak tog net sin om die wyn weer in dieselfde houers te plaas... Hoekom die reinigingskanne daarvoor gebruik? Dit was straks nog onooglike en dalk swaar kanne.

Tog is daar moontlik 'n baie goeie rede...

Jesus se kruisdood reinig ons van ons sonde (vir die wat dit in geloof aanvaar), die seremoniƫle reinigingsgebruike van die Jode, soos ingestel in Exodus en Levitikus, het heengewys na Jesus, na die volkome reiniging wat Hy as Gesalfde bring.

Sy eerste wonderwerk het dan ook sy heerlikheid openbaar, maar terselfdertyd sy doel - om ons te reinig van sonde.