Saturday, June 25, 2011

Oeps!

Dinge kan partykere sommer skeef loop. Sommerso, sonder dat jy gewil of gewou het.

Jy spreek 'n gedagte hardop uit, net om "oeps!", te besef dit was die verkeerdste plek en omstandigheid. Misverstand op misverstand volg en steeds kom niks reg nie.

Dikwels kom dit in verhoudings voor. Liefdesverhoudings, huwelike. Die kuns is om dit volwasse en met nodige eerlikheid en respek op te los.

Ek kan so maklik vir Liefde vertel hoe hy nou eintlik sy seuns moet opvoed, dissiplineer en grootmaak. Somtyds kry ek so seer vir my seunsgoed se onthalwe dat ek vir hul pa grootoƫ maak en sommer sal aanspreek voor die kinders. En dan te "Oeps!"

O, Vader, skenk my asb in groot genade die vermoƫ om stil te wees, te wag tot 'n geskikte geleentheid hom voordoen en dan in 'n "meek and gentle spirit" met my geliefde oor hierdie saak te gesels.