Sunday, March 26, 2017

'n Bosveldse Bos-troue (deel 1)

Waarskuwing / Warning

Hierdie inskrywing bevat baie foto's. Dit gaan data-kostes opjaag. 
Wees bedag daarop asb.

This post contains a huge amount of pictures which will result in data charges.
Please be aware of this.

*************************************

Ontmoeting, verlowing, beplanning

Ons dogter se onderwysloopbaan is tuis voltooi. Sy was wel vir so drie en 'n half jaar in 'n
 Montessoriskool, daarna vir een jaar (graad 3) in 'n staatskool, maar alle verdere onderwys 
 het tuis in haar ouerhuis gebeur. Sy het haar "matriek" verwerf - die Amerikaanse GED en daarna
 Montessori onderwys studeer. Sy verwerf 'n sertifikaat van KHT Montessori en daarna
 'n diploma van NAMC. Na kwalifikasie het sy dadelik vir 'n jaar lank by 'n Montessori kleuterskool
 skoolgehou en ook haar gimnastiekklub in die middae behartig.

Gedurende hierdie jaar ontmoet sy haar droomman.
Dit was nie 'n "beplande" ontmoeting in die sin dat sy man gesoek het nie...geensins nie.

By oupa en ouma se besigheid in Newcastle, het hierdie nuwe jong man begin werk. 

Ouma (ek vermoed oupa seker ook) het besluit dat hul kleindogter hom moet ontmoet.
Ons moes dinge bewimpel en bewerk sodat sy wel tuis sal wees die dag wanneer 
hy by ons huis sou opdaag.

Dit het so uitgewerk, 
alhoewel dit nie liefde met die eerste oogopslag was nie.
Inteendeel....
Leticia het my eenkant geroep: "Hy is dan stokoud ma!"
Gusté het so na haar gekyk terwyl sy haar goedjies uit die kar laai.
"Julle het seker kwaai honde en gelaaide gewere...so 'n mooi dogter,"
 het hy half ingedagte hardop gedink.

Later was hulle twee en Henry saam na Botswana waar die liefde ontluik en begin groei het, 
om uiteindelik Kersfees 2016 tot ouers vra te lei.

Christmas 2016 - Gusté and Leticia asked our blessing for their engagement.

Maar, en dit was 'n groot MAAR.
Want sien, daar is nie onbeperkte finansies beskikbaar om 'n troue en onthaal sommer
 uit die vuis aan te bied nie, om 'n gehuurde plek te kry met spyseniers en kelners,
 met dekor en beligting, professionele fotograwe en musikante nie.
Ons sou alles self moes doen, wel sover moontlik.
En daarvoor het 'n mens tyd nodig - 
baie tyd.

BUT with not much finances to pay for venue, catering and waiters, 
decor and lightning, professional photographers and DJ's, 
we would have to do almost everything ourselves... at least as far as possible.
For that you need time - 

Lots of time.

Dus het Leticia reeds maande voor die ouersvra of die verlowing begin
werk aan dekoridees, tafelversierings en allerlei ander goedjies. Pinterest was haar ensiklopedie.

So Leticia started months before the engagement, working on decor ideas, 
table decorations and other crafty stuff. Pinterest was her encyclopedia

Sy deel kort-kort met my webwerwe, prentjies, idees...
... soos "Rustic Chick Plaastroue", die gebruik van proteas in ruikers,
oor buite-beligting...
want die enigste plek beskikbaar om 180 gaste te akkommodeer is, wel,
in die bos.

She shared lots of websites, pictures, ideas (see the links above) with me.
Especially for outdoor lightning - because the only place available to 

accommodate 180 guests, well it was the bush...

Pa en oom gooi wal. "Die vliegies, die bosluise..."
en later "daar is nie toilette nie..."
Vir alles het sus antwoorde en ma ondersteun, want na 'n droë jaar soos 2015-16 was...
hoef ek meer te sê?

The two brothers, her father and uncle, had all sorts of objections as to why

 the bush won't work - from the bugs to the fact that there ain't any toilets. 
But we had answers for it all. After a dry season like 2015-16....

Vir die vliegies en ander sespotiges het sy vele webwerwe gekry met baie baie raat, 

soos hierdie, hierdie en hierdie,
en ja, selfs vir die toilette was daar oplossings (en oplossings!)

Uiteindelik sou die meeste van haar idees van hierdie album af kom.

Leticia got lots of inspirational ideas from the above linked websites 
to adjure all objections.

Leticia het bykans alles wat as dekor gebruik is, self gemaak.

And she made almost everything used as decor herself.


**********************************************************

En so begin die voorbereidings....
Let the preparations begin....

1.  Plaas en Toilette


Die pad na die onthaalplek is toegegroei. Die plaas word net vir weiding gebruik en die verkeer is min. Erdvarkgate en oorgroeide bos hou hul eie uitdagings in.

Intussen moet die boerdery ook voortgaan. Die drie broers en sowat vier arbeiders moes inspring. Met bossiekappers, randsnyers en lang meganiese snoeiskêr is kilometers oopgesny. Doringtakke moes weggesleep word.


The farm earmarked for the reception is used only for grazing and traffic on the roads is few. Aardvark burrows and overgrown bush had to be cleared and filled up.

The three brothers and some of the labourers had to do the work. 







 
By die onthaalarea wag soveel meer... kleiner boompies moes uitgehaal word, die gras gesny en enkele ander bome gesnoei word.
Daar onder die groot tambotiebome sou die onthaal wees, maar die lieflike groen skaduryke bome hou 'n gevaar in.

Tamboties is giftig.
Indien enige persoon net'n droë tambotietak op die vuur gooi, sal selfs die rook die omstanders se spysverteringstelsel knou.
Alle droë hout moes verwyder word.
Al die grassnysels... oral is sulke klouerige onkruidsaadjies - ons noem dit sommer "sittertjies" omdat hulle soos nete sit.


At the actual reception area much more awaited them. Small trees and shrubs had to be cleared, the grass cut and some trees pruned. The big tambotie trees will provide the shade for the reception, but there beauty are deceptive.
Tambotie trees are poisonous.
If a person adds a dry branch from this tree on the fire
even the smoke will cause digestive problems.
All dry wood therefore had to be removed.

Paadjies van die parkering tot die onthaalarea, van die onthaalarea na die toilette. Rondom die kampvuur en 'n dansplek....

Walkways from the parking to the reception area, from the reception area to the toilets. Around the camp fire and at the dance spot...




Maar.... die grootste uitdaging was die toiletgeriewe.

Daar is letterlik niks in die bos nie.
Nou wil ons 180 mense onthaal.
Ek het puttoilette aanbeveel (goedkoopste, vinnigste, maklikste), maar my swaer het wal gegooi: Spoeltoilette en basta!

The biggest single challenge though was the toilets.
There ain't anything in the bush.

And we are catering for 180 people.
I suggested we use pit toilets (easy, cheapest, fastest),
but my brother-in-law stopped me: Flushing toilets and that's it.

Ons ander swaer het al vantevore 'n kampterrein oopgemaak hier onder die bome en 'n toilet met 'n bos-stort ingerig. Maar dit is al jare in onbruik. Die wilde diere, beeste en bos het dit weer oorgeneem.

Ons het wel die paaltjie-muur daarvan nuttig kon gebruik.


Our other brother-in-law previously cleared a camping area here under the trees with a loo and a bush-shower. But it has been years since. The bush steadily took it over.

But we will be able to use the wooden fence recovered from it.


In die eerste foto is die ou bestaande toilet sigbaar. Aan die linkerkant agter, daar by die leer, is die paaltjiemure. Die seuns (hier het die bruidegom al bygekom en hand bygesit) moes meet en pas om drie toilette en 'n urinaal in te kry.


In the first photo you can see the old toilet. To the back, left, close to the ladder, is the wooden fence. The boys (with the groom too - he came to help prepare the area) had to shape and reshape to fit three toilets and a urinal under the tree.



'n Watertenk moes opgesit word. Water vanuit die dam gepomp en aangery word. Pype moes van die tenk na die toilette en "kombuis" aangelê word.

Dit alles het die mans in 'n skrale week vermag!!!


A water tank had to be erected. Water must be pumped from the dam into water car and then into tank. Pipes from tank to toilets and "kitchen"...
All of this the men did in one small week!

Intussen soek ma en sus oral na idees... Hoe gemaak met wasbakke? Waarop sit ons die wasbakke? Wat van baba's met doeke...?

In the mean time Leticia and me looked all over for ideas - what to use as basins in the toilets? On what to put the basins? A change station for babies....?



Dan ontdek ons juweeltjies, soos hierdie lendelam houtkassie op die damskrop....
Roomafskeiers in die strykkamer doen diens as wasbakke - hoekom nie? Hulle het 'n "prop" wat gemaklik werk.

Kennisgewings moet gemaak word. Hoe gaan die mense anders weet waar die toilette is, waar die mans en die dames is?

Leticia het die bloekombome se bas en 'n ou deur se kartonplanke nuttig gebruik:

We found little gems, like this rickety cabinet on the dam scraper....cream separator buckets will do as basins - why not? They even have an outlet!

Notices had to be written. How else will people know where to find the loo?
Leticia made good use of blue gum tree bark and the cardboard from an old door.
Kennisgewing vir die toilet geskryf op 'n stukkie ou deurkarton.

Alhoewel ek persoonlik die kennisgewing bo-op die ou geroeste graaf sou verf, met die rolletjie toiletpapier daarby - 'n ware veldtoilet.

Personally I would have used the rusty old spade, wrote the notice on it and put it with the toilet roll on a prominent place.... If you need it - use it. But, it is not my wedding, is it?

En die eindresultaat:
The result:

Die ingang na die toilette. 'n Plaastroue vra plaassimbole. Daarom die bulle en koeie - beide op die ou deurkarton geskryf. Bostoilet geskryf op 'n stuk bloekomboombas.

Dameskant se toilette. Vir die aand het ons LED battery-liggies ("feëtjieliggies") binne elke hokkie gehad. Aan die buitekant was van ons botteltjie-olie-lampies (meer daaroor in 'n volgende inskrywing)

Die dameskant se wasbak. Die seep en handeroom had 'n storie van hul eie. Om die rit van die huis tot die plaas (sowat 20 minute en 'n slegte 8km grondpad) te oorleef, het Leticia hulle geseël. Ek het nie geweet waar die seël is nie en eers die Sondagaand, na die onthaal, kon ons die seep en handeroom gebruik!

Wasbak aan die manne se kant

En die mans se toiletgeriewe



'n Ander gedeelte wat ook voorbereiding gevra het, was spesiale plekkies vir die foto's. Een daarvan was die groot maroelaboom en 'n swaai.

Onder die maroela was ook 'n klompie kleiner struike en boompies wat eers uitgekap moes word. En die swaai moes afgeskuur en reggemaak word. Hoe dit na die tyd gelyk het, sal ek eers kan deel wanneer ons die fotograaf se foto's ontvang het.



The men needed to clear some spaces for the photo shoots too. One was this
 huge marula tree. Under it was shrubs and small trees. And the swing.... 
Leticia wanted it mounted in the tree, but there simply wasn't enough time for that. 
But in the mean time it had to be scrubbed
Die kinders se ou swaai wat lang jare al nie meer in 'n boom hang nie. Die ou
seringbome waaraan die swaai was, is almal uitgehaal en die jakarandaboom
breek sy takke gans te maklik.


Die ou groot maroelaboom... waaraan die swaai moes kom....
maar daar was nie tyd voor nie - daaroor later meer.

Tot sover dan vir vandag....

Soveel foto's en verhale wag nog, maar die uurglas vir die dag het uitgeloop.
Môre vertel ek meer.

That's all for today. There will be many more to come as there 
are so much I would like to share.

Groetnis



2 comments:

  1. Genade maar julle was bedrywig! 'n Boer maak 'n plan, en 'n boer kan! Dit lyk sover pragtig en sulke goeie idees.

    ReplyDelete
  2. Te heerlik...

    ReplyDelete