Wie sou dit kon raai?
Om mense wat jy glad nie ken nie, "vriende" te noem....
Tog gebeur dit. Jim Reeves het lang jare gelede gesing: "A stranger's just a friend you do not know."
Ek was bang vir facebook (dalk eerder vuisboek). Bang omdat dit onbekend en te blootgestel gevoel het.
Ek het my kuierwerf (blog) te veel geniet om dit op te gee vir kort nuttelose inligtingsbrokkies op 'n kuber-muur. Graffiti op 'n elektroniese wolknewel.
Uiteindelik het nuuskierigheid die oorhand gekry en my kuierwerf daaronder gely. Want vuisboek het my in sy ystervuis beetgekry. Loskom is min. Verslawing is maklik.
Maar die eienaardigste was die hoeveelheid "blog-vriende" ek op fb raakgekuier het. Ou-ou bloggers, die klompie wat my in my "eerste lewe" laat welkom voel het. Ons almal se blogs het bietjie gaan stilstaan, maar op fb het ek hulle opgespoor.
Geleidelik groei 'n mens - en nou kan ek nie meer een van hulle kuierwerwe opspoor nie. Net Estelle s'n wat ek nog kort-kort by inloer.
Maar terselfdertyd het ek soveel nuwe vriende gemaak. Facebook bied groepe en in hierdie groepe het ek mense gevind wat soos ek dink, wat soos ek glo, vir wie hul Christenskap ononderhandelbaar is, wat tuisopvoeding nie as 'n geheimsinnige iets uit die buitenste ruim beskou nie, maar saam met my gesels en verstaan hoe dinge soms gaan.
Vriende wat ek so nou mee verbonde geraak het, dat ek hulle onvoorwaardelik in my huis sal ontvang - al het ek hulle nog nooit in die oog gekyk nie.
Linnie is een so 'n vriendin. 'n Kosbare geskenk uit God se hand, 'n vriendin op nie net emosionele en fisiese, maar veral op geestelike vlak. By haar het ons ingeval tydens 'n Kaapse kuier, want die kilometers skei ons.
Elize is ook 'n vêr vriendin. Een wat kans gesien het om 'n fb-vriendin wie sy nog nooit gesien het nie, se ouers verblyf aan te bied toe my pa in 'Maritzburg 'n operasie moes ondergaan.... Ongelooflik!
Nelba, Leticia (my meisiekind) en Esther is nog van die Afrikaanse kuierwerwe waar ek gaan loer, en 'n gunsteling is dié van 'n Amerikaanse gesin.
Daar is sovele ander vir wie ek nog wil ontmoet. Ek het al verskeie ontmoet, hetsy per telefoon met navrae of op reis deur die land. Andere sal ek eers in die hemel mee kan kuier, want aardse tyd is net te min.
Wie sou dit ooit kon raai?
Nou, hier na 40, besef ek eers dat vriende dikwels in ongewone gedaantes oor jou lewenspad loop. Hier het ek nou 'n nuwe blogvriendin uit Nederland! Waar anders as op die net sou dit moontlik kon wees?
Skink jou koppie vol, trek die beskuitblik nader - welkom om die kombuistafel
Tuesday, February 25, 2014
Wednesday, February 12, 2014
Die kalf is in die put (letterlik)
Sondagmiddag vind jy ons iewers op die plaas, besig om die waterpunte om te ry en seker te maak al die beeste het water.
Sondag was geen uitsondering nie. Verskil was net, van die beeste loop nou ook op die sandplaas en daar is 'n groot geboude sementdam met 'n krip daarnaas. Op die turfgronde kan ons nie met steen en sement bou nie en word die water na tenks gepomp vanwaar dit na die krippe loop.
Februarie is maroela-tyd. So word die water-nagaan ook 'n geleentheid om vrugte op te tel vir jellie-kook.
Rustig ry ons van die huis na Kalkfontein. Pomp die tenks aldaar vol water (en ek ervaar eerstehands hoe swak die weiding is, hoe droog dit regtig is!) voordat ons na Blinkwater ry.
Die eerste maroelaboom se drag was goed, hoewel die vrugte maar klein is. Die tweede boom met lieflike vrugte, het ons byna te laat besoek. Die meeste vrugte sou verlede week perfek gewees het.. Maar ons tel twee 20 liter-emmers vol vrugte op.
Uiteindelik wen die son ons en raak die skemer te donker om verder te buk en soek na vrugte in die gras. In die verte bulk-bulk-bulk 'n kalf.
Oppad terug hek toe, ry ons by die sementdam om om die watervlak na te gaan. Skielik roep Johan iets van agterop die bakkie. Dit moet ernstig wees, want Andries stop dood, skakel nie eens die enjin af nie, maar spring uit en hardloop dam toe. Wat op aarde sou die kind gesien het? Ek wag 'n paar tellings, maar hulle kom nie terug nie, inteendeel, Johan loop al op die wal van die dam om.
Uit die bakkie, trappe op en toe sien ek die kalf.... binne in die dam! (ongelukkig geen foto's nie - nie daaraan gedink nie)
Daardie dam is diep. Wanneer dit een keer 'n jaar leeggetap en skoongeskrop word, is dit 'n heerlike swemplek. Ek kan nie die bodem raak en kop bo water hou nie. (Toegegee, ek is 1,68m, maar die dam is seker 1.8m diep). My eerste reaksie was rok oor die kop, ringe af en .....
..... "Vergeet dit, daar is nie 'n manier dat ek hier inspring vir 'n bees nie."
Vir 'n mens sou ek sekerlik nie gehuiwer het nie, maar vir 'n bees trotseer ek voorwaar nie al daardie "paddaslyk", alge, beeskwyl en wie weet wat nog alles nie!
Onder sy ma se instruksie, waai Johan se klere ook en is hy met sy groen lewensredder-speedo daardie water in. Eers probeer die kalf (hou in gedagte dit is wilde plaasdiere, Brahman-kruisings, draadspringers wat vlug wanneer die bakkie die kamp inry) wegswem, maar dan is dit asof sy besef, hier is hulp.
Sy laat hom toe om haar die nekvel saam te sleep wal toe, maar sodra Andries haar aan die ore (ek het nog altyd gewonder hoekom teel ons beeste met sulke groot ore! Nooit gedink dis vir lewensredding uit damme nie) beetkry, ruk sy weg en swem na die anderkant. André is later saam met Johan in die water, ma doen steeds bikini-parade al op die damwal, maar kalfie weier om haar samewerking te gee.
Uitgeput vra Johan of daar nie tou in die bakkie is nie. Ek het gaan kyk en met 'n yslike rol platiese skitou weer die damtrappies uitgeklim. Andries het 'n lus aan die los punt geknoop en Johan swem weer na die kalf, dié keer met die tou. Dit blyk egter 'n onbegonne taak vir een mens te wees. André self is nie van veel hulp nie, want kalf trap water vir 'n vale en die kinders moet self ook watertrap.
Uiteindelik het Johan die kalf na die kant van die dam gestuur, Andries staan op die wal, ek het die luspunt van die tou in my hand gevat en Johan die rol. So stoot hy toe die rol onder die kalf se bors deur terwyl Andries die kalf aan die ore hou, ek kry die rol en maak die skuifknoop klaar.
Nou kan ons die kalf beter beheer. Johan swem saam met haar, ek loop op die wal met die tou soos 'n leiband en Andries is aan die anderkant om. By die trappe gekom, trek ons weer die kalf nader, maar sodra ons haar aan die kop wil lig, ruk sy weg. Op 'n keer is sy geheel onder water. Toe weer sommer meteens pap. Ek het my koud geskrik - het sy nou gevrek?
Eintlik was dit 'n stuk genade, dié slapword van haar lyf. Toe kon ons haar pote gryp. Andries het die voorpote uitgelig en ek kort die tou in. Daarna lig hy haar agterpote. Nou moet ons daardie lyf uitlig....
Ek het die tou en staan op die vlakker trappies. Andries is in die middel en probeer om die voorpote te gebruik om haar borskas te lig, Johan, aan die diepste trappies se kant, hou haar aan die agterpote en balanseer homself op die wal.
Uiteindelik, dis al donker, toe is die lyf uit die dam gerol, maar die damwal is 'n skrale 20-25cm breed en sy rol sommer dadelik deur, trappies toe. Kop by boonste trappies, boude na onder. 'n Agterpoot steek vas...ek sien al hoe skeur sy haar agterlyf oop....
Los! en daar gly sy die trappies af om onder doodstil te lê. Het sy nou 'n been gebreek? Wat is fout met haar? 'n Kopskud en daar, bulkende, storm sy weg - ma toe!!
Nat, koud en "kry jou klere", stap ons bakkie toe. Ek is so dankbaar dat my kinders swemles geneem het by sulke goeie instruktrises.
Hoe kom die bees in die dam?
Kyk op die foto hieronder...
Wat nie op die foto gewys word nie, is dat daar tussen die pomphuisie en die dam 'n hele paar trappies is - seker om bo-op die pomphuisie te kom. Dis vreksteil trappies. Die krip wat deur die dam gevoed word is net links op die foto, agter die windpompskelet en die bos.
Ons vermoed dat die kalf daar op is om te gaan water suip.
Maandag.
Ek en die kroos is dorp toe vir buitemuurse aktiwiteite, kruideniers en wiskunde klasse. Dis juis tydens een van die klasse wat Andries my bel. Daar was weer 'n bees in die dam. Dié keer 'n speenkalf-bulletjie. Groot.
En dis net hy en drie arbeiders. Geeneen kan swem nie.
Met 'n gespook het hulle hom kant toe gelok en weldra uitgekry.
Maar hoekom?
In die daglig kon hulle die fout opspoor. Die krip is dolleeg. Iets moes die toevoerpyp verstop het.
En daardie "iets" was 'n dooie miskruier....
Nou is die trappies toegemaak - met ysterlatte - sodat geen bees weer sy swemstyle en oorlewing kan toets nie.
Sondag was geen uitsondering nie. Verskil was net, van die beeste loop nou ook op die sandplaas en daar is 'n groot geboude sementdam met 'n krip daarnaas. Op die turfgronde kan ons nie met steen en sement bou nie en word die water na tenks gepomp vanwaar dit na die krippe loop.
Rustig ry ons van die huis na Kalkfontein. Pomp die tenks aldaar vol water (en ek ervaar eerstehands hoe swak die weiding is, hoe droog dit regtig is!) voordat ons na Blinkwater ry.
Die eerste maroelaboom se drag was goed, hoewel die vrugte maar klein is. Die tweede boom met lieflike vrugte, het ons byna te laat besoek. Die meeste vrugte sou verlede week perfek gewees het.. Maar ons tel twee 20 liter-emmers vol vrugte op.
Uiteindelik wen die son ons en raak die skemer te donker om verder te buk en soek na vrugte in die gras. In die verte bulk-bulk-bulk 'n kalf.
Oppad terug hek toe, ry ons by die sementdam om om die watervlak na te gaan. Skielik roep Johan iets van agterop die bakkie. Dit moet ernstig wees, want Andries stop dood, skakel nie eens die enjin af nie, maar spring uit en hardloop dam toe. Wat op aarde sou die kind gesien het? Ek wag 'n paar tellings, maar hulle kom nie terug nie, inteendeel, Johan loop al op die wal van die dam om.
Uit die bakkie, trappe op en toe sien ek die kalf.... binne in die dam! (ongelukkig geen foto's nie - nie daaraan gedink nie)
(Hierdie foto is in Desember 2009 geneem)
Daardie dam is diep. Wanneer dit een keer 'n jaar leeggetap en skoongeskrop word, is dit 'n heerlike swemplek. Ek kan nie die bodem raak en kop bo water hou nie. (Toegegee, ek is 1,68m, maar die dam is seker 1.8m diep). My eerste reaksie was rok oor die kop, ringe af en .....
..... "Vergeet dit, daar is nie 'n manier dat ek hier inspring vir 'n bees nie."
Vir 'n mens sou ek sekerlik nie gehuiwer het nie, maar vir 'n bees trotseer ek voorwaar nie al daardie "paddaslyk", alge, beeskwyl en wie weet wat nog alles nie!
(byna soos hierdie krip in Maart 2010 gelyk het met al die alge... nee regtig, toe ek 'n kind was het ek in modderdamme geswem, in 'n sementdam met einste die drywende groen en alggroei teen die kante, maar "been there, done that" - nie nou meer nie!)
Onder sy ma se instruksie, waai Johan se klere ook en is hy met sy groen lewensredder-speedo daardie water in. Eers probeer die kalf (hou in gedagte dit is wilde plaasdiere, Brahman-kruisings, draadspringers wat vlug wanneer die bakkie die kamp inry) wegswem, maar dan is dit asof sy besef, hier is hulp.
Sy laat hom toe om haar die nekvel saam te sleep wal toe, maar sodra Andries haar aan die ore (ek het nog altyd gewonder hoekom teel ons beeste met sulke groot ore! Nooit gedink dis vir lewensredding uit damme nie) beetkry, ruk sy weg en swem na die anderkant. André is later saam met Johan in die water, ma doen steeds bikini-parade al op die damwal, maar kalfie weier om haar samewerking te gee.
Uitgeput vra Johan of daar nie tou in die bakkie is nie. Ek het gaan kyk en met 'n yslike rol platiese skitou weer die damtrappies uitgeklim. Andries het 'n lus aan die los punt geknoop en Johan swem weer na die kalf, dié keer met die tou. Dit blyk egter 'n onbegonne taak vir een mens te wees. André self is nie van veel hulp nie, want kalf trap water vir 'n vale en die kinders moet self ook watertrap.
Uiteindelik het Johan die kalf na die kant van die dam gestuur, Andries staan op die wal, ek het die luspunt van die tou in my hand gevat en Johan die rol. So stoot hy toe die rol onder die kalf se bors deur terwyl Andries die kalf aan die ore hou, ek kry die rol en maak die skuifknoop klaar.
Nou kan ons die kalf beter beheer. Johan swem saam met haar, ek loop op die wal met die tou soos 'n leiband en Andries is aan die anderkant om. By die trappe gekom, trek ons weer die kalf nader, maar sodra ons haar aan die kop wil lig, ruk sy weg. Op 'n keer is sy geheel onder water. Toe weer sommer meteens pap. Ek het my koud geskrik - het sy nou gevrek?
Eintlik was dit 'n stuk genade, dié slapword van haar lyf. Toe kon ons haar pote gryp. Andries het die voorpote uitgelig en ek kort die tou in. Daarna lig hy haar agterpote. Nou moet ons daardie lyf uitlig....
Ek het die tou en staan op die vlakker trappies. Andries is in die middel en probeer om die voorpote te gebruik om haar borskas te lig, Johan, aan die diepste trappies se kant, hou haar aan die agterpote en balanseer homself op die wal.
Uiteindelik, dis al donker, toe is die lyf uit die dam gerol, maar die damwal is 'n skrale 20-25cm breed en sy rol sommer dadelik deur, trappies toe. Kop by boonste trappies, boude na onder. 'n Agterpoot steek vas...ek sien al hoe skeur sy haar agterlyf oop....
Los! en daar gly sy die trappies af om onder doodstil te lê. Het sy nou 'n been gebreek? Wat is fout met haar? 'n Kopskud en daar, bulkende, storm sy weg - ma toe!!
Nat, koud en "kry jou klere", stap ons bakkie toe. Ek is so dankbaar dat my kinders swemles geneem het by sulke goeie instruktrises.
Hoe kom die bees in die dam?
Kyk op die foto hieronder...
Foto geneem in Okt 2010
Ons vermoed dat die kalf daar op is om te gaan water suip.
Maandag.
Ek en die kroos is dorp toe vir buitemuurse aktiwiteite, kruideniers en wiskunde klasse. Dis juis tydens een van die klasse wat Andries my bel. Daar was weer 'n bees in die dam. Dié keer 'n speenkalf-bulletjie. Groot.
En dis net hy en drie arbeiders. Geeneen kan swem nie.
Met 'n gespook het hulle hom kant toe gelok en weldra uitgekry.
Maar hoekom?
In die daglig kon hulle die fout opspoor. Die krip is dolleeg. Iets moes die toevoerpyp verstop het.
En daardie "iets" was 'n dooie miskruier....
Nou is die trappies toegemaak - met ysterlatte - sodat geen bees weer sy swemstyle en oorlewing kan toets nie.
Friday, February 7, 2014
Droogte
Droogte het 'n manier om in die huis in te kruip.
Dit steel lewensvreugde...
Droogte klap maklik deure toe. Wek humeure en kortgebakerdheid.
Droogte breek jou moed, maak jou hande en knieë slap.
Droogte skryf met 'n harde skerp pen diep lyne op my geliefde se gesig.
Die groot kuns is om te bly glo.
Om te wag, geduldig, al is dit tot volgende jaar.
Om vas en seker te weet - God is steeds in beheer.
Om biddend met danksegging te kan lofprys.
Want steeds is seëninge mildelik uit sy Vaderhand.
Om soos Habakuk steeds te kan jubel...
Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie —nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.
- Habakuk 3:17-19
Om soos Paulus steeds te kan dankiesê, te prys en lofsing...
Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.
- 1 Thessalonicense 5:16-18
Dis nie altyd maklik nie.
Dis bitter moeilik.
Want die hemelruim is van staal...
Wolke bou saam net om deur die wind verwaai te word.
Dag na dag, uur na uur met die oog op die horison -
net 'n wolkie, so groot soos 'n man se hand, Here...net 'n wolkie.
Dag na dag, gou op die internet - wat sê die weervoorspellings?
Weathersa, Weatherphotos, yr.no, accuweather....
Bestudeer die sinoptiese kaart.
Ja, die voorspelling dui op reën - en dit reën wel in die distrik, maar ..... telkens élders...
Lê die fout by my? Is daar iets waaroor die Here my wil aanspreek? Is tugtiging dalk nodig?
Vrae, vrae en vrae maal deur mens se gedagtes. Jy herinner jou aan onbetaalde tiendes... en Maleagi praat jou aan:
Mag ’n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie!Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ’n oorvloedige seën sal uitstort nie.Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê die HERE van die leërskare.
- Maleagi 3:8-11
En tog, tog is ons gerus. Tog is die wete vas en seker - Die HERE het ons nog nooit gelos nie.
Deur vele droë en nat jare, deur misoeste en rekordoeste, Hy was die een Sekerheid, die een Onveranderlike waaraan ons kon vasklou.
Uiteindelik is dít wat geloof is...
Die vaste wete: My God leef! Hy sorg vir my, ek hoef my oor niks te kwel nie.
Monday, February 3, 2014
Vlinders op die maag
Ek dink nie 'n mens kan ooit volledig voorbereid wees nie.
Gereed vir enige gebeurlikheid. Gereed vir die toets, gereed vir die eksamen, gereed om te trou, gereed vir ouerskap.
Ek was as kind in 'n nuwe skool, baie gespanne. Eksamenstres het my klaar gemaak. In my st 5 (graad 7) jaar was ek letterlik siek aan maagontsteking en het 'n hele paar vraestelle nie geskryf nie.
Later het ek hierdie eksamenvrees in 'n mate oorwin en kon beheer - op skool.
Universiteit was 'n gruwelike nagmerrie. Ek kon nie leer nie - ek het dit op skool maklik gehad, wat in die klas gesê was, het ek verstaan en studeer was net 'n opskerp van dit wat ek geweet het. Maar op universiteit het ek meestal nie kop of stert kon uitmaak uit die verduidelikings nie...
Ek het nie gemaklik gevoel in die klasse nie, ken nie die dosente of studente genoegsaam om raad of hulp te vra nie, is te skaam om eerste tree te gee... spanning op spanning.
Oggendvraestelle kon ek skryf, dit was bloot 'n kwessie van opstaan, aantrek en gaan skryf, maar 'n middag-, of nog erger 'n aandvraestel het my maagwand in 'n permanente kramp getrek.
Een vriendin wat twee vakke met my gedeel en op dieselfde gangvloer as ek gewoon het, het my in my derde jaar gehelp om die feite-kennis van besigheids- en personeelbestuur in te studeer. Sy het besef dat my senuwees my voor die aand in 'n totale histerie sou hê.
Wiskunde het ek tot tweedejaarsvlak gehad en elke liewe semester 'n her gekry.
As volwassene is hierdie stressituasies gelukkig heelwat minder, maar....
Hier sit ek vanoggend met my maag in 'n knop getrek, spanning lê my speekselkliere lam, ek het geen begeerte na kos nie en wil beslis nie na die toetsgronde kyk waar my meisiekind getoets word vir haar bestuurslisensie nie.
Gaan 'n mens dan nooit genoegsaam leer vertrou, genoegsaam voorbereid wees om nie hierdie aaklige spanning te hoef deurstaan nie?

Thursday, January 30, 2014
Bybelstudie Joh 2:6
"En daar het volgens die reinigingsgebruike van die Jode ses klipkanne gestaan, wat elk twee of drie ankers hou."
Hoekom gebruik Jesus die reinigingskanne? Waar was die kanne waarin die oorspronklike wyn in gehou was? Dit maak tog net sin om die wyn weer in dieselfde houers te plaas... Hoekom die reinigingskanne daarvoor gebruik? Dit was straks nog onooglike en dalk swaar kanne.
Tog is daar moontlik 'n baie goeie rede...
Jesus se kruisdood reinig ons van ons sonde (vir die wat dit in geloof aanvaar), die seremoniële reinigingsgebruike van die Jode, soos ingestel in Exodus en Levitikus, het heengewys na Jesus, na die volkome reiniging wat Hy as Gesalfde bring.
Sy eerste wonderwerk het dan ook sy heerlikheid openbaar, maar terselfdertyd sy doel - om ons te reinig van sonde.

Tuesday, January 28, 2014
Bybelstudie Joh 2:1-12
Ek het vasgevang geraak in Facebook, ek wil dit sommer vuisboek noem. Want dit hou jou in sy vuis met 'n ystergreep. Dit maak jou vuisvoos voel.
Dit is hoe ek vanoggend voel.
Soggens vroeg doen ek Bybelstudie en deel graag los gedagtes oor wat vir my geraak het tydens hierdie kosbare uur met my Vader. Ek wil dit voortaan hier, op my eie kuierwerf doen, hier waar ek tuis voel...
So, sommer nog voor ek begin lees het in die Woord, sien ek die volgende in die dagstukkie: "Dit is goed om in ons oordenking van hierdie verhaal te onthou waartoe Jesus hier was en waarom Hy die teken gedoen het. Dit lees ons in vers 11: '...en Hy het sy heerlikheid geopenbaar, en sy dissipels het in Hom geglo.' Dáárom gaan dit en daarom was Jesus by die bruilof. Hier was die bruid nie die belangrikste nie, maar Jesus Christus wat sy heerlikheid geopenbaar het.'"
Met uitnodigings na twee troues binnekort, tref hierdie enkele paragraaf uit ds MJ Booyens se boek, Elke dag in die Lig, my vanoggend weer.
Nie die bruid nie, nie die bruidegom nie, maar 'n Eregas, Hy is die Een om wie die dag en die seremonie moet wentel. Sy eer, Sy heerlikheid en, wat my betref, Sy heiligheid moet op 'n huweliksdag uitgelig word.
In my kinderdae was huwelike in kerkgeboue voltrek. Dit was, meer as vandag, as heilig en onverbreekbaar beskou. Ek dink daar is tog, miskien baie fyn en min, maar tog 'n onderlinge verband. Die kerkgebou gee 'n baie groter bewussyn van Goddelike teenwoordigheid, veral as jyself 'n gereelde kerkganger is, as wat 'n kapel, wat deur enige geloof gebruik word, by een of ander venue kan gee.
Maar, word Christus se heerlikheid nog geopenbaar by moderne huwelikseremonies? My ondervinding is dat die fokus eerder op die venue, die spyskaart, die bruidsrok, maar veral die kontantkroeg is. Dit maak my hartseer.
Juis daaroor het ek geweier om op 'n ander plek as my eie tuisdorp te trou. In ons eie gemeente. 'n Oggendtroue spesifiek, sodat daar geen sterk drank hoef te wees nie, 'n Kerk-troue met al ons familie en vriende én hul kinders.
Want, as die gemeente die onthaal se spyseniering doen, is dit heelwat goedkoper, die susters gebruik die kerk se breekgoed. Die kerksaal dien as eet- en kuierplek en musiek is bloot agtergrond, nie oorverdowende gedreun nie.
Dan kan Christus as Eregas ontvang word, kan Hy geëer word en is dit nie 'n dronknes nie.
Verder in die studie word gelees uit Ef 5:22-33, die vrou onderdanig, vol eerbied en respek aan haar man, die man liefdevol en versorgend, die voorsiener en beskermer.
En uiteindelik, die doel van die huwelik: kinders. Om 'n nageslag te hê wat God ken en vrees. (Mal 2:15)

Thursday, January 9, 2014
Sonder Woorde
Kan 'n mens 'n resep "lees" sonder woorde?
'n Groen soetrissie, ui, murgpampoentjies, wortels en pynappel.
Sny soetrissie en ui in repies (my mense is nie mal oor die stukke nie, ek sny dit nog fyner)
Skil die wortels, sny koppe en punte af.
Gebruik steeds die skiller en sny die wortels op.
Sny murgpampoentjies se koppe en punte af.
Skil ook die murgpampoentjies tot klaar
Skil die pynappel.
En sny in repies.
Daar is al die rou groente bymekaar. Ek kan nie op hoeveelhede ingaan nie
Ek maak maar na gedagte.
Smelt botter in 'n braaipan
Braai die uie en soetrissie eerste. Ek gooi altyd gemmer oor die uie,
dit verhoed gasvorming en gee geen smaak af nie.
Gooi die ander groentes by en braai. Ek hou van kraakvars groente
en braai dit nie lank nie.
Roer maar gereeld om aanbrand te voorkom.
Ek vergeet gewoonlik die sout..... Alle geval, net so voor opdien, gooi bietjie sout oor.
Ons gebruik growwe seesout in die huis.
En vir die laaste bietjie lekkerte, 'n skeutjie soet-chillie-sous.
Tuisonderwys - GED
Ek kry soveel navrae oor die GED, dat ek besluit het om liefs alles wat ek geleer het, hier op my kuierwerf uiteen te sit. Ek sal dieselfde inligting ook op hierdie webblad oor tuisopvoeding sit.
*** Net 'n waarskuwing. Hierdie inligting is soos ons dit gebruik het in 2014. Dinge verander gereeld en ek kan nie opdaterings byhou nie. Ons het GED afgehandel en ons beweeg aan na volgende prioriteite. Gebruik hierdie na goeddunke, maar gebruik jou gesonde verstand en logika. -- Marelize (Julie 2016)
Kliek dan op "Schedule This Exam"
Dan kies jy watter een van die vyf (5) areas jy wil gaan skryf. Volg die instruksies op die skerm tot by die toetssentra.
In Suid-Afrika kan die toets net by twee plekke afgeneem word: Sandton en Groenpunt, Kaapstad. Kies die een naaste aan jou en volg instruksies.
'n Almanak verskyn waarop jy kan sien watter datums beskikbaar is vir die betrokke toets - kies jou datum.
Daarna kom die betalingsopsies.
Die koste was vir ons $50 per vraestel. Vanweë die wisselkoers, verander die Randkoste daagliks.
*** Net 'n waarskuwing. Hierdie inligting is soos ons dit gebruik het in 2014. Dinge verander gereeld en ek kan nie opdaterings byhou nie. Ons het GED afgehandel en ons beweeg aan na volgende prioriteite. Gebruik hierdie na goeddunke, maar gebruik jou gesonde verstand en logika. -- Marelize (Julie 2016)
Wat is die GED?
Die GED sou in ons Afrikaanse idioom as 'n volwasse matriek beskryf kon word.
Die afkorting staan vir General Educational Development (volgens Wikipedia en GED Testing Service) en bestaan uit vyf toetse (te wete Maths, Science, Social Studies, English Reading en English Writing) wat afgelê word. Wanneer hierdie toetse geslaag word, beteken dit dat die persoon dieselfde akademiese vlak as hoërskoolleerlinge in Amerika en Kanada het.
'n Diploma word dan uitgereik wat gelykstaande is aan 'n hoërskool-diploma in die VSA (vir internasionale studente is dit gelykstaande aan hoërskole in die staat Maine).
Kan my kind universiteit toe gaan met 'n GED?
Dit hang af....
Sommige internasionale universiteite (ek dra kennis van aanlyn-universiteit en sommige "colleges" in die VSA vir wie die GED voldoende is) aanvaar die alleenstaande GED as voldoende.
MAAR om in die VSA aan universiteit te studeer vereis meeste groot universiteite (dink aan Yale, Princeton) die toelatingseksamen oftewel die SAT.
Soortgelyk geld dit ook in Suid-Afrika. In die verlede het ons groot universiteite matriekleerlinge bloot op grond van hul matrieksertifikaat toegelaat. Deesdae is die matrieksertifikaat so min werd (sien hier, hier en hier), dat universiteite van hul eie toelatingseksamens en keuringsvereistes (vergelyk ook hier) gebruik maak.
Ten opsigte van die SAT kan ek op hierdie stadium nie veel inligting deurgee nie, omdat ek nog nie daardie roete gestap het nie. Dit sal heel moontlik, as dit die Vader se wil is, gedurende 2015 op my wag.
My kind wil nie universiteit toe nie - moet hy/sy die GED skryf?
Weereens - dit hang van julle gesin self af. Van die kind self af.
- Ons dogter wil graag Montessori-onderwyseres wees.
- Sy wil graag 'n vlieglisensie kry.
- Sy wil gimnastiek afrig.
Buiten die peperduur vlieglisensie, glo ek ons sal haar drome kan verwesenlik.
Maar, in die woorde van 'n kuierwerf-vriendin, miskien het die kinders wel nodig om een of ander eksamen te skryf om af te sluit. Om hul skoolloopbaan te voltooi. 'n Einde. En as dit al rede is hoekom jy die GED sou doen, dan is dit ook goed.
Gou agtergrond: Ons dogter het in 2013 haar gimnastiekklub gestig. Sy het begin met ritmiese gimnastiek vir die dogters en het 18 gimnaste gehad. Al die voorbereiding, onderhandeling vir 'n saal, voorlegging vir kinders en ouers het sy self gedoen. Teen Oktober het sy met die hoërskoolhoof gaan praat en hul saal en apparaat gehuur om die klub te kan uitbrei en ook artistiese gimnastiek aan te bied. Sy het begin met haar eie twee boeties en sal vanjaar meer laerskoolseuns inneem.
Juis omdat haar klub nuut is en vanjaar die eerste gimnaste kompetisie toe sal neem, het sy besluit om 'n aanlynkursus te volg. Ons het ingeskryf by KHTMontessori.com waar sy na 'n jaar se studie 'n sertifikaat bekom. Na die einde van die jaar toe sal ons besluit wat in 2015 voorlê, of sy direk by 'n skool gaan aansoek doen en of sy verder gaan studeer in die Montessori-rigting.
Nuwe inligting: Die GED in Amerika (VSA) het in 2014 verander.
DIT BEïNVLOED NIé DIE INTERNASIONALE STUDENTE NIE.
Jou kind gaan steeds die GED 2002 skryf.
Wat moet ons doen om die GED te kry?
1) Sluit aan by die yahoo-gespreksgroep vir GED-SAT in Suid-Afrika. Hier word waardevolle inligting en ondervinding met mekaar gedeel. Wanneer jy lid van so 'n yahoo-gespreksgroep is, het jy toegang tot alle vorige eposse wat in die groep gestuur was.
2) Registreer by die amptelike webblad vir die GED.
3) Voorbereiding vir die afneem van die toetse.
4) Registreer by die eksamineringswebblad vir PearsonVue.
1. Sluit aan by die yahoo-gespreksgroep
Om hierby aan te sluit gaan bloot na die webblad en volg die instruksies daarop. As jy nie 'n yahoo-adres het nie, kan jy met 'n gmail-adres of jou facebook-profiel inteken, anders - skep bloot 'n yahoo-adres, jy hoef dit nooit te gebruik nie.
Wanneer jy op die skakel kliek, maak 'n nuwe skermsig oop:
2. Registreer by die Amptelike GED-Webblad
Die GED word deur die Amerikaanse Opvoedingsraad en Pearson bestuur. Die enigste manier om die ware Jakob te kry is deur hierdie webblad.
Kliek op die skakel vir "Canadian & International" en gaan lees alles oral.... :-)
Hier is soveel inligting oor die hoe, wat en waar dat ek nie eintlik veel meer hoef te sê nie. Moet jou egter nie laat mislei met die storie dat as die kind 'n toets nie maak nie, hulle betaal. Hulle dóén dit, maar NET vir die eerste een wat die kind nie maak nie.
Sodra jy alles wat jy moontlik wou weet (en nie wou weet nie) daar gelees het, kliek hier en registreer jou kind (of jouself).
3. Voorbereiding vir die GED
Hierdie is die een deel wat ons SA -breine nie lekker aan gevat kry nie. Voorbereiding vir die GED is gans anders as enige eksamenvoorbereiding wat jy, jou wederhelfte of jou kinders al ooit gedoen het. Ek gaan 'n klompie skakels gee, maar dis die punt van die ysberg. Deur bloot 'n goegeloer te doen met die soekfrase: "How to prepare for the GED" gaan jy ongelooflik baie resultate vind - sommige gratis en verniet.... (Dit teenoor kurrikulum-verskaffers wat tot R10 000 per kind per jaar vra!)
Nuwe inligting: Wanneer jy inligting vir voorbereiding op die web trek, maak seker dit is vir die GED 2002 toetse en nié vir die nuwe VSA GED2014 nie. Internasionale studente skryf steeds die GED 2002.
Op die GED-Testingservices se webblad is daar ook voorbeelde van vrae (sien hier).
3.1 Skakels
Ons het nie van bogenoemde eers gebruik gemaak nie. Ek het Leticia by 'n aanlyn-kursus ingeskryf en ons het een boek afgelaai. Skakels volg.
3.2 Pdf-Boeke
Die volgende boeke is in pdf-formaat en gratis. Veral die dikke boek "Master the GED" is nuttig. Daarin is toetse wat jy vooraf skryf om te bepaal watter van die areas wat getoets word, is jou sterk en swak punte. Dan weet jy waar om meer aandag aan te skenk, jy sien die formaat waarin die toetse gevra word en kry sommer op die koop toe baie selfvertroue!
Beide hierdie boeke is by www.xtremepapers.com te kry. Ek glo daar sal al nuwer weergawes wees, besoek die webwerf en ondersoek self.
3.3 Aanlyn-kursusse
Ek is bewus van twee aanlyn-kursusse waardeur die kinders kan voorberei, daar sal sekerlik nog meer wees:
Ons het deur PassGED gewerk. Dit was vir my koste-effektief, maar omdat dit aanlyn is, beveel ek dit aan vir mense wat onbeperkte internet-toegang het. Die voordeel by PassGED is dat die kind deurlopend getoets word en hulle jou 'n aanduiding gee of jy gereed is om die amptelik toets af te lê of eerder nog 'n bietjie moet voorberei.
3.4 Boeke
Boeke - Daar is 'n wye verskeidenheid boeke beskikbaar om vir die GED voor te berei. Kyk veral op die webwerf van GEDTestingServices self, hulle gee name van boeke. Jy kan deur hulle bestel of die name goegeloer en tweedehands koop of self aanskaf. Soek ook by Kalahari en Loot (skakel hier regs iewers op my kuierwerf) of andere vir GED.
Nuwe Inligting: Wanneer jy boeke aankoop, maak seker dis vir die internasionale GED wat die 2002-toetse skryf en nié die VSA se GED2014 nié.
Ek weet van 'n dogter wat baie goed gedoen het in haar GED en gebruik gemaak het van die boek "Cracking the GED" uitgegee deur Princeton Review.
4. Registreer by PearsonVue vir afneem van toetse
Jy het hopelik alreeds by GEDTestingServices geregistreer, dan is dit maklik - kliek net op "Take the Test" en jy beland hier. Let op na die formaat van die datum - dis Amerikaans!
Ons is gereed - my kind wil gaan skryf
Wanneer jy nou op PearsonVue geregistreer het, kan jy datums vasmaak om te skryf.
ANDERS as skool, skryf jy wanneer jy gereed en gemaklik voel. Daar is nie 'n eksamenrooster waarby jy hoef in te val nie.
Ek kan ongelukkig nie hier meer skakels plaas nie, omdat die webwerf 'n sekuriteitskode bevat en jy net elke keer op die eerste bladsy gaan land. Ek gaan mbv skermfoto's probeer verduidelik.
Wanneer jy op die "Schedule a Test" ikoon druk, verskyn die volgende skerm voor jou.
Kliek op die skakel om jou toetsdatums vas te maak.
Dan kies jy watter een van die vyf (5) areas jy wil gaan skryf. Volg die instruksies op die skerm tot by die toetssentra.
In Suid-Afrika kan die toets net by twee plekke afgeneem word: Sandton en Groenpunt, Kaapstad. Kies die een naaste aan jou en volg instruksies.
'n Almanak verskyn waarop jy kan sien watter datums beskikbaar is vir die betrokke toets - kies jou datum.
Daarna kom die betalingsopsies.
Die koste was vir ons $50 per vraestel. Vanweë die wisselkoers, verander die Randkoste daagliks.
BAIE BAIE BELANGRIK
Jou kind kan NIE met die SA ID gaan skryf nié. Dit is nie aanvaarbare vorm van identiteit nie. Hulle soek 'n identifikasie waarop 'n foto en 'n handtekening verskyn. Dus: 'n bestuurslisensie; 'n paspoort en moontlik (ek het nie sekerheid hieroor nie) 'n bankkaart tesame met 'n SA ID.
Die dag van die eksamen
Die persoon mag geen persoonlike besittings saamneem nie. In Sandton se kantore is daar sluitkaste waarin die kind haar besittings toesluit en die sleutel saam met haar inneem. Nie oorlosie nie, nie mediese bandjie nie, nie sakrekenaar of selfoon nie - NIKS.
Die kandidaat moet 15 minute voor die eksamentyd daar wees.
Wanneer sy daar uitstap het sy haar uitslag in haar hand - buiten English Writing - daar is 'n essay wat gemerk moet word. Ons het egter binne drie dae die uitslag van die laaste een ook ontvang.
Die Diploma word deur Diplomasender gepos. Op die PearsonVue webwerf sal jy wel die inligting daaroor kry. Hierdie deel gebeur egter outomaties, buiten dat jy op hul webwerf ook moet registreer. Pearsonvue sal egter jou lei in die hoe en die waar.
Leticia se laaste vraestel het sy die 12e Desember geskryf. Haar laaste uitslag die 15e Desember ontvang en op 30 Desember is haar diploma gepos. Ons verwag dit nou enige dag.
Vakinhoud
Wiskunde - ek sou voorstel dat die kind Wiskunde tot matriekvlak voltooi het. Daar word enkele trig-vrae
ook gevra.
Wetenskap - dit sluit wetenskap, biologie en aardrykskunde in. Weet maar dat evolusie deel vorm van die
aanslag, maar dis net leesstukke met die bietjie verwysing na datums daarin.
Maatskaplike Studies - sluit in wêreldgeskiedenis (waaronder apartheid), VSA geskiedenis, ekonomie en
ook regeringsvorme
Engels Lees - toets grootliks begrip, enkele homofone.
Engels Skrif - toets grammatika (slegs 3 "tenses" - YEAH!), sinskonstruksie, leestekens en skryfvermoë. Die essay bestaan uit 5 paragrawe. Hulle merk nie die ware inhoud vd verhaal nie (dus sou jy teen aborsie skryf, sal dit nie teen jou tel nie), wel of daar 'n duidelik inleiding en slot is, taalgebruik ens.
Ek het vir 'n student van UNISA gehelp met wiskunde. Al hul eksamens en werksopdragte is bloot meervuldige keusevrae. Die GED is basies ook net meervuldige keusevrae.
Gaan kyk asb na die voorbeelde op die verskillende webwerwe. Ook in die boek Master the GED.
En geniet dit! Dis baie beter as al die eksamenstres waardeur die matrieks gaan, om uiteindelik 'n sertifikaat te hê wat nie internasionaal erken word nie.
Vertel my van jul ervaring en ook wat julle hierna gaan doen....
Tuesday, January 7, 2014
Wanneer vreemdeling vriend word.
Om 'n kêrel te hê.
Klaarblyklik 'n baie belangrike kwessie vir sommige (meeste?) van die jong dames met wie ek te doen kry.
Vir die jong manne ook, hmm ...... om 'n meisie te hê.
Wonder tog hoekom die jonger klomp dit so belangrik ag.
Want dis nie regtig nodig nie.
Glad nie nodig nie.
Ons "grootmense" was ook kinders, selfs babas (wat 'n gedagte!), en wel, tieners {Mag ek 'n geheimpie deel? Hierbinne is ek maar steeds 'n tiener - sukkel om uit die "stadium" te kom :-)} en ons het ook gesmag daarna dat 'n kêreltjie ons tog sou raaksien (of 'n meisie vir die manne).
Te dikwels het dié een wat jou oog gevang het, jou nie eens raakgesien nie!
So het ekself uiteindelik as tiener sonder enige vaste kêrel my hoërskoolloopbaan voltooi. Oor my ore verlief, maar heel.
Net om in my eerstejaar die man van my drome, die man van my lewe, te ontmoet.
Ek wens ek kan elke dogter oortuig dat God vir jou 'n baie baie spesiale persoon in gedagte het. Dat Hy jou suiwer en skoon - heel - vir daardie besondere, met die hand uitgesoekte man wil gee.
Want as jy daaroor nadink elke keer wat jy wil kopverloor oor 'n beeld van 'n vleispaleis, sal jy moontlik jou hart kan vasketting om nie op loop te gaan vir 'n tydelike ontvlugting nie, maar eerder geduldig te raak, te wag, rustig te wees en jouself splinternuut, ongebroke te hou vir die "special" outjie wat jou Liefdevolle Pappa-Vader vir jou bewaar.....
Maar ek dwaal (soos gewoonlik) weer vêr af, baie vêr.
Sien, ek wou skryf van die "nuwe vreemdeling" in my lewe.....
Ek het my liefste ontmoet toe ek 'n eerstejaartjie was. En net na ek klaar studeer het, is ons getroud.
Ek totaal onkundig oor hierdie "liefde"-ding...
Liefding het wel 'n meisie gehad en my van haar vertel - vroeg al.
Want sien, hy het seergekry na hulle uitgemaak het. Baie.
En hy het gebid dat die volgende meisie wat Vader op sy pad sou bring, sy trouvrou sou wees.
Hy vertel met so 'n klein glimlaggie, dat hy gevra het vir 'n donkerkop met blou oë - en bo verwagting het God hom dit alles gegee!! - dan terg ek terug, want ek was maar "vaalblond" sien, g'n donkerkop nie!
Maar ek het gewonder oor "daardie meisie". Jy weet, daardie een wat hom seergemaak het. Daardie een van wie hy my vertel het.
Mag ek erken? Ek was jaloers.... Ék wat met die beste man getroud is, was jaloers op 'n vreemdeling in sy verlede. Ék, die een wat hy verkies het, kon nie vrede maak nie.
Soms, by funksies, sou 'n wildvreemde vrou my skoonma groet, wanneer ek dan later na die vrou vra, is die antwoord dat dit sy is.... En glo vir my, op 'n plattelandse dorp is raakloop maklik. Maar verniet, ek kon haar gesig nie onthou nie. Nooit.
Vreemd, maar dis tog asof my brein die beeld uitgesny het.
Tot so 2-3 jaar gelede...
En vandag kry ek so lag vir myself, my "ou" self.
Want vandag kan ek sien en weet dat sy 'n pragtige mensie is. Dat sy dinge baie soos ek beleef. Kon seker ook nie anders nie, hoe sou manlief dan op haar verlief kon geraak het as sy nie 'n pragtige mens was nie?
Nou sien ons mekaar gereeld, baie gereeld.
En ons gesels al meer.
En ek wonder oor verspeelde tyd. Tyd wat ek kon uitreik, maar net wou terugtrek....
Sy is gelukkig getroud en het twee pragseuns. Regtig PRAG-kinders.
Konsekwent
Ek het op facebook 'n skakel na 'n webblad geplaas en die volgende kommentaar daarop gehad:
Die dagstukkie op die webblad handel oor "Wet en Orde" oftewel dissipline.
Grense is so belangrik - veral vir kinders....
Dis uiters belangrik dat kinders weet wie dra die gesag in die huis, dat dit kinders is wat gehoorsaam moet wees, nie ouers nie! - dit is immers wat die Woord leer: kinders wees aan julle ouers gehoorsaam.
Dis tyd dat ouers die verantwoordelikheid wat God op ons gelê het, die gesag wat Hy aan ons gee, aanvaar en toepas!
Die dagstukkie op die webblad handel oor "Wet en Orde" oftewel dissipline.
Die Woord vir Vandag | ||||||||
Nadat ek die stukkie geplaas het, is dit ook deur ander op hul fb-profiele gedeel. So reageer iemand anders toe daarop met die woorde: Konsekwensie was nog altyd vir my moeilik. Ek het weer vir ons kids geleer die lewe is nie konsekwent nie; ek ook nie. Party dae is 'n reël vir my belangriker as 'n ander dag, soms is mens in 'n goeie bui, soms 'n slegte bui en soms het jy PMS!!!Dit was vir my 'n interessante redenasie.....
My enigste maatstaf is die Woord van God.
En juis daarom nie my menslike inkonsekwentheid nie.
Konsekwent in my huis, juis omdat alles daarbuite inkonsekwent is.
My God is konsekwent, al is ek nie.
Hierdie konsekwentheid het NIKS met my emosies te doen nie.
Dit het wel alles te doen met my dissipline.
Want 'n reël is 'n reël en moet as sulks eerbiedig en nagekom word. Net soos wat die landswette nagekom moet word. Net soos wat die tien gebooie nagekom word. Reëls, wette, gebooie kan nie oornag verander net omdat ek vandag sus of so voel nie.
Daarom moes ek dikwels al die kinders straf - al voel ek glad nie daarna nie!
Ek weet dat lyfstraf in die wêreldse beskouing as "uitgediend" of "onmenslik" beskou word, maar weereens, in die Woord word ons geroep om die seun met die roede te tugtig. In ons huisgesin het ons probeer om ongehoorsaamheid met lyfstraf te straf.
Ongehoorsaamheid, m.a.w. daar waar 'n direkte bevel verontagsaam is, lynreg teen die bestaande en bekende reëls opgetree is.
Enige ander gebeure is met 'n frons, 'n vingertik, 'n preek of 'n "kamer toe!" hanteer.
Ongehoorsaamheid is die een ding wat keer op keer in die Bybel aangespreek is. Dit is die moeder van alle sondes. Die grootste rede vir Israel (en ons eie) keer op keer se afdwaal.
Ek het 'n kleintjie dood aan ouers wat hul kinders verwar deur die een oomblik "nee" en dan, na 'n ruk weer "ja" te sê. Uiteindelik kan die ouer nie verstaan hoekom die kind dan nie luister nie.....jammer, maar jy is die oorsaak!
Ek het, bietjie laat in my lewe, in Marina Petroupolis se boek 'n groot waarheid raakgelees. Dit kom daarop neer: Dink twee, drie keer voordat jy nee sê. Is dit WERKLIK nodig om hier en nou nee te sê?
Dit het my hele uitkyk en die vinnige "nee" sê stopgesit. Dink, en sê dan meer kere ja.
| ||||||||
Subscribe to:
Posts (Atom)

+web.jpg)

.jpg)