Skink jou koppie vol, trek die beskuitblik nader - welkom om die kombuistafel
Friday, December 7, 2012
Wednesday, November 14, 2012
Tiener-kriminele
Dit is vir my hartseer wanneer 'n mens in die koerante lees van jongmense, tieners, wat roof, steel, aanrand, verkrag en vermoor.
Wat het verkeerd geloop?
Hoekom vermoor kinders hul ouers?
Wat veroorsaak dat een kind dit doen en 10 ander nie?
By die lees van hierdie artikel het ek net weer besef, ons MOET ons Christelike waardes baie duidelik aan ons kinders oordra. Daar mag nie ruimte wees vir 'n as of 'n dalk nie. Jesus het self gesê jy is of vir Hom of teen Hom, geen grys gebiede nie.
Die artikel het ek in sy geheel uit die laaste 2012 uitgawe van Creation - die tydskrif uitgegee deur Creation.com - geneem.
- uit Creation 34 (4) 2012
Juvenile Crime committed by Amoral
Teenagers
University
of Cambridge researchers questioned teenagers about their attitudes to
lawlessness and asked
what criminal things they had done (cross-checking their
answers with police records(. the research provided important insights into
last year’s UK riots – why some young people went on a lawless rampage while
others did not.
The study
found that teenagers who avoided crime did so not because they feared the
consequences or lacked the chance, but because they saw it as wrong. conversely,
teenagers with little sense of right and wrong were responsible for the vast
majority of juvenile crimes. The lack of a sense of morality was the single
most important factor in teenagers breaking the law.
Professor
Per-Olof Wikström who led the study observed, “The idea that opportunity makes
the thief – that young people will inevitably commit crime in certain environments
– runs counter to our findings.”
Academics around
the world have heralded the research as “groundbreaking” and a “breakthrough”
in understanding teenage crime. One US academic described it as “among the most
significant works in criminology in decades”.
Thursday, October 4, 2012
'n Weggee-geleentheid.
Wie geniet nie 'n geskenk-oomblik nie?
Wie sou nie voortande gee vir 'n Explore Creation-boek van Jeannie Fulbright nie?
Gaan loer gou by Taryn Hayes se kuierwerf:
Hayesfamily
volg haar maklike instruksies en jy staan dalk 'n kans om hierdie FANTASTIESE boek te wen.....
groetnis

Tuesday, September 11, 2012
Sampioene...Eetbaar?
Kan 'n mens dit waag?
Om sommerso self sampioene (waarvan jy nog nooit eens gehoor het nie) self te kweek?
Dit was 'n groot
'n Waagstuk.
Jy ken die storie van die vrou wie se mans so een na die ander gesterf het.
Almal onverklaarbaar dood.
Tot nommer 5 toe ook sterf - maar gewelddadig.
Regtig 'n riller.
eers met die koperpan oor die kop gemoker
toe die marmerkoekroller
en hy is van die trappe afgestamp....
Na die polisie-ondersoek oor die oorsaak van die sterfte, word die vrou in hegtenis geneem.
Op die vraag: "Hoekom? Hoekom soveel geweld?" antwoord sy droogweg: "Maar, edelagbare, hy wou nie sy sampioene eet nie."
Ek het geleidelik al meer opgelees en navraag gedoen oor gesonde eetpatrone. Ek is redelik keelvol vir pille sluk en dokters betaal sonder dat daar enige verbetering in my gesin se algehele gesondheid kom. Die boek "Eat Right for your Type" deur Dr Peter J. D'Adamo het die antwoorde grootliks gebied en ek het ons huisgesin se dieet daarvolgens aangepas....
en 'n nuwe wêreld vou voor my oop.
Al ooit gehoor van oestersampioene? Of Abalone, Chantarelles, Enoki, en nog ander ook?? Wel, ek het nog nooit iets anders as Denny's se sampioene, hetsy groot bruin of klein wit knopies geken nie. Maar bloedgroep O kan dit nie eet nie.... en ons lief ons sampioene.
Dit bring outomaties 'n soektog voort.... Google is die antwoord. En was ek verras om te sien - ek kan sowaar my eie sampioene in 'n boks kweek.
By http://www.mushroomfactory.co.za/ kan jy jou eie pakket bestel en begin kweek.... Kos 'n paar rand en 'n mens (veral ons op die vlakte en in die asbeshuis) het nie noodwendig die ideale omstandighede vir die kweek van die sampioene nie. Myne het ek binne-in my hangkas gesit - lekker donker. Gereeld met 'n botteltjie water natgesproei en sowaar, dit het gegroei.
Nou was die groot vraag: Wie gaan proefkonyn speel?
Ek is op soek na die foto's wat ons van die sampioen projek geneem het. Sodra ek dit gevind het, plaas ek dit hier.
Groetnis
Sunday, September 9, 2012
Skuil daar meer agter........daai Naam??
Name en die betekenis daarvan het my nog nooit gepla nie.
Ek het eerlik nooit daaroor gedink nie.
'n Naam is 'n Naam...
Tog verander die Here vele persone se name in die Bybelse tyd. Abram word Abraham, want die woord beteken iets. Sarai word Sara, Jakob word Israel, Salomo word Jedidja, Simon - Petrus, Saulus - Paulus.
Dan moet daar mos meer in steek as net .... sommer?
Ekself is 'n voorstander van vernoeming en is mal oor ons tradisie van familiename. Daarom het my kinders al vier familiename. Oudste dogter, my ma se name, oudste seun manlief se pa se name, ens.
En skielik wonder ek: Wat beteken ons name?
Google is darem maar 'n wonderlike ding... (hoeveel waarheid agter alles is, sal g'n mens verseker weet nie, maar kom ons speel-speel dis alles waar).
KEYTER
""Boer met 'n klein plasie."
Wel, in ons geval is dit darem nog 'n boer.... :-)
Andries Petrus
"Andries" is man.
"Petrus" is rots.
En dit is presies wat en wie my geliefde vir my en ons huisgesin is.

Rotsvas.
Die man wat ons beskerm, versorg.
Die een na wie ons kan opkyk vir leiding, want soos 'n rots, staan hy vas.
Marelize
'n Samestelling uit my ouma se name:
"Elizabeth" - God se belofte; Eed van God; Ek is God se dogter
"Maria" - Bitterheid; Rebelsheid; ook Geliefde
Was nogal vir my 'n skok om die betekenis van die name op te lees.
So baie naby sny dit.
Ek, die bederfde, die begenadigde, geliefde en dogter van God...
ek, die rebelse, negatiewe, depressiewe.....
Ons kinders is vernoem na die grootouers.
Leticia
'n Samestelling uit haar ouma se name:
"Cecilia" - blind
"Aletta" - waarheid
"Leticia" beteken Vreugde
Vreugde was hierdie eerste swangerskap.
Vreugde was 'n popmooi prinsessie wat ontpop in 'n lieflike dame.
Vreugde is dit om te sien hoe sy haar geloof en beginsels uitleef.
Blindelingse vreugde en 'n voorliefde vir waarheid... dis onse meisiekind. Borrelende vreugde.
Henry
Vernoem na sy oupa
"Henry" - 'home-ruler'
"Deighton" - eintlik 'n van, maar die betekenis daarvan is 'n plasie (dorpie) omring met dyke
Ons oudste seun. Die dromer, die "huishen".
Lief vir tuis-wees.
Lief vir die bos en alles wat dit inhou.
'n Waardige man wat nie sy vrou en huis sal afskeep ter wille van sy eie gewin nie.
En definitief nie 'n in stad of groot dorp sal woon nie....
Johan
Ook vernoem na oupa - aan die Lübbe-kant.
"Johan" - God is genadig; Geskenk van God
"Christiaan" - Christen; volgeling of dissipel van God
Die "geskenk"-baba. Die onverwagse seëning.
Na ons hoop opgegee het, het God Homself getrou bewys.
My gebed is dat hierdie genadegawe uit God se hand, Hom in opregtheid sal volg en dien.
'n Seun wat graag almal tevrede en gelukkig wil stel.
'n Seun wat altyd onmiddellik gehoorsaam, wat poog om vrede te bewaar met sy ouers (maar nie altyd met sy broers en suster nie :-) )
'n Jongeling wie se hande tegnies staan....
André
Pa se name.
"Andries" - man
"Petrus" - rots
Selfs met die aankondiging van sy geboorte, het ons steeds nie God se hart verstaan nie.
Ek was geskok - byna ontsteld.
Maar na 'n preek van dr Willie Marais, wat eintlik oor huwelike moes handel en wat hy begin het met die woorde: "As jy hier sit en swanger is, sonder dat jy vir daardie baba gebid het, beter jy nou begin bid." en ek het net geweet, soos wat 'n mens alleen deur die Heilige Gees kan wéét, God praat met my en ek het vir die eerste keer my hart kon uithuil en my gemoed voor God uitgestort.
'n Verdere geskenk omdat God nog met my 'n pad moes stap.
'n Man-mens omdat God ook vir hom 'n pad beplan het waarin jy 'n rots vir sy gesin moet word.
Op hierdie stadium nog 'n ondeund in wie se ogies onnutsigheid vonkel, maar 'n klein-klein hartjie wat baie bang is vir pakslae.
Die outjie wat ons laat lag en verseker dat God ons lief het.

Nou moes ek terugstaan en besef,
al het ek dit nie "beplan" nie,
het God dit lankal reeds geweet.
Elkeen van ons se name
het 'n unieke betekenis
en Hy het dit so beplan.
Want Hy het ons voor geboorte,
voor vorming
reeds op die naam geroep.
En die naam gekoppel aan ons elkeen se unieke
menswees
persoonlikheid
roeping.
Friday, June 22, 2012
Winter
Winter het die manier om 'n mens te bekruip. Skelm by die agterdeur in te sluip en nes te skop in jou murg.
In die voor-Bosveld waar ons woon, bestaan daar nie 'n tussen-seisoen nie. Somer word oornag winter. Geen sagte herfs nie.
Net gister ry ek en die kinders uit die erf uit, oppad dorp en sport toe.
"Kyk, die witstinkhout het nog al sy blare, grasgroen." En sowaar, daar hang hulle nog almal. Toegegee, die witstinkhout staan aan die noordekant van die huis, die een suid is reeds blaarloos, maar die apiesdoring (rakker!) is ook in vol somersdrag. G'n stuk lus om groen vir geel te ruil nie.
Om die huis verras die vyeboom ons met nog een blaar wat verbete vasklou....
Ek praat van 21 Junie 2012!
Die kortste dag met die langste nag.
Die son is amptelik op sy terugpad suide toe.
En vandag vee die tuinjong hope en hope blare bymekaar. Oornag, sommer net so het die witstinkhout hom kaal uitgetrek, sy klere sommer op die grond gegooi en soos die koning in Hans Christian Anderson se sprokie staan die grote boom poedelkaal in die voortuin.
O, ja, ons het die koue front beleef. Ons het ook saam met die res van die land goed koud gekry. Die nag van 9 Junie het ons gebibber en na aan mekaar geslaap. Die volgende oggend wys skoonma se minimum termometer 0ºC.... Winter het gearriveer. Totdat my pa bel en vertel van my grootworddorp, Memel, wat -11ºC vir die aand gemeet het!
Winter beteken vir baie mense sop, kaggelvure, warm komberse en 'n glasie sjerrie. Ek is mal oor die prentjie wat dit by my opwek.

Maar ons woon in 'n voorafvervaardigde asbeshuis en daar is geen kaggel nie. Buitendien, winter is by ons so kort, intens maar kort, dat 'n kaggel werklik nie nut sal hê nie. Tog, die prentjie is mooi né.....
Winter trek egter maklik in my menswees ook in. Negatiewe gedagtes, negatiewe ervarings, negatiewe woorde uit die verlede kom lê hulle sonder uitnodiging in my denke neer. Dit verg 'n doelbewuste poging om hulle weg te werk, uit te werp en op te kyk, Op te kyk, te weet ek het 'n Vader wat groter is as enige winter, wat juis die winter gebruik om groei te bewerkstellig - ook in my siel.

Mag die winter jou snoesig in jou bed vind, warmwatersak of elektriese kombers om die bed voor te berei, sjerrie of beter nog, 'n koppie koffie met 'n skeutjie likeur daarin na 'n warm bad en heerlike lyfies wat almal op die groot bed vergader wanneer pa die Groot Boek oopslaan en ons harte verwarm in die seker wete: Ons God Leef en Hy het ons lief - oneindig lief.
Saturday, February 25, 2012
Om te toets - persoonlikheid
Ek het op my vorige kuierwerf (by blat.co.za) hierdie
Sommer vir die aardigheid wou ek dit nou weer aflê....
En dit bly dieselfde. Ek is wie ek is. Niks het verander nie....
Dit bly vir my 'n interessante oefening.
En dit beskryf my menswees so akkuraat,
so waar, dat ek soms skrik.
Wat my hiervan nogal opval is dat ek gedurende my matriek jaar,
toe ek so gewonder het wat moet ek word, waarvoor moet ek studeer,
ingenieurswese die rigting was waarvoor ek by die PUK ingeskryf het.
Nie dat ek dit gevolg het nie! O, nee,
binne 'n week se somerskool geweet - huh-uh, nie vir my nie.
binne 'n week se somerskool geweet - huh-uh, nie vir my nie.
Daarna het ek vir 'n suiwer B.Sc met vakke soos
Rekenaarprogrammering, Wiskunde,
Fisika en Chemie ingeskryf.
Rekenaarprogrammering, Wiskunde,
Fisika en Chemie ingeskryf.
EISH!
Na twee weke van klasdraf, bestorm ek die
Beroepskonsultante se kantore.
Beroepskonsultante se kantore.
En hulle doen weer 'n hele battery toetse op my.
Uiteindelik het ek my rigting, my nis.
Hoofvakke: Rekenaarprogrammering en Personeelbestuur.
Met Statistiek tot op derdejaarsvlak.
Ook Wiskunde 2, Bedryfsekonomie 2, Rekeningkunde 1.
Te heerlik
Maar terug by die persoonlikheidstoets en die beskrywing daarvan.
"INTPs are relatively easy-going and amenable to most anything ...
until their principles are violated,
about which they may become outspoken and inflexible.
They prefer to return, however, to a reserved albeit benign ambiance,
not wishing to make spectacles of themselves."
Dit is baie waar. Beginsels bepaal my menswees
en ek sal nie 'n beginsel ter wille van enigiets anders oorboord gooi nie.
Aborsie is verkeerd, punt klaar. En so voel ek oor baie dinge.
Maar ek gaan jou nie toegooi met my opinie nie,
tensy jy my daaromtrent uitvra,
dan mag ek dalk nooit ophou praat nie. :-)
(giggel) Een van die vrae in die toets was
"Do you value mercy or justice"
.... en ek het nie baie genade nie;
my emosionele, menslike kant is nie baie sterk nie.
Thinker - Denker
"The INTP is above all a thinker and his inner (private) world is a place governed by a strong sense of logical structure. Every experience is to be rigorously analysed, the task of the INTP's mind is to fit each encountered idea or experience into a larger structure defined by logic."
- An INTP Profile (intp.org)
Of soos Martie du Plessis van Dynamis dit gestel het. Ek dink baie (en doen min), ek het 'n wolkie waarheen ek vlug om die wêreld te deurdink.
'n Ander uiteensetting stel dieselfde "denker"-patroon as volg:
"INTPs contribute a logical, system-building approach to their work. They like being the architect of a plan, because of the scheming and thinking involved, far more than being the implementer of that plan. Implementation tends to be drudgery. They are content to sit back and think about what might work, given their view of the situation. INTPs may ignore standard operating procedures. The hours that they spend are not what is important to them, but rather the completion of their thought process"
- INTP - The Wizard (Lifexplore)
Analyzing - Analities
Die volgende stukkie laat my nogal lag kry, maar dit is erg beskrywend. - die regte deurmekaar proffie tipe, jy weet!
"INTPs live in the world of theoretical possibilities. They see everything in terms of how it could be improved, or what it could be turned into. They live primarily inside their own minds, having the ability to analyze difficult problems, identify patterns, and come up with logical explanations. They seek clarity in everything, and are therefore driven to build knowledge. They are the "absent-minded professors", who highly value intelligence and the ability to apply logic to theories to find solutions."
- Portrait of an INTP (The Personality Page)
Die ewige soek na die logiese verklaring - daai wiskundige deel.
Solitude - Eensaamheid
As deel van ons Personeelbestuur-kursus het ons verskillende van die groot sielkundiges se werke bestudeer. Onder andere ook Jung. Sy verduideliking van die "Engineer-type":
"likes solitude, not revealing, unemotional, rule breaker, avoidant, familiar with the darkside, skeptical, acts without consulting others"
- Jung Type Descriptions (INTP) (similarminds.com)
En dit raak my direk.
Ek is nie emosioneel nie. Wys nie wat ek voel nie.
En ja, ek is bekend met die donker kant - kry maar gereeld depressie-aanvalle.
Ek is geweldig skepties en vertrou nie maklik nie.
En ek verkies my eie geselskap - beslis.
Ek loop my eie pad en volg my eie kop -
ondervra definitief nie 'n klomp mense voordat ek 'n besluit neem nie.
Die "rule breaker" gedeelte is nie regtig ek nie. Tensy jy die feit dat ek my eie kop volg en nie die aanvaarde, gemeenskapsroete nie, as wetsoortredend beskou
(o en dan die feit dat ek nie maklik binne die spoedgrens kan bly nie! :D ).
Wat vir my insiggewend was van hierdie toets is die beroepsvoorstelle vir hierdie persoonlikheidstipe.
(1) Engineer (2) Computer Programmer (3) Human Resources Manager
(4) Musician (5) Financial Planner
(6) Mathematician
In my geskiedenis het ek
(1) vir ingenieurswese ingeskryf
(2) Rekenaarprogrammering studeer
(3) Personeelbestuur studeer
(4) Gr 7 musiek by Royal Schools
klaargemaak en speel nog dikwels
(5) Doen ek die boerdery se boekhouding,
BTW en kontantvloei-begroting
(6) Gee ek wiskunde-ekstra-klasse.
Maar die interessantste wat ek vandag raakgesien het:
Slegs 2.5% van die totale bevolking is INTP's (Ingenieur-tipe)
Slegs 4% van die mansgeslag is INTP's
Slegs 1% van die vrouegslag is INTP's
(vir die wat wonder: INTP staan vir -
Introvert
iNtuition
Thinking
Perceiving)
Dus......
Ek is 'n freak, 'n uitsondering, 'n rariteit.
Baie skaars en Uniek!!
En ek geniet dit gate uit!
Mooi dag
Friday, February 24, 2012
Facebook - 'n Liefde / Haat verhouding
Ek het my facebook-alterego gegroet.
Ek moes net.
Ek móés net!
Want hierdie is 'n verslawing. Net soos enige dwelm afhanklikheid. Die belangrikste in hierdie definisie op Wikipedia is die woorde: "excessive computer use that interferes with daily life". En dit is waarom ek moes breek.
Daar is selfs 'n toets aanlyn waarmee jy jou mate van internet-afhnaklikheid kan gaan toets. Ek toets nog nie heeltemal "junkie" nie:
Congratulations, your score is: 64
50 -79 points: You are experiencing occasional or frequent problems because of the Internet. You should consider their full impact on your life.
Maar wanneer jou huisgenote begin kla, dan moet jy werk maak daarvan.
Ek hoop om weer meer tyd aan my kuierwerf te spandeer, want hier het ek in die begin my menswees kon verwoord. Hier kon ek myself uitpluis. Miskien nie naastenby die hoeveelheid ure wat facebook van my gesteel het nie, maar darem meer gereeld as die afgelope jaar of twee.
Groetnis
Friday, February 17, 2012
Die storie van Hasie.
Hasie het grootgeword. Vir sy hele leeftydjie was hy by ma en pa knus in die huisie en het lekker gespeel - dan buite op die grassies, dan in die bos. Pa en ma het altyd gesorg vir kossies en dat hy veilig is.
Maar nou is dit tyd dat Hasie skool toe gaan, want Hasie het grootgeword en soos alle ander hasies, moet hy nou skool toe gaan.
Pa en Ma haas was baie opgewonde, Hasie het nie mooi geweet wat om te verwag nie, maar al die ander hasies het hom oortuig dat dit vreeslik lekker gaan wees.
So het Hasie se skoolloopbaan begin. Hy het geleer van Hasie-hop, van knibbel-vreet, van skuilhou vir jakkals en wolf. Hy het geleer van die haas-geskiedenis en al die lekkerste en giftige blaarkos. Die dag toe sy rapport huis toe gaan, was sy ouers so dankbaar. Hasie het vir al sy vakke 'n A of 'n B+ gekry. Maar....
"Wat is dié?" vra Pa-Haas verbaas. Daar, aan die onderkant van die rapport is 'n vak waarvan die punt met 'n rooi sirkel omkring is....
Dadelik begin sy ouers reëlings tref vir ekstra-klasse, daar word rondgevra en uitgevra, ekstra ure, langer oefentye, meer en meer moes Hasie insit. Hy het sy bes probeer. Maar keer op keer het die onderwyser of die hasie wat hom ekstra-klasse gebied het, vir sy ouers gesê: "Hasie is lui", of "Hasie is dom", of "Hasie moet Ritalin gebruik", of "Hasie moet harder probeer" of meer oefen of nog ekstra insit.

Hasie het swem gedruip.

Arme Hasie. Hy het sy beste gegee en dit was nooit goed genoeg nie.
En uiteindelik......
....het Hasie versuip.
Ons moet baie seker maak dat dit wat ons vir ons kinders toewens en hulle laat doen, weliswaar iets is wat hulle wil doen. Indien daar nie innerlike motivering is nie, kan mens nie geluk nie. Is dit my kind se droom en ideaal - of myne?
Lê klem op jou kinders se sterk punte, hul positiewe eienskappe. Laat Hasie eerder ekstra-klasse doen in hasie-hop en knibbel-vreet, want dit prikkel sy belangstelling, dit spoor om aan om meer uit te vind, harder te probeer en nuuskierig verder en verder ondersoek in te stel, as om hom te dwing om dit waarin hy nie goed is nie te MOET doen. Op die ou end word dit slegter en slegter en wil hy later glad nie meer nie.
(Ons sien dikwels volwassenes wat NIKS hou van lees nie, wat weier om te lees..... volwassenes wat as kinders gedwing was om te leer lees op 'n ouderdom wat hulle nie gereed daarvoor was nie!)
Groetnis
Saturday, February 4, 2012
Subscribe to:
Posts (Atom)
+2012+(784x1024).jpg)