Saturday, February 25, 2012

Om te toets - persoonlikheid


Ek het op my vorige kuierwerf (by blat.co.za) hierdie 
Sommer vir die aardigheid wou ek dit nou weer aflê....

En dit bly dieselfde. Ek is wie ek is. Niks het verander nie....

Dit bly vir my 'n interessante oefening. 
En dit beskryf my menswees so akkuraat, 
so waar, dat ek soms skrik.

Volgens my persoonlikheidsprofiel val ek onder die "ingenieurs-tipe". 
Wat my hiervan nogal opval is dat ek gedurende my matriek jaar, 
toe ek so gewonder het wat moet ek word, waarvoor moet ek studeer, 
ingenieurswese die rigting was waarvoor ek by die PUK ingeskryf het.

Nie dat ek dit gevolg het nie! O, nee, 
binne 'n week se somerskool geweet - huh-uh, nie vir my nie.

Daarna het ek vir 'n suiwer B.Sc met vakke soos 
Rekenaarprogrammering, Wiskunde, 
Fisika en Chemie ingeskryf.
EISH!

Na twee weke van klasdraf, bestorm ek die 
Beroepskonsultante se kantore.
En hulle doen weer 'n hele battery toetse op my.

Uiteindelik het ek my rigting, my nis.
Hoofvakke: Rekenaarprogrammering en Personeelbestuur.
Met Statistiek tot op derdejaarsvlak.
Ook Wiskunde 2, Bedryfsekonomie 2, Rekeningkunde 1.
Te heerlik


Maar terug by die persoonlikheidstoets en die beskrywing daarvan.

Principles - Beginsels


"INTPs are relatively easy-going and amenable to most anything ...
until their principles are violated, 
about which they may become outspoken and inflexible. 
They prefer to return, however, to a reserved albeit benign ambiance, 
not wishing to make spectacles of themselves."



Dit is baie waar. Beginsels bepaal my menswees 
en ek sal nie 'n beginsel ter wille van enigiets anders oorboord gooi nie. 
Aborsie is verkeerd, punt klaar. En so voel ek oor baie dinge. 
Maar ek gaan jou nie toegooi met my opinie nie, 
tensy jy my daaromtrent uitvra, 
dan mag ek dalk nooit ophou praat nie. :-) 


(giggel) Een van die vrae in die toets was
"Do you value mercy or justice
.... en ek het nie baie genade nie; 
my emosionele, menslike kant is nie baie sterk nie.



Thinker - Denker
"The INTP is above all a thinker and his inner (private) world is a place governed by a strong sense of logical structure. Every experience is to be rigorously analysed, the task of the INTP's mind is to fit each encountered idea or experience into a larger structure defined by logic."
An INTP Profile (intp.org)
Of soos Martie du Plessis van Dynamis dit gestel het. Ek dink baie (en doen min), ek het 'n wolkie waarheen ek vlug om die wêreld te deurdink.

'n Ander uiteensetting stel dieselfde "denker"-patroon as volg:
"INTPs contribute a logical, system-building approach to their work. They like being the architect of a plan, because of the scheming and thinking involved, far more than being the implementer of that plan. Implementation tends to be drudgery. They are content to sit back and think about what might work, given their view of the situation. INTPs may ignore standard operating procedures. The hours that they spend are not what is important to them, but rather the completion of their thought process"
INTP - The Wizard (Lifexplore)



Analyzing - Analities
Die volgende stukkie laat my nogal lag kry, maar dit is erg beskrywend. - die regte deurmekaar proffie tipe, jy weet!

"INTPs live in the world of theoretical possibilities. They see everything in terms of how it could be improved, or what it could be turned into. They live primarily inside their own minds, having the ability to analyze difficult problems, identify patterns, and come up with logical explanations. They seek clarity in everything, and are therefore driven to build knowledge. They are the "absent-minded professors", who highly value intelligence and the ability to apply logic to theories to find solutions."
Portrait of an INTP (The Personality Page)

Die ewige soek na die logiese verklaring - daai wiskundige deel.



Solitude - Eensaamheid
As deel van ons Personeelbestuur-kursus het ons verskillende van die groot sielkundiges se werke bestudeer. Onder andere ook Jung. Sy verduideliking van die "Engineer-type":

"likes solitude, not revealing, unemotional, rule breaker, avoidant, familiar with the darkside, skeptical, acts without consulting others"
Jung Type Descriptions (INTP) (similarminds.com)


En dit raak my direk.
Ek is nie emosioneel nie. Wys nie wat ek voel nie.
En ja, ek is bekend met die donker kant - kry maar gereeld depressie-aanvalle.
Ek is geweldig skepties en vertrou nie maklik nie.


En ek verkies my eie geselskap - beslis.
Ek loop my eie pad en volg my eie kop - 
ondervra definitief nie 'n klomp mense voordat ek 'n besluit neem nie.

Die "rule breaker" gedeelte is nie regtig ek nie. Tensy jy die feit dat ek my eie kop volg en nie die aanvaarde, gemeenskapsroete nie, as wetsoortredend beskou 
(o en dan die feit dat ek nie maklik binne die spoedgrens kan bly nie! :D ).


Wat vir my insiggewend was van hierdie toets is die beroepsvoorstelle vir hierdie persoonlikheidstipe.
Onder die beroepe is die volgende vir nou van belang:

(1)  Engineer    (2) Computer Programmer   (3)  Human Resources Manager               
(4)  Musician    (5) Financial Planner            
(6) Mathematician                   
                                   

In my geskiedenis het ek
(1) vir ingenieurswese ingeskryf
(2) Rekenaarprogrammering studeer
(3) Personeelbestuur studeer
(4) Gr 7 musiek by Royal Schools  
      klaargemaak en speel nog dikwels
(5) Doen ek die boerdery se boekhouding, 
     BTW en kontantvloei-begroting
(6) Gee ek wiskunde-ekstra-klasse.


Maar die interessantste wat ek vandag raakgesien het:
Slegs 2.5% van die totale bevolking is INTP's (Ingenieur-tipe)
Slegs 4% van die mansgeslag is INTP's
Slegs 1% van die vrouegslag is INTP's
(vir die wat wonder: INTP staan vir - 
Introvert
iNtuition
Thinking
Perceiving)

Dus......
Ek is 'n freak, 'n uitsondering, 'n rariteit.
Baie skaars en Uniek!!

En ek geniet dit gate uit!
Mooi dag




Met apologie en dank aan al die webwerwe waar ek foto's by gaan leen het.
              

Friday, February 24, 2012

Facebook - 'n Liefde / Haat verhouding



Ek het my facebook-alterego gegroet.
Ek moes net.
Ek móés net!

Want hierdie is 'n verslawing. Net soos enige dwelm afhanklikheid. Die belangrikste in hierdie definisie op Wikipedia is die woorde: "excessive computer use that interferes with daily life". En dit is waarom ek moes breek.


Daar is selfs 'n toets aanlyn waarmee jy jou mate van internet-afhnaklikheid kan gaan toets. Ek toets nog nie heeltemal "junkie" nie:


Congratulations, your score is: 64
50 -79 points: You are experiencing occasional or frequent problems because of the Internet. You should consider their full impact on your life.


Maar wanneer jou huisgenote begin kla, dan moet jy werk maak daarvan.


Ek hoop om weer meer tyd aan my kuierwerf te spandeer, want hier het ek in die begin my menswees kon verwoord. Hier kon ek myself uitpluis. Miskien nie naastenby die hoeveelheid ure wat facebook van my gesteel het nie, maar darem meer gereeld as die afgelope jaar of twee.


Groetnis



Friday, February 17, 2012

Die storie van Hasie.

Hasie het grootgeword. Vir sy hele leeftydjie was hy by ma en pa knus in die huisie en het lekker gespeel - dan buite op die grassies, dan in die bos. Pa en ma het altyd gesorg vir kossies en dat hy veilig is.

Maar nou is dit tyd dat Hasie skool toe gaan, want Hasie het grootgeword en soos alle ander hasies, moet hy nou skool toe gaan.

Pa en Ma haas was baie opgewonde, Hasie het nie mooi geweet wat om te verwag nie, maar al die ander hasies het hom oortuig dat dit vreeslik lekker gaan wees.


So het Hasie se skoolloopbaan begin. Hy het geleer van Hasie-hop, van knibbel-vreet, van skuilhou vir jakkals en wolf. Hy het geleer van die haas-geskiedenis en al die lekkerste en giftige blaarkos. Die dag toe sy rapport huis toe gaan, was sy ouers so dankbaar. Hasie het vir al sy vakke 'n A of 'n B+ gekry. Maar....

"Wat is dié?" vra Pa-Haas verbaas. Daar, aan die onderkant van die rapport is 'n vak waarvan die punt met 'n rooi sirkel omkring is....



Hasie het swem gedruip.




Dadelik begin sy ouers reëlings tref vir ekstra-klasse, daar word rondgevra en uitgevra, ekstra ure, langer oefentye, meer en meer moes Hasie insit. Hy het sy bes probeer. Maar keer op keer het die onderwyser of die hasie wat hom ekstra-klasse gebied het, vir sy ouers gesê: "Hasie is lui", of  "Hasie is dom", of "Hasie moet Ritalin gebruik", of "Hasie moet harder probeer" of meer oefen of nog ekstra insit.







Arme Hasie. Hy het sy beste gegee en dit was nooit goed genoeg nie.

En uiteindelik......
....het Hasie versuip.

Ons moet baie seker maak dat dit wat ons vir ons kinders toewens en hulle laat doen, weliswaar iets is wat hulle wil doen. Indien daar nie innerlike motivering is nie, kan mens nie geluk nie. Is dit my kind se droom en ideaal - of myne?

Lê klem op jou kinders se sterk punte, hul positiewe eienskappe. Laat Hasie eerder ekstra-klasse doen in hasie-hop en knibbel-vreet, want dit prikkel sy belangstelling, dit spoor om aan om meer uit te vind, harder te probeer en nuuskierig verder en verder ondersoek in te stel, as om hom te dwing om dit waarin hy nie goed is nie te MOET doen. Op die ou end word dit slegter en slegter en wil hy later glad nie meer nie.

(Ons sien dikwels volwassenes wat NIKS hou van lees nie, wat weier om te lees..... volwassenes wat as kinders gedwing was om te leer lees op 'n ouderdom wat hulle nie gereed daarvoor was nie!)

Groetnis



Friday, February 3, 2012

Om met nuwe oë te kyk.

Ek besef dat BAIE mense my as "vreemd" beskou.
Dit daar gelaat.


Ek weet ook dat mense my probeer oortuig dat ek verkeerd is (en by implikasie - hulle reg).
Dit daar gelaat.

Ek weet egter ook dat Vader mense roep tot sekere aksies. Dat Hy mense aanspreek en toerus in sekere situasies. En dat Hy ons gesin geroep het tot Tuisopvoeding. Reeds toe my oudste net 2 jaar oud was!

Dit kom vir baie mense as verrassing dat ons wel Tuisopvoeding as roete gekies het én tot hoërskoolvlak daarmee volhou. Interessant.

Daar is egter veel meer wat jy nie van my weet nie.
Veel meer dinge waar ek met nuwe oë my Bybel bestudeer en nuwe insigte raaklees...

Een hiervan wil ek aan die hand van 'n aanhaling uit die boek: "Bringing up Girls" deur dr James Dobson vertel. Dit het my besonder geraak. Veral omdat die wêreld, deur die media en TV soveel ander idees en beelde voorhou:


The Charm Bracelet
Sweet sixteen had finally come! I never thought I'd make it. But I did. And it was amazing.
My parents threw the birthday party of the century, and I had more people over than I could count. The whole day had been awesome. But as I watched the sun begin to set, I knew the best part was soon to come.
It was late in the evening. Confetti had been swept up, helium balloons had started to sag and gift wrapping had been folded neatly and tucked away for my mom's later use. As I sat at my window studying the dusky sky, dad peeked into my room with a smile.
”Ready to go, Sweetie?” he asked.
Was that a trick question? I wondered as I scrambled to my feet. I'd been waiting for this night for five long years, and it was finally here! I was now officially allowed to date!
The plan was for my parents and me to go to my favourite restaurant on the night of my sixteenth birthday and officiate the agreement, go over standards, discuss rules and such. And now we were finally on the way.

I sat across from my parents in a quiet corner booth. Having just placed our orders I figured it was time to get on with it.
"So. I can go out with any guy I want to, right?" I squealed, hardly able to contain my excitement.
Mom and Dad chuckled.
Dad answered, "Well, we agreed to that, didn't we?"
"Sweet!" I exclaimed, doing a little victory dance in my seat. My parents had held me off for years, but now that the time had come, they would let me date any guy I wanted! Of course they knew I had a good relationship with God and wasn't too short on common sense, either.
"Now wait just a second" Mom interrupted with a smile, "You have to agree to a little something yourself."
I was expecting a lecture of some sort so I was already prepared.
"So what do I have to do how?" I asked, leaning forward on my elbows.
Foto vanaf  www.flowerhour.co.uk

"Just open this," Dad answered, producing a small white box. He gave a mysterious smile. I hesitated a moment before removing the curly pink ribbon. I slowly opened the lid and saw a beautiful silver bracelet. But not just any bracelet. It was a charm bracelet. And they weren't just any charms. They were gemstones, small but gorgeous. A dozen dainty charms dangled gently. 
"Wow." I didn’t know what else to say. I wasn't expecting this at all.
“Now you have t understand this isn’t just any bracelet," Mom informed me.
"I know" I said. "It is so beautiful!”
Vanaf  http://2.imimg.com
 I studied it closer. There were six small charms alternating with six tinier ones. The smaller ones were a deep blue. Sapphires, I guessed. 


 And the other six were each different. 



One appeared to be just a rock, 


Van hier af
one was pink, 
Van hier af
a white 
one, 
                                        


            a red one, 





green,                 and...what’s that,
Van hier af
                                            
      a diamond!?
                                                                       


 "This charm bracelet is symbolic," Dad explained, leaning in closer to study it with me. "It represents you and your purity. This is what will guide you through your dating relationships. Your mother and I can only tell you what's right. We can’t make you believe it yourself. Hopefully, this will." 
I looked up solemnly. "I'm listening."
"This represents the first time you hold a guy's hand,” Mom said, pointing to the gray one. "It's just a piece of polished granite. Seemingly cheap, yes, but it's still a part of your bracelet. This is pink quartz."
Then she gently rubbed the next one between het fingers. 
"It represents your first kiss.”
"This green one is an emerald,” Dad continued. "This is your first boyfriend. The pearl is the first time you say 'I love you'  to a man other than me."
I giggled. This was so amazing.
“The ruby stands for your first engagement. And the diamond represents the first time you say 'I do'." Mom finished.
After letting it all sink in I cleared my emotion-clogged throat.
"What do the six tiny sapphires stand for?" I asked. 
Those are to remind you how beautiful and valuable you are to us and to God, " Dad replied. "Now here's the hitch in al this, the one and only rule you'll ever have to follow when it comes to dating."
Only one rule. Sounded good. But little did I know...

"Whenever you give one of these actions of love - a kiss, an 'I love you,' a hand to hold - you also have to give the recipient the gem to match.”
I must've misunderstood.
"I have to give him the gem?”
"You have to give it to him." Mom restated.
I was silent for a while. I thought they must be joking. But they weren't even thinking of cracking a smile.
"But Daddy!" I suddenly shrieked. "These are insanely expensive! I can't just give them away!”
He gave a soft, loving chuckle.
"Did you hear what you just said?"
I thought about it.
"Baby, your purity, your heart, they're far more valuable than a few little rocks. If you can't find it in your heart to give away your little charms, I don't think you should be giving away the things they represent."
I could feel my insides melting, ready to gush out my tear ducts. On the one hand, it made me feel valuable and precious. But on the other, it made me furious. It made no sense. But it would.

A few weeks after that night, I was hanging out with my friends at the beach. Chad wouldn't swim because I wouldn't swim. I was more interested in reading than getting caked with sand, and he was more interested in sitting with me than swimming with his buddies. He was sweet. He was cute. And he tried to hold my hand. 
I was thrilled for a nanosecond when a certain piece of ugly granite flashed through my mind and made me move out of his reach. I was severely annoyed - annoyed at my parents, annoyed at my bracelet-turned-handcuffs, but most of all annoyed at myself. I was letting a little rock dominate my romantic life.
I furiously glared at it during the whole embarrassing walk to the bathhouse. But then God hit me upside the head with a shocking epiphany. I couldn't give up my little chunk of granite. It was a part of my bracelet, which in a sense made it a part of me. I wouldn't be whole without it. It wasn't a priceless gem, yet it was still valuable. It made sense after that.
Kevin came along eventually. We had fun. We hung out a lot. I thought I might love him. I thought I might tell him so. I thought of my pearl. It turned out that I didn't love him as much as I thought I did.
So my parents had been right. They couldn't make me believe the things they wanted me to believe. So they let God and my bracelet do the word instead. Among the four of them I figured out how valuable I was. How valuable my purity was. How not valuable guys were who were just wasting my time and emotions. If they weren't in it for the whole bracelet, why should they get one part of it?

Nate. He thought my bracelet was awesome. So he never tried to hold my hand. He never tried to kiss me. But he asked me to marry him. 
I never knew that so many years of torture could amount to so much happiness. I'd thought it was silly. I'd thought it was overrated. But now, I have never been more glad of anything in my life.
As I gave my husband the charm bracelet in its entirety, I wondered why I had found it so hard to hang on to those little rocks when it was so amazing to give them al to the man I truly love. 

But it didn’t end there, now our daughter wears it...

Is dit nie 'n ongelooflike mooi verhaal nie?
En dit is die waarheid.


Kom ons koester dit wat heilig en edel is....




Tuesday, January 24, 2012

Hoeveel kan een mens verduur?

Sy is geskei.
Ek weet nie hoeveel jare al nie,
   maar dis 'n hele paar. In die twintig jaar wat ek al hier woon, ken ek net vir haar.

Sy het twee dogters en 'n seun.
Haar ouers was ook boere in die omgewing.
    Sy en haar drie broers het op die plaas grootgeword.
     Die een boet en sy vrou woon ook in die omgewing.

Érens gedurende die tydperk 2000 - 2004 is haar bejaarde ouers aangeval.
Veral haar pa het baie seergekry.

Toe in 2004, sterf haar seun, haar jongste, in 'n motorongeluk. 'n Ongetroude jongman van 24. Lewensvreugde was sy deel.

'n Kort tydperk daarna, sterf haar boeta - 'n motorongeluk veroorsaak weens slaggate op 'n draai...

Toe sterf haar pa.

In 2010 gebeur die skynbaar onwaarskynlike. Haar skoonseun skiet haar dogter.
    Sy laat 'n klein seuntjie (2-3 jaar) agter.

Hy kom woon by ouma.
Is baie lief vir ouma en 'n klein bekkige seuntjie. Tog baie bang ouma gaan weg...

En Saterdag-Sondagnag...
kom 6 terroriste, aaklige geweldenaars
en val sy ouma, sy dierbaarste en amper enigste
      aan.

Verniel haar liederlik.

Hoeveel kan een mens verduur?

NS { Sy is ons koster, Anita. Die nuusblaaie is vol oor die verhaal}

Wednesday, January 18, 2012

Twintig Jaar!?

Jy vul 'n leeftyd.
'n Ewigheid.
Is dit dan moontlik
dat dit maar net twintig jare kan wees?

Tog, wanneer ek weer hieroor nadink.
Voel dit te kort. 
Dink ek ek ken jou van altyd af.
Kan ek my nie 'n tyd sonder jou indink nie.

Want jy besit my hele hart...
Ek het jou lief.

Sommige dink: Sjoe, TWINTIG jaar!! Ek sal nooit so lank hou nie.
Maar hulle weet nie.
Twintig jaar is 'n oogknip.



Sy was 'n student.
Eerstejaar aan die PU vir CHO.


Gewoond aan koshuislewe, maar glad nie aan so 'n massa mense nie.
Nog minder gewoond aan "doughnuts" te koop met elke middagete.
En 'n boerewors-waentjie net anderkant die duikweg......

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


Hy was in die "army".
Die weermagkamp net agter die kampus.


Na 2 jaar studies by die Landboukollege in Potch.
Was hy die dorp gewoond.
As onderkorporaal by die drywers, 
het hy nog gereeld in die dorp rondgery.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Hulle het mekaar tydens 'n kerkkamp ontmoet.
En was dadelik dolverlief.
Jip, liefde met die eerste oogopslag.
Ontmoet mekaar Saterdag
Gaan vas uit Sondag....

Dit was 1 Oktober 1989.
Sy was 18, hy 20.
Kinders.


**********************************************************

18 Januarie 1991.
Hy steek die ring aan haar vinger.
Sy is gereed om haar finale jaar aan te pak.
Hy boer en wil seker maak die manne op kampus wéét: Hierdie een is gereserveer.


Teen Julie is die troukaartjies gedruk. 
Die koeverte geskryf.
En selfs die seëls geplak.
Die trourok in wording.

Ma en dogter nog in stryd oor 
die plek,
die gastelys,
die spyskaart,
die blomme....

Intussen is daar eksamens. 
En altyddeur die stryery, die twis tussen verliefdes
want sy kan nie kopgee nie.
Sy het 'n eiesinnige willetjie.
En hy is jaloers, 
oorbeskermend jaloers.
Ure op die telefoon
Dikwels kwaad
Meermale verlief.

Altyd seker, vas en onwankelbaar
Dis hy/sy.

Presies 'n jaar later
18 Januarie 1992


Eers jare daarna sou ek hoor....

*  Sy was op die kerkkamp 'n gewilde keuse, 
soveel so dat daar 'n weddenskap aangegaan was.
Die een wat haar kry, skuld die ander 'n kas bier.

*  Sy pa het gereken dit sal nie werk nie.
Hulle baklei soos kat en hond.
Hoogstens drie jaar, 
dan die skeihof.

¢¢¢‼¢¢¢‼¢¢¢‼¢¢¢‼¢¢¢‼¢¢¢‼¢¢¢‼¢¢¢‼¢¢¢‼¢¢¢‼¢¢¢

18 Januarie 2012
20 jaar.......
'n Leeftyd - so voel dit soms.
'n Oogknip - so voel dit ander kere.

Ons is geseën met vier pragtige kinders.
Ons is geseën met goeie gesondheid.
Ons is geseën met 'n vaste beroep.
Ons is geseën deurdat ons nie gebrek ly nie.

Aan God die eer vir hierdie 20 jaar.
Aan God die eer vir die saamvoeg van twee totaal verskillende mense
Uiteenlopend
Dwarstrekkerig
Weird
Soms sommer plein anders.
Om tot sy eer 'n huwelik te vorm waarin ons kan getuig:
Sonder God sal dit nie werk nie.

Andries Keyter ek het jou lief
Oneindig.
Tot die dood ons skei
en daarna.

En so lyk ons nou!



God het ons ryklik vermeerder. Mag Hy soveel toevoeg soos Hy graag wil.


Sunday, December 25, 2011

Kersfees 2011....kom nooit weer nie.

Gelukkige dae moet eindig.
Ongelukkiges ook.

Vir alles is daar 'n tyd, 'n plek. Elke ding het sy geleentheid en dan gaan dit verby.

Dankie tog daarvoor. Dat niks vir altyd aanhou nie, buiten God en sy oneindige genade en liefde vir ons.

Ek hoop, my wens is dat elkeen van julle 'n besonderse dag saam met jul gesinne en familie, geliefdes en vriende deurgebring het. Dat julle eer aan God alleen gebring het, omdat Hy die wêreld so lief gehad het dat Hy sy eniggebore Seun gestuur het sodat die wat Hom aanneem, die wat in Hom glo, kinders van God word.

Hy wat Lig en Lewe is het in hierdie donker, sterwende wêreld vir ons die uitkoms gebring - die Lig om die pad aan te dui, die Lewe wat ewigdurend is.


Maar Kerstyd 2011 was vir my deurmekaar. Emosioneel uitmergelend. 'n Tyd wat geweldige geestelike groei gebring het, maar enorme emosionele spanning ook.

Dit het begin in November.
Skoonma het siek geword. Werklik siek. Diarree en vomering sonder enige maagkrampe en ander simptome.

Vir 'n week het sy met tuisbehandelings voortgegaan en net agteruitgegaan. Saterdagoggend was sy dokter toe en hy diagnoseer longontsteking! In die somer? Sonder enige hoes en slym? Geen verkoue of griep?

Sy het koors, kry antibiotika en reageer positief daarop. Maar sy het gewig verloor en is swak. Daar word later x-strale geneem en die kol op die long wys duidelik...

Intussen word swaer moeg. Erg moeg.
Soveel so dat hy nie van die store af huis toe kan stap nie. Later uitasem is wanneer hy net sy skoene vasmaak Ook hy is dokter toe: - asmatiese brongitis. Kry medikasie en reageer negatief.

Sy hoes word nie beter nie. Hy swel geweldig (vogretensie) en het ook ander simptome wat nie aangespreek word nie. Ons is almal bekommerd. Skoonma vra na sy medikasie en merk op dat daar onder andere kortisoon by is. Ons vermoed dat dit die vogretensie veroorsaak en hy skakel dit uit.

Later is hy terug dokter toe - steeds asmatiese brongitis. Maar niks werk verbetering aan die hand nie.

Uiteindelik is hy na 'n ander dokter (vennoot van dié een wat skoonma se longontsteking raakge"hoor" het) en dié neem 'n EKG. Daar is fout met sy hart en afspraak word gemaak vir x-strale. Duidelik 'n vergroting van die hartspier. 'n Afspraak word vir vier dae later by 'n kardioloog gemaak.

Die kardioloog neem hom dadelik in die hospitaal op - ses dae in Kardio ICU. Ons besoek hom die Sondag. Hy het alreeds 6 kg verloor - net vog - en lyk soveel beter. Later sou ons hoor dat hy sedert opname op suurstof was en dit daardie oggend afgehaal is.

Daarna nog 3 dae in 'n gewone kardio-saal.

24 Desember - die blye nuus. Swaer word ontslaan. Hy kom Huis Toe! Prys die Here en loof Hom wat goed is sonder end.

Vir slegs die tweede keer in 20 jaar is al die Keyter-kinders vir 'n Kersfees saam by hul ouerhuis.

Saterdagaand.
Ek en geliefde is in die bad.
Kinders gil.
Ons moet gou maak. Daar is fout by oom.
Spring in klere en hol oor na hul huis.
Asemnood.
Bel die dokter.
Kry die kar en jaag in dorp toe.

Haal asem, moenie laat gaan nie. Haal net diep asem. Praat met ons.

Kinders by die huis. My ouers is ook hier. Swaer en skoonsus uit Groblersdal bly by skoonma. Iewers moet normaliteit voorgehou word, ter wille van die kinders - maar wie kan normaal voorgee?

Na 67mm reën is die 6km grondpad 'n pappery, 'n gemors.
Jaag Liefie.
Gly-gly.
Swaer is nie vasgegordel nie. Ek sit agter in die "bagasieruim" en druk hom teen die stoel vas.
Skoonsus sit voor by Geliefde - histeries.

Dokter is reeds daar - Suurstof is gereed.
Masker oor swaer se gesig.
In ander huise weerklink kersliedere, kinders lag en speel, geskenke word uitgedeel....

Bloeddruk - normaal.
EKG - normaal.

Wat het gebeur???
Waarskynlik het swaer te veel te gou beweeg - na die lang rit uit die stad, die opwinding van uiteindelik by die huis te wees.
Vermoedelik het sy bloeddruk geval en het hy duiselig geraak. Dit het tot gevolg gehad dat daar nie suurstof by die brein gekom het nie en (in enige normale geval) sou hy flou word.
Maar gegewe die agtergrond was die skrik net te groot en het die ergste deur ons almal se gedagtes geflits.

Nege-uur oukersaand.
Uiteindelik almal rustig. Swaer en skoonsus na hul eie huis.
Ons by skoonma se huis.
Maar normaal wil nie terugkeer nie.

Ons eet omdat ons moet - en die kinders honger is :)
Mamma, kan ons asseblief die geskenke uitdeel.
Te midde van 'n soeke na 'n suurstofbottel, die skok wat nou deurwerk en adrenalien vermindering wat reaksie veroorsaak, moet normaliteit gevind word.....

Elfuur kan ons rustig raak en bed soek. "What a day!"

Kersdag.
Niemand sien kans om 8-uur in die kerk te wees nie! Nie na die vorige nag se "opwinding" nie. Nie met die gedagte "sê nou daar is 'n herhaling" voorop nie.
Kos word voorberei.
Tafel gedek.

My pa ontvang 'n oproep van die eienaar van die grond wat hy huur. Die buurman se beeste (80 van hulle) loop in sy sojaboontjie-lande!
So word die kuier brutaal onderbreek en ry my ouers direk na die kersmaal.

Hierdie naweek wil ek net nooit ooit weer beleef nie.

Tog was God se hand so duidelik oor ons.
Ons het, na 'n werklike swak lente-reënseisoen, uiteindelik Vrydagnag en Saterdagoggend reën gekry. Goeie, sagte, deurdringende reën.
Swaer is Saterdag ontslaan. Die EKG Saterdagaand het 'n duidelike verbetering getoon teenoor wat dit was die Maandag voor opname in hospitaal. Vader het hom getrou bewaar en genesing bewerk.
Ons is weer eens op die hart gedruk dat ons mekaar nodig het, dat ons 'n span is wat fantasties kan saamwerk, dat ons elkeen besonderlik en uitsonderlik verskillend geskape is, MET 'N DOEL.
Ons kon voor die kersmaal stil raak voor die Here en dankie sê, Hom loof vir die groot genade waarmee Hy ons seën.

Prys die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!

Saturday, December 10, 2011

Die tweede 800+ km

Die eerste twee dae van 'n vakansie in die Kaap bestaan net uit ry. Kilometers en kilometers teerpad wat onder ons deur gly.

Ek het my verkyk aan die blomme in die Karoo. Iets wat ek regtig nooit as kind geken het nie. Ons het die Karoo altyd in Desember en soms in Maart deurgery, warm en droog.


Nou het die Karoo my begroet met groen bossieveld en kleure - geel en pers-pienk.












By een van die vulstasies, ag ek kan nie onthou op watter dorp nie, het ons hierdie vetplant met sy waarskuwing gesien. Ek het dit nogal geniet!


Uiteindelik, weer na donker, kom ons op River House (vir my sommer Rivierhuisie) aan. Dis die tweede keer wat ons by Pieter le Roux-hulle se fantastiese blyplekkie slaap. Ek sal dit 100 keer aanbeveel.

Ons oorspronklike bespreking was vir een van die kampeerplekkies, maar na die koue nag in Mokala, die ysige winde wat ons telkens begroet het wanneer ons vir 'n draailoop stilgehou het, het Andries gevra dat ek sal skakel en hoor of daar 'n huisie beskikbaar is.

Hiervoor was ek baie dankbaar! 'n Warm bad en 'n warm bed! Met die bonus, ek hoef nie éérs tent op te slaan voordat ek kan gaan slaap nie!

Wonderlik toe ons dieselfde huisie as die vorige jaar kry. Ek sou dit graag 'n instelling wou maak, maar dis wensdenkery.

Met ysige vingers en hande het ons die waentjie uitgepak, koffie water aangeskakel en gereed gemaak vir Henry se GROOT dag. Hy moes vroeg bed toe, want die rylyf moet immers herstel om gereed te wees vir die gimnaslyf die volgende dag...

Leticia het haar weer voluit geniet met die kamera....