Dinge kan partykere sommer skeef loop. Sommerso, sonder dat jy gewil of gewou het.
Jy spreek 'n gedagte hardop uit, net om "oeps!", te besef dit was die verkeerdste plek en omstandigheid. Misverstand op misverstand volg en steeds kom niks reg nie.
Dikwels kom dit in verhoudings voor. Liefdesverhoudings, huwelike. Die kuns is om dit volwasse en met nodige eerlikheid en respek op te los.
Ek kan so maklik vir Liefde vertel hoe hy nou eintlik sy seuns moet opvoed, dissiplineer en grootmaak. Somtyds kry ek so seer vir my seunsgoed se onthalwe dat ek vir hul pa grootoë maak en sommer sal aanspreek voor die kinders. En dan te "Oeps!"
O, Vader, skenk my asb in groot genade die vermoë om stil te wees, te wag tot 'n geskikte geleentheid hom voordoen en dan in 'n "meek and gentle spirit" met my geliefde oor hierdie saak te gesels.
Skink jou koppie vol, trek die beskuitblik nader - welkom om die kombuistafel
Saturday, June 25, 2011
Tuesday, June 7, 2011
Koue Voete
Ysig koue voete.
Rêrig koud.
Al is hulle in pantoffels en in kouse.
Word jou voete ooit warm? Myne nie. Ek ly werklik aan koue voete. As ek nie saans voor ek in die bed klim hierdie ysblokke in 'n warm bad ontdooi en dan dadelik in die bed hop nie, sal hulle sowaar nie deur die nag ontdooi nie.
En my arme man moet dit ontgeld. Ek kry hom werklik jammer. Om met so 'n vrieskas in die bed te klim kan wraggies nie maklik wees nie en om steeds vir my lief te bly - voorwaar 'n wonderwerk ;) .
Maar ek het ook koue voete wanneer dit by ander dinge kom. Ek kry soms koue voete wanneer ek hoor hoe die werkende brigade te velde kan trek teen ons niksdoenende huisvroutjies. Kyk, ek hou nie van argumente en konflik nie. Ek sal eerder vermy as instorm en dis presies wat ek dan doen. Koue voete slaan die hasepad.
Tog het ek my eie idees - ek sal dit nie op jou afdwing nie, maar moenie my idees as ongeldig, minderwaardig en simpel afmaak nie. Ek mag dalk net dink joue is ongeldig, minderwaardig en simpel weet jy?
So maak iemand 'n opmerking: "Ek kan net soveel kaste regpak, waarmee sal ek myself die heeldag besig hou." My binne-reaksie was: "Né? Is dit wat jou definisie van 'n goeie huisvrou is? Pak kaste reg? Gmf!" My buite-reaksie - doodse stilte.
Dikwels hoor ek "Oe, ek sal my doodverveel." En ek dink: "Ag, shame. Asof jou vreeslik interessante lewe nie vir my uiters vervelend voorkom nie."
My vervelige, kas-reg-pakkende, eenvoudige daaglikse lewe is vir my 'n wonderbare voorreg, 'n diensbaarheid, 'n seën en 'n vreugde. Om daar te wees vir my man en kinders is 'n genadegawe. Om hulle tot diens te wees 'n voorreg. Verveling is nie deel daarvan nie.
Koue voete kry ek egter by die blote gedagte aan 'n 8 tot 5 werk, daaglikse spitsverkeer, sperdatums, base oor my skouers...... Nee, dankie!!

Friday, June 3, 2011
Die Voorreg van Boervrou, tuisopvoeder-ma wees
Daar is soveel meer as net die "Vakansie"-gevoel wat jou betrek wanneer jy 'n naweek of 'n week op 'n plaas kuier.
Om soggens net met voëlgeluide wakker te word. 'n Duif wat koer, 'n patrys se skree en soms die Piet-my-vrou wat roep-roep na sy vroutjie-douwtjie. Of die borrelende opgewondenheid van die vleiloerie wat reën aankondig. Geen steurende verkeer en sirenes wat straat-af skrou nie.
Om rustig die dag met die Skrif en gebed te kan begin. Geen gejaag om die spitsverkeer te vermy nie. Geen skoolkinders wat uit die warm vere geruk moet word nie. Net 'n salige ek en my Vader tydjie.
Om dan die kombuis binne te kom en begroet te word met die aptytwekkende reuk van varsgebakte brood! Die ketel aan te skakel vir 'n lekker boeppens-pot vol mieliepap. Die tafel te dek en te weet, ontbyt kan rustig geniet word.
Kindergesiggies wat nog slaapwarm die kombuis binnekom en my begroet met 'n stywe druk en "is die pap al reg?". 'n Vleisigheid in die pan - wors of maalvleis, spek en eier, visvingers - wie weet? Elke dag 'n ander dis. Ja, die jong boere eet steeds vleis drie keer per dag!
Streep-streep kom die arbeiders van hul huise aangestap. Een na die ander word trekkers en stropers aangeskakel en draai by die dieselpomp. Veld toe, lande toe. En weer daal 'n stilte op die huis neer.
Skoolwerk word uitgehaal, stories gelees. Gespeel en pret gemaak. Eksperimente en kunswerke. Teen twaalfuur moet die middagmaal voorberei word. Jip, hoofete in die middag - ideaal. Geen swaargewig wanneer ek vanaand in my bed kruip nie.
Die namiddae draf seuns moontlik saam met pa lande toe, of speel met hul neef wat van die skool af terug is. Sus pak haar "Scrap-booking" aan of maak kaartjies. Lawwe ek het myself toegegooi met wiskunde ekstra-klasse en is elke middag besig met iemand anders se kinders en wiskunde....
Maar vanaand, wanneer geliefde van die veld, landerye of werkswinkel terugkeer, is ons almal by die huis. Seunslyfies klaar gebad en sus moontlik nog in die bad. Koffie en 'n lekker kuier met pa. Dan aandete en huisgodsdiens. Ja, reg geraai, hier is geen TV nie! Wonderlik.
So verloop my dae, rustig en ongejaagd.
Miskien met minder geld ook...
minder ambisie.....?
Maar BAIE BAIE meer bevrediging.
En dit is hoekom ek vandag hier tik. Jantjie Pieterse het my ook laat dink en ek weet!

Subscribe to:
Posts (Atom)