Gelukkige dae moet eindig.
Ongelukkiges ook.
Vir alles is daar 'n tyd, 'n plek. Elke ding het sy geleentheid en dan gaan dit verby.
Dankie tog daarvoor. Dat niks vir altyd aanhou nie, buiten God en sy oneindige genade en liefde vir ons.
Ek hoop, my wens is dat elkeen van julle 'n besonderse dag saam met jul gesinne en familie, geliefdes en vriende deurgebring het. Dat julle eer aan God alleen gebring het, omdat Hy die wêreld so lief gehad het dat Hy sy eniggebore Seun gestuur het sodat die wat Hom aanneem, die wat in Hom glo, kinders van God word.
Hy wat Lig en Lewe is het in hierdie donker, sterwende wêreld vir ons die uitkoms gebring - die Lig om die pad aan te dui, die Lewe wat ewigdurend is.
Maar Kerstyd 2011 was vir my deurmekaar. Emosioneel uitmergelend. 'n Tyd wat geweldige geestelike groei gebring het, maar enorme emosionele spanning ook.
Dit het begin in November.
Skoonma het siek geword. Werklik siek. Diarree en vomering sonder enige maagkrampe en ander simptome.
Vir 'n week het sy met tuisbehandelings voortgegaan en net agteruitgegaan. Saterdagoggend was sy dokter toe en hy diagnoseer longontsteking! In die somer? Sonder enige hoes en slym? Geen verkoue of griep?
Sy het koors, kry antibiotika en reageer positief daarop. Maar sy het gewig verloor en is swak. Daar word later x-strale geneem en die kol op die long wys duidelik...
Intussen word swaer moeg. Erg moeg.
Soveel so dat hy nie van die store af huis toe kan stap nie. Later uitasem is wanneer hy net sy skoene vasmaak Ook hy is dokter toe: - asmatiese brongitis. Kry medikasie en reageer negatief.
Sy hoes word nie beter nie. Hy swel geweldig (vogretensie) en het ook ander simptome wat nie aangespreek word nie. Ons is almal bekommerd. Skoonma vra na sy medikasie en merk op dat daar onder andere kortisoon by is. Ons vermoed dat dit die vogretensie veroorsaak en hy skakel dit uit.
Later is hy terug dokter toe - steeds asmatiese brongitis. Maar niks werk verbetering aan die hand nie.
Uiteindelik is hy na 'n ander dokter (vennoot van dié een wat skoonma se longontsteking raakge"hoor" het) en dié neem 'n EKG. Daar is fout met sy hart en afspraak word gemaak vir x-strale. Duidelik 'n vergroting van die hartspier. 'n Afspraak word vir vier dae later by 'n kardioloog gemaak.
Die kardioloog neem hom dadelik in die hospitaal op - ses dae in Kardio ICU. Ons besoek hom die Sondag. Hy het alreeds 6 kg verloor - net vog - en lyk soveel beter. Later sou ons hoor dat hy sedert opname op suurstof was en dit daardie oggend afgehaal is.
Daarna nog 3 dae in 'n gewone kardio-saal.
24 Desember - die blye nuus. Swaer word ontslaan. Hy kom Huis Toe! Prys die Here en loof Hom wat goed is sonder end.
Vir slegs die tweede keer in 20 jaar is al die Keyter-kinders vir 'n Kersfees saam by hul ouerhuis.
Saterdagaand.
Ek en geliefde is in die bad.
Kinders gil.
Ons moet gou maak. Daar is fout by oom.
Spring in klere en hol oor na hul huis.
Asemnood.
Bel die dokter.
Kry die kar en jaag in dorp toe.
Haal asem, moenie laat gaan nie. Haal net diep asem. Praat met ons.
Kinders by die huis. My ouers is ook hier. Swaer en skoonsus uit Groblersdal bly by skoonma. Iewers moet normaliteit voorgehou word, ter wille van die kinders - maar wie kan normaal voorgee?
Na 67mm reën is die 6km grondpad 'n pappery, 'n gemors.
Jaag Liefie.
Gly-gly.
Swaer is nie vasgegordel nie. Ek sit agter in die "bagasieruim" en druk hom teen die stoel vas.
Skoonsus sit voor by Geliefde - histeries.
Dokter is reeds daar - Suurstof is gereed.
Masker oor swaer se gesig.
In ander huise weerklink kersliedere, kinders lag en speel, geskenke word uitgedeel....
Bloeddruk - normaal.
EKG - normaal.
Wat het gebeur???
Waarskynlik het swaer te veel te gou beweeg - na die lang rit uit die stad, die opwinding van uiteindelik by die huis te wees.
Vermoedelik het sy bloeddruk geval en het hy duiselig geraak. Dit het tot gevolg gehad dat daar nie suurstof by die brein gekom het nie en (in enige normale geval) sou hy flou word.
Maar gegewe die agtergrond was die skrik net te groot en het die ergste deur ons almal se gedagtes geflits.
Nege-uur oukersaand.
Uiteindelik almal rustig. Swaer en skoonsus na hul eie huis.
Ons by skoonma se huis.
Maar normaal wil nie terugkeer nie.
Ons eet omdat ons moet - en die kinders honger is :)
Mamma, kan ons asseblief die geskenke uitdeel.
Te midde van 'n soeke na 'n suurstofbottel, die skok wat nou deurwerk en adrenalien vermindering wat reaksie veroorsaak, moet normaliteit gevind word.....
Elfuur kan ons rustig raak en bed soek. "What a day!"
Kersdag.
Niemand sien kans om 8-uur in die kerk te wees nie! Nie na die vorige nag se "opwinding" nie. Nie met die gedagte "sê nou daar is 'n herhaling" voorop nie.
Kos word voorberei.
Tafel gedek.
My pa ontvang 'n oproep van die eienaar van die grond wat hy huur. Die buurman se beeste (80 van hulle) loop in sy sojaboontjie-lande!
So word die kuier brutaal onderbreek en ry my ouers direk na die kersmaal.
Hierdie naweek wil ek net nooit ooit weer beleef nie.
Tog was God se hand so duidelik oor ons.
Ons het, na 'n werklike swak lente-reënseisoen, uiteindelik Vrydagnag en Saterdagoggend reën gekry. Goeie, sagte, deurdringende reën.
Swaer is Saterdag ontslaan. Die EKG Saterdagaand het 'n duidelike verbetering getoon teenoor wat dit was die Maandag voor opname in hospitaal. Vader het hom getrou bewaar en genesing bewerk.
Ons is weer eens op die hart gedruk dat ons mekaar nodig het, dat ons 'n span is wat fantasties kan saamwerk, dat ons elkeen besonderlik en uitsonderlik verskillend geskape is, MET 'N DOEL.
Ons kon voor die kersmaal stil raak voor die Here en dankie sê, Hom loof vir die groot genade waarmee Hy ons seën.
Prys die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!
Skink jou koppie vol, trek die beskuitblik nader - welkom om die kombuistafel
Sunday, December 25, 2011
Saturday, December 10, 2011
Die tweede 800+ km
Die eerste twee dae van 'n vakansie in die Kaap bestaan net uit ry. Kilometers en kilometers teerpad wat onder ons deur gly.
Ek het my verkyk aan die blomme in die Karoo. Iets wat ek regtig nooit as kind geken het nie. Ons het die Karoo altyd in Desember en soms in Maart deurgery, warm en droog.
Nou het die Karoo my begroet met groen bossieveld en kleure - geel en pers-pienk.
By een van die vulstasies, ag ek kan nie onthou op watter dorp nie, het ons hierdie vetplant met sy waarskuwing gesien. Ek het dit nogal geniet!
Ons oorspronklike bespreking was vir een van die kampeerplekkies, maar na die koue nag in Mokala, die ysige winde wat ons telkens begroet het wanneer ons vir 'n draailoop stilgehou het, het Andries gevra dat ek sal skakel en hoor of daar 'n huisie beskikbaar is.
Hiervoor was ek baie dankbaar! 'n Warm bad en 'n warm bed! Met die bonus, ek hoef nie éérs tent op te slaan voordat ek kan gaan slaap nie!
Wonderlik toe ons dieselfde huisie as die vorige jaar kry. Ek sou dit graag 'n instelling wou maak, maar dis wensdenkery.
Ek het my verkyk aan die blomme in die Karoo. Iets wat ek regtig nooit as kind geken het nie. Ons het die Karoo altyd in Desember en soms in Maart deurgery, warm en droog.
Nou het die Karoo my begroet met groen bossieveld en kleure - geel en pers-pienk.
By een van die vulstasies, ag ek kan nie onthou op watter dorp nie, het ons hierdie vetplant met sy waarskuwing gesien. Ek het dit nogal geniet!
Uiteindelik, weer na donker, kom ons op River House (vir my sommer Rivierhuisie) aan. Dis die tweede keer wat ons by Pieter le Roux-hulle se fantastiese blyplekkie slaap. Ek sal dit 100 keer aanbeveel.
Ons oorspronklike bespreking was vir een van die kampeerplekkies, maar na die koue nag in Mokala, die ysige winde wat ons telkens begroet het wanneer ons vir 'n draailoop stilgehou het, het Andries gevra dat ek sal skakel en hoor of daar 'n huisie beskikbaar is.
Hiervoor was ek baie dankbaar! 'n Warm bad en 'n warm bed! Met die bonus, ek hoef nie éérs tent op te slaan voordat ek kan gaan slaap nie!
Wonderlik toe ons dieselfde huisie as die vorige jaar kry. Ek sou dit graag 'n instelling wou maak, maar dis wensdenkery.
Met ysige vingers en hande het ons die waentjie uitgepak, koffie water aangeskakel en gereed gemaak vir Henry se GROOT dag. Hy moes vroeg bed toe, want die rylyf moet immers herstel om gereed te wees vir die gimnaslyf die volgende dag...
Leticia het haar weer voluit geniet met die kamera....
Subscribe to:
Posts (Atom)