Tuesday, April 4, 2017

'n Bosveldse Bos-troue (deel 6)

Onthaalarea

Reception Area

Wanneer die gaste die deur (sien deel 5) bereik het,
is die raam met tafelplasings die volgende item.

Hierdie raam kom uit die huis waar my ouers ingetrek het.
My ma het die byna die hele huis oorgedoen en baie van die goed wat sy uitgegooi het,
het ons gebruik vir óf die onthaal óf ons tuis"skool".

Die tafelplasings is op etikette, wat ons gewoonlik aan
sakke graan heg, gedruk.

When the guests passed the door (see part 5)
the frame with table placements was the next item.

This frame comes from the new house my parents moved into.
My mother did a lot of renovations and a lot of the things thrown out
were used either for the wedding or for our homeschool.

Placements were printed on bag labels.

Kyk die botteltjie-lampie in die agtergrond....
Just look at the bottle-lamp in the background...

Omdat die onthaal in die bos in die nag sou wees, het ons ook voorsiening
vir muskiete en ander gogga-goeters gemaak....

As the reception was in the bush and well into the night, 
we made provision for mosquitoes and other bugs....

Leticia het hierdie houtkassie self gemaak.
Leticia made this wooden box herself


Hierin het ons 'n paar spuitbottels, rome, spuitkannetjies en dies meer
vol insekweerder gesit.

The bug repellents were placed in it, with a notice too:
Met natuurlik, 'n kennisgewing daarby:

Die oue en die jonge, besig om met PVA-verf die kennisgewing reg te kry.

Ja, ons weet die spelling is nie so nie, maar ons wou ietsie anders hê. Leticia het 'n oulike Engelse aanhaling gekry
vir hierdie tipe kennisgewing en ons het probeer om iets soortgelyks in Afrikaans te skep.
Muti - for our overseas readers - is a local word for medicines or remedies.

Maar - hierdie was feitlik onnodig.
Omdat ons so baie olielampies in die bome gehad het,
wat almal met sitronella-olie gewerk het, 
was daar geen insekte in die omgewing nie.

This precaution proved unnecessary as the citronella oil in all the 
bottle-lamps were deterrent enough.
We didn't even had flies.

Digby die raam met tafelplasings was die "tafel" vir die troukoek ('n drielaag
pavlova met vars aarbeie en bloubessies en geklopte "Orley Whip")
wat ook diens gedoen het as kateder vir die seremoniemeester
en die manne wat die heildronke ingestel het.

Hierdie houtkratte het Leticia seker 'n jaar of twee terug gemaak vir die
 selfgemaakte kaste wat sy in haar kamer gesit het.
Die een het nege hokkies waarbinne 'n krat elk pas, 
die ander ses.

Close to the frame with table placements, was  the "table" for the wedding cake
(a three tier pavlova with fresh strawberries and blue berries, 
with whipped Orley Whip). This "table" also served as the
cathedre for the master of ceremonies
and the men who set the toasts.

This wooden crates were made by Leticia herself a year or two before
to fit into the cupboards she made for her room.


Aan die linkerkant van hierdie krattestapel was die bruidstafel,
aan die regterkant die koeldranktafel.
Reg agter, presies by die groot bal van die mikrofoon, 
is die kampvuur gebou en 
reg oorkant was die koffietafel.

To the left of the "crate pile" was the bride's table,
to the right the table with cool drinks.
Right behind the cathedre, exactly at the back of the microphone's ball,
the camp fire was build and
right across was the coffee table.

Koeldranktafel:
Die heldergeel ligte aan die linkerkant is die weerkaatsers van die sleepwaentjie waarin 
die klankstelsel was. Al die ander liggies is die bottellampies in die bome.


Koffietafel;



Ongelukkig het die stomp nie tot sy reg gekom nie....

Sadly the stump didn't come into its own...

Die stomp...

Leticia het in hierdie ou stomp baie potensiaal gesien.
Leticia saw potential in this stump

Sy het aan die werk gespring
...and started to work...



En uiteindelik was hy reg vir die tafel.
...at last it was ready for the table.


Sy wou hom op die grond voor die tafel gehad het, 
maar tussen al die helpers en die oorlosie wat ongenadig aanhou tik het
het dinge net nie so uitgewerk nie.

She would've likened it on the ground in front of the table
but it didn't work out that way.

The word "boeretroos" literally means "farmer's consolation"
and refers to coffee


Die foto is weliswaar uit fokus,
maar let tog op na die houers waarin die koffiepoeier, 
teesakkies, melkpoeier en suiker was....

Dit is ou Frisco-koffiehouers, nog van glas, wat my ma en skoonma nog al die jare
gebêre en gebruik het.
Leticia het 'n nuwe plan gemaak...

Although the focus is not brilliant, do take a look at the coffee, sugar, etc holders.
It is old glass coffee-containers which my mother and mother-in-law uses to this day.

Leticia made a new plan...

Deur Google het sy uitgevind dat sy plakkers kan maak
van gedrukte woorde en breë kleeflint.
Druk eenvoudig die woorde met 'n laserdrukker....
plak die kleeflint bo-oor en vryf al die lugborrels uit.
Dan word die papier in water gesit vir 'n minuut of twee
sodat die papier behoorlik nat word en afgevryf kan word.

Siedaar - 'n plakker gereed vir die bottel. So het al die bottels nuwe name gekry.

She made stickers for the bottles, using Google, the laser printer,
wide cellotape and some water to remove the paper after sticking the
cellotape on the printed area.

Langs die koffietafel was die kostafels.
Hier het ons wel elektriese ligte gebruik tydens opskep - 
mens wil darem sien wat jy eet, dan nie?

Next to the coffee table was the buffet.
Here we had electric lights - you'd rather see what you eat, won't you?





Die blomruikers wat in die kerk gebruik was, het ons so, langs die kostafel,
langs die kateder en langs die geskenkerak geplaas.

Die ekstra blomme (daar was nog baie) het ons sommer in hul kanne
net rond en bont neergesit. Dit is immers tog plaas en bos....

Tussen die kostafel en die broodtafel, was 'n opening waardeur die 
kombuispersoneel en die spyseniermense kon beweeg.

The flower arrangements used in the church, were placed
next to the buffet, the cathedre and the gift-spot.

All the extra flowers (there was quite a lot) was simply put around
in there holders. It is a farm and bush wedding - so why not?

Between the buffet and bread table, was an opening for the
kitchen personnel and catering people to move.

Kyk net hoe het die klip-lampie gelyk in die aand....


...dis hy daar aan die regterkant van die tafel, agter die brode.

Die twee houttafels wat vir die koffie en die brode gebruik was,
is skoonma se stryktafels, wat in die fleur van hul lewe kombuistafels was.

So kan 'n mens, bloot die goed wat jy reeds het, gebruik binne 'n knap
begroting en met 'n gemaklike tema.

The ligth at the right back in the photo above, is one of those made from stone.

Kosvoorbereiding


Die kombuistent en die afdak vir die spitbraaiers was buite die bos,
 aan dieselfde kant as die parkering gewees.
Hier was kragopwekkers en elektriese lig asook kragproppe
vir daardie skielike nood...

Ons het 'n kleinerige kisvrieskas van die huis af saamgebring
om die ys in te hou.
Die wasbakke is geleen by ons pastoriemoeder.
Dan is daar rakke vanuit Andries se werkswinkel ingedra 
om al die skottelgoed te kan neersit.

The kitchen was in this tent and just across, was the canvas canopy for the spit-braai.
It was outside the bush, in the parking area vicinity. They were equipped with generators, 
electric lights and power outlets.

We brought a small freezer from our home for the ice.
Basin was borrowed from our minister's wife
and the shelves came from Andries' workshop.
Op 'n draf - die tyd loop en ons kry nie klaar nie.
Die arme spysenier was behoorlik op haar senuwees
omdat ons nie betyds vir ons dogter se troue sal wees nie!

Reg oorkant die kombuistent, was die spitbraaiers se afdak.


Vyf skape op die spit met die baasbraaier in beheer.
Dit was so lekker, dat sommige van die gaste hulleself sommer
met padkos behelp het!

With five sheep on the spit and the master of braai in control.
It was so good that some guests even helped themselves with a take away too.

My grootste taak was die meringue-nessies....
'n Volle 180 van hulle.
en natuurlik die pavlovas - drie van hulle

'n Uitdaging, omdat Leticia opsluit die pavlovas van heuning, stevia of
kokosneutsuiker (gemaak van die blom van die kokosneutpalm) wou gehad het,
en dit bly flop.
Maak nie saak hoe ek dit prakseer nie, dit werk net nie.
Uiteindelik, Vrydagoggend, het sy bes gegee en ons die pavlovas
van gewone strooi- en versiersuiker gebak.

(of daar ooit 'n foto van die "troukoek" geneem is, weet ek eerlik nie!)

I had to do the meringue-nests - a whooping 180 of them -
as well as three pavlovas.

Quite a challenge, as Leticia wished the pavlovas to be made with honey,
stevia or coconut sugar - and they all flopped!
Never mind how I tried to tweak the recipe, it didn't work.
Eventually, Friday morning, she succumbed and we baked the pavlovas with
plain castor and icing sugar.

I don't think a photo of the wedding cake exists...



Die spyskaart?

Versnaperinge by die wa:
Droëwors
Biltongore - gewoon
Biltongore - chillie
Sout springmielies
Karamelspringmielies

Hoofmaal:
Skaap op die spit gebraai
Hoenderdye met heuning en mosterd
Aartappels met olyfolie en pietersielie
Botterneutskorsie met heuning en kaneel
Groenslaai (enige groenigheid met Orley Whip)

Nagereg:
Meringuenessies gevul met
vrugteslaai en mokkaroom

Drankies:
Pynappelbier
Gemmerbier
Ystee
Aangemaakte vrugtesap
Koffie
Tee
Rooibostee


Interessante ander hoekies....

Leticia, die kleuterskoolonderwyseres, het 'n hoekie vir die kinders gemaak,
'n plekkie waar hulle kan kuier en sommer net hulself vermaak.

Die stoeltjies het sy lank gelede al van palette gemaak.
Die tafeltjie kom uit my ma (en my) kinderjare...

Hier het sy inkleurboeke en vetkryte neergesit
En die kinders het dit geniet!

Being a kindergarten teacher, Leticia created a corner for the children
where they can play and enjoy themselves.

She had made the chairs a while ago from pallets
The small table originate in my mother's childhood

With colouring books and crayons the children made thorough use of it.




Geskenketafel

Met 'n ma wat nie lekker verstaan presies wat die bruid verwag nie
was dit dikwels makliker om net te wys....

Mother not understanding, the bride simply showed what she wanted...



So iets ma... dis hoe dit moet lyk....

En só het dit toe gelyk....

and it looked like this...



Ou-ou koffers, regte koffers.
So word die "lewensreis"-tema verder gevat.

En as enigiemand 'n koffer soos die heel onderste een raakloop, 
gemaak van karton en leer... asb, oormerk hom vir my!

In my huis word dié een gebruik om ons dvd's in te bêre - en hy is nou al vol...

Die twee kleineres behoort aan my ma.

Tafelversierings

Hierdie was 'n uitdaging, selfs vir die kreatiewe Leticia
Om 23 tafels te dek, binne 'n plaastema, sonder om een te herhaal...

Sy het vooraf 'n klomp goed gemaak... 
Veral die windpompe en die takke-loper was vir my besonders.

Dan het sy 'n tafel gedek, gefotografeer en vir my 'n voorbeeld
gegee van presies hoe die tafel moet lyk...

Ek gaan 'n klomp foto's nou deel met enkele byskrifte daarby.

Decorating 23 tables, each one looking different, even for the creative Leticia
that posed a challenge, having them all with a farm theme...

She made a lot of decorations beforehand.
The wind pumps and the stick-overlay being something very special.

She laid every table, photographed it so that I can have an example of what it must look like.

I'll share some photos of this now.

Die ontwerp en maak van die windpompe

Sy het twee windpompe gemaak. Een kleiner as die ander
Dit is gemaak met ou geroeste draad en ou (of nuwe) geroeste blikke.
Die nuwe blik het sy geroes mbv asyn, sout en water.








En mense, sy het dit letterlik sélf gemaak. Gusté het bloot hier en daar gesoldeer of geplak,
maar die fisiese draadwerk, die sny van die yster, dit alles het sy self gedoen.


Die ander item wat baie van haar gevra het, maar wat sy graag wou doen
is die takke-loper.

Eers is olyftakke gesny....


Geen spesifieke rede vir die olyftakke nie.
Dis net dat ons olyfboom sulke wilde waterlote gemaak het
wat almal darem min of meer redelik reguit gegroei het.


Daarna is al hierdie takke aanmekaar vasgemaak met 'n dubbele tou
en baie eina-knyp-vingers...



Tinktinkie het telkens kom kyk waarheen "haar" stokke verdwyn.
As sy die kans kry, het sy een gegryp en gehol.


Die trotse skepper van 'n pragtige tafelloper...
...wat helaas te breed was en toe met 'n snoeiskêr bygedam moes word.



En laastens

Tafelvoorbeelde

Die foto's wat Leticia geneem het om aan al die helpers
'n idee te gee van wat sy in gedagte gehad het.

Ek wens so ek kon nou al die foto's van die eindproduk - die gedekte tafels -
geplaas het. Maar ons het dit nog nie gekry nie.... 

Examples of the tables.
I wish I could show you the end result with each 
 - but we haven't received the photos as yet.


























Daar's hy - 'n hele tas vol idees...

As jy nou 'n gunsteling onder die tafels moes kies (so uit haar voorbeelde uit)
watter een sou dit wees?

I you could choose your favourite from the examples - which one would it be...?

Groetnis


1 comment: