Sunday, July 23, 2017

Hoe gaan dit met jou...?

Vanoggend se skermpreek (dis nou wanneer ons nie 'n aflos-predikant kon kry nie en na 'n opgeneemde video van 'n erediens kyk. Soveel beter as vroeƫr jare se leespreke, waar 'n ouderling 'n geskrewe preek voorgelees het.) het gehandel oor omgee. Die verbond wat God met ons gesluit het, sluit onder meer in dat ons as gelowiges vir mekaar moet omgee, vreugde, hartseer, laste, pyne, alles moet deel.