Friday, February 24, 2012

Facebook - 'n Liefde / Haat verhouding



Ek het my facebook-alterego gegroet.
Ek moes net.
Ek móés net!

Want hierdie is 'n verslawing. Net soos enige dwelm afhanklikheid. Die belangrikste in hierdie definisie op Wikipedia is die woorde: "excessive computer use that interferes with daily life". En dit is waarom ek moes breek.


Daar is selfs 'n toets aanlyn waarmee jy jou mate van internet-afhnaklikheid kan gaan toets. Ek toets nog nie heeltemal "junkie" nie:


Congratulations, your score is: 64
50 -79 points: You are experiencing occasional or frequent problems because of the Internet. You should consider their full impact on your life.


Maar wanneer jou huisgenote begin kla, dan moet jy werk maak daarvan.


Ek hoop om weer meer tyd aan my kuierwerf te spandeer, want hier het ek in die begin my menswees kon verwoord. Hier kon ek myself uitpluis. Miskien nie naastenby die hoeveelheid ure wat facebook van my gesteel het nie, maar darem meer gereeld as die afgelope jaar of twee.


Groetnis