Saturday, February 25, 2012

Om te toets - persoonlikheid


Ek het op my vorige kuierwerf (by blat.co.za) hierdie 
Sommer vir die aardigheid wou ek dit nou weer aflê....

En dit bly dieselfde. Ek is wie ek is. Niks het verander nie....

Dit bly vir my 'n interessante oefening. 
En dit beskryf my menswees so akkuraat, 
so waar, dat ek soms skrik.

Volgens my persoonlikheidsprofiel val ek onder die "ingenieurs-tipe". 
Wat my hiervan nogal opval is dat ek gedurende my matriek jaar, 
toe ek so gewonder het wat moet ek word, waarvoor moet ek studeer, 
ingenieurswese die rigting was waarvoor ek by die PUK ingeskryf het.

Nie dat ek dit gevolg het nie! O, nee, 
binne 'n week se somerskool geweet - huh-uh, nie vir my nie.

Daarna het ek vir 'n suiwer B.Sc met vakke soos 
Rekenaarprogrammering, Wiskunde, 
Fisika en Chemie ingeskryf.
EISH!

Na twee weke van klasdraf, bestorm ek die 
Beroepskonsultante se kantore.
En hulle doen weer 'n hele battery toetse op my.

Uiteindelik het ek my rigting, my nis.
Hoofvakke: Rekenaarprogrammering en Personeelbestuur.
Met Statistiek tot op derdejaarsvlak.
Ook Wiskunde 2, Bedryfsekonomie 2, Rekeningkunde 1.
Te heerlik


Maar terug by die persoonlikheidstoets en die beskrywing daarvan.

Principles - Beginsels


"INTPs are relatively easy-going and amenable to most anything ...
until their principles are violated, 
about which they may become outspoken and inflexible. 
They prefer to return, however, to a reserved albeit benign ambiance, 
not wishing to make spectacles of themselves."



Dit is baie waar. Beginsels bepaal my menswees 
en ek sal nie 'n beginsel ter wille van enigiets anders oorboord gooi nie. 
Aborsie is verkeerd, punt klaar. En so voel ek oor baie dinge. 
Maar ek gaan jou nie toegooi met my opinie nie, 
tensy jy my daaromtrent uitvra, 
dan mag ek dalk nooit ophou praat nie. :-) 


(giggel) Een van die vrae in die toets was
"Do you value mercy or justice
.... en ek het nie baie genade nie; 
my emosionele, menslike kant is nie baie sterk nie.



Thinker - Denker
"The INTP is above all a thinker and his inner (private) world is a place governed by a strong sense of logical structure. Every experience is to be rigorously analysed, the task of the INTP's mind is to fit each encountered idea or experience into a larger structure defined by logic."
An INTP Profile (intp.org)
Of soos Martie du Plessis van Dynamis dit gestel het. Ek dink baie (en doen min), ek het 'n wolkie waarheen ek vlug om die wêreld te deurdink.

'n Ander uiteensetting stel dieselfde "denker"-patroon as volg:
"INTPs contribute a logical, system-building approach to their work. They like being the architect of a plan, because of the scheming and thinking involved, far more than being the implementer of that plan. Implementation tends to be drudgery. They are content to sit back and think about what might work, given their view of the situation. INTPs may ignore standard operating procedures. The hours that they spend are not what is important to them, but rather the completion of their thought process"
INTP - The Wizard (Lifexplore)



Analyzing - Analities
Die volgende stukkie laat my nogal lag kry, maar dit is erg beskrywend. - die regte deurmekaar proffie tipe, jy weet!

"INTPs live in the world of theoretical possibilities. They see everything in terms of how it could be improved, or what it could be turned into. They live primarily inside their own minds, having the ability to analyze difficult problems, identify patterns, and come up with logical explanations. They seek clarity in everything, and are therefore driven to build knowledge. They are the "absent-minded professors", who highly value intelligence and the ability to apply logic to theories to find solutions."
Portrait of an INTP (The Personality Page)

Die ewige soek na die logiese verklaring - daai wiskundige deel.



Solitude - Eensaamheid
As deel van ons Personeelbestuur-kursus het ons verskillende van die groot sielkundiges se werke bestudeer. Onder andere ook Jung. Sy verduideliking van die "Engineer-type":

"likes solitude, not revealing, unemotional, rule breaker, avoidant, familiar with the darkside, skeptical, acts without consulting others"
Jung Type Descriptions (INTP) (similarminds.com)


En dit raak my direk.
Ek is nie emosioneel nie. Wys nie wat ek voel nie.
En ja, ek is bekend met die donker kant - kry maar gereeld depressie-aanvalle.
Ek is geweldig skepties en vertrou nie maklik nie.


En ek verkies my eie geselskap - beslis.
Ek loop my eie pad en volg my eie kop - 
ondervra definitief nie 'n klomp mense voordat ek 'n besluit neem nie.

Die "rule breaker" gedeelte is nie regtig ek nie. Tensy jy die feit dat ek my eie kop volg en nie die aanvaarde, gemeenskapsroete nie, as wetsoortredend beskou 
(o en dan die feit dat ek nie maklik binne die spoedgrens kan bly nie! :D ).


Wat vir my insiggewend was van hierdie toets is die beroepsvoorstelle vir hierdie persoonlikheidstipe.
Onder die beroepe is die volgende vir nou van belang:

(1)  Engineer    (2) Computer Programmer   (3)  Human Resources Manager               
(4)  Musician    (5) Financial Planner            
(6) Mathematician                   
                                   

In my geskiedenis het ek
(1) vir ingenieurswese ingeskryf
(2) Rekenaarprogrammering studeer
(3) Personeelbestuur studeer
(4) Gr 7 musiek by Royal Schools  
      klaargemaak en speel nog dikwels
(5) Doen ek die boerdery se boekhouding, 
     BTW en kontantvloei-begroting
(6) Gee ek wiskunde-ekstra-klasse.


Maar die interessantste wat ek vandag raakgesien het:
Slegs 2.5% van die totale bevolking is INTP's (Ingenieur-tipe)
Slegs 4% van die mansgeslag is INTP's
Slegs 1% van die vrouegslag is INTP's
(vir die wat wonder: INTP staan vir - 
Introvert
iNtuition
Thinking
Perceiving)

Dus......
Ek is 'n freak, 'n uitsondering, 'n rariteit.
Baie skaars en Uniek!!

En ek geniet dit gate uit!
Mooi dag




Met apologie en dank aan al die webwerwe waar ek foto's by gaan leen het.