Tuesday, September 11, 2012

Sampioene...Eetbaar?



Kan 'n mens dit waag?

Om sommerso self sampioene (waarvan jy nog nooit eens gehoor het nie) self te kweek?

                                            Dit was 'n groot       
                                                     'n Waagstuk.

Jy ken die storie van die vrou wie se mans so een na die ander gesterf het.
Almal onverklaarbaar dood.

Tot nommer 5 toe ook sterf - maar gewelddadig.
     Regtig 'n riller.
     


 eers met die koperpan oor die kop gemoker

     




toe die marmerkoekroller


             
       

                                    en hy is van die trappe afgestamp....

Na die polisie-ondersoek oor die oorsaak van die sterfte, word die vrou in hegtenis geneem.
Op die vraag: "Hoekom? Hoekom soveel geweld?" antwoord sy droogweg: "Maar, edelagbare, hy wou nie sy sampioene eet nie."


Ek het geleidelik al meer opgelees en navraag gedoen oor gesonde eetpatrone. Ek is redelik keelvol vir pille sluk en dokters betaal sonder dat daar enige verbetering in my gesin se algehele gesondheid kom. Die boek "Eat Right for your Type" deur Dr Peter J. D'Adamo het die antwoorde grootliks gebied en ek het ons huisgesin se dieet daarvolgens aangepas....

en 'n nuwe wêreld vou voor my oop.

Al ooit gehoor van oestersampioene? Of Abalone, Chantarelles, Enoki, en nog ander ook?? Wel, ek het nog nooit iets anders as Denny's se sampioene, hetsy groot bruin of klein wit knopies geken nie. Maar bloedgroep O kan dit nie eet nie.... en ons lief ons sampioene.

Dit bring outomaties 'n soektog voort.... Google is die antwoord. En was ek verras om te sien - ek kan sowaar my eie sampioene in 'n boks kweek.

By http://www.mushroomfactory.co.za/ kan jy jou eie pakket bestel en begin kweek.... Kos 'n paar rand en 'n mens (veral ons op die vlakte en in die asbeshuis) het nie noodwendig die ideale omstandighede vir die kweek van die sampioene nie. Myne het ek binne-in my hangkas gesit - lekker donker. Gereeld met 'n botteltjie water natgesproei en sowaar, dit het gegroei.

Nou was die groot vraag: Wie gaan proefkonyn speel?


Ek is op soek na die foto's wat ons van die sampioen projek geneem het. Sodra ek dit gevind het, plaas ek dit hier.

Groetnis












Sunday, September 9, 2012

Skuil daar meer agter........daai Naam??

Name en die betekenis daarvan het my nog nooit gepla nie.
Ek het eerlik nooit daaroor gedink nie.

'n Naam is 'n Naam...

Tog verander die Here vele persone se name in die Bybelse tyd. Abram word Abraham, want die woord beteken iets. Sarai word Sara, Jakob word Israel, Salomo word Jedidja, Simon - Petrus, Saulus - Paulus.

Dan moet daar mos meer in steek as net .... sommer?

Ekself is 'n voorstander van vernoeming en is mal oor ons tradisie van familiename. Daarom het my kinders al vier familiename. Oudste dogter, my ma se name, oudste seun manlief se pa se name, ens.

En skielik wonder ek: Wat beteken ons name?

Google is darem maar 'n wonderlike ding... (hoeveel waarheid agter alles is, sal g'n mens verseker weet nie, maar kom ons speel-speel dis alles waar).

KEYTER
""Boer met 'n klein plasie."

Wel, in ons geval is dit darem nog 'n boer.... :-)

Andries Petrus
"Andries" is man.
"Petrus" is rots.

En dit is presies wat en wie my geliefde vir my en ons huisgesin is.
                Rotsvas.
                Die man wat ons beskerm, versorg.
                Die een na wie ons kan opkyk vir leiding, want soos 'n rots, staan hy vas.


Marelize
'n Samestelling uit my ouma se name:
"Elizabeth" - God se belofte; Eed van God; Ek is God se dogter
"Maria" - Bitterheid; Rebelsheid; ook Geliefde

Was nogal vir my 'n skok om die betekenis van die name op te lees.
     So baie naby sny dit.
           Ek, die bederfde, die begenadigde, geliefde en dogter van God... 
           ek, die rebelse, negatiewe, depressiewe.....


Ons kinders is vernoem na die grootouers.

Leticia
'n Samestelling uit haar ouma se name:
"Cecilia" - blind
"Aletta" - waarheid
"Leticia" beteken Vreugde

Vreugde was hierdie eerste swangerskap. 
Vreugde was 'n popmooi prinsessie wat ontpop in 'n lieflike dame.
Vreugde is dit om te sien hoe sy haar geloof en beginsels uitleef.
Blindelingse vreugde en 'n voorliefde vir waarheid... dis onse meisiekind. Borrelende vreugde.

Henry
Vernoem na sy oupa
"Henry" - 'home-ruler'
"Deighton" - eintlik 'n van, maar die betekenis daarvan is 'n plasie (dorpie) omring met dyke

Ons oudste seun. Die dromer, die "huishen".
Lief vir tuis-wees.
Lief vir die bos en alles wat dit inhou.
'n Waardige man wat nie sy vrou en huis sal afskeep ter wille van sy eie gewin nie.
En definitief nie 'n in stad of groot dorp sal woon nie....

Johan
Ook vernoem na oupa - aan die Lübbe-kant.
"Johan" - God is genadig; Geskenk van God
"Christiaan" - Christen; volgeling of dissipel van God

Die "geskenk"-baba. Die onverwagse seëning.
    Na ons hoop opgegee het, het God Homself getrou bewys.
My gebed is dat hierdie genadegawe uit God se hand, Hom in opregtheid sal volg en dien.
'n Seun wat graag almal tevrede en gelukkig wil stel.
'n Seun wat altyd onmiddellik gehoorsaam, wat poog om vrede te bewaar met sy ouers (maar nie altyd met sy broers en suster nie :-) )
'n Jongeling wie se hande tegnies staan....

André
Pa se name.
"Andries" - man
"Petrus" - rots

Selfs met die aankondiging van sy geboorte, het ons steeds nie God se hart verstaan nie.
Ek was geskok - byna ontsteld.
Maar na 'n preek van dr Willie Marais, wat eintlik oor huwelike moes handel en wat hy begin het met die woorde: "As jy hier sit en swanger is, sonder dat jy vir daardie baba gebid het, beter jy nou begin bid." en ek het net geweet, soos wat 'n mens alleen deur die Heilige Gees kan wéét, God praat met my en ek het vir die eerste keer my hart kon uithuil en my gemoed voor God uitgestort.

'n Verdere geskenk omdat God nog met my 'n pad moes stap.
'n Man-mens omdat God ook vir hom 'n pad beplan het waarin jy 'n rots vir sy gesin moet word.
Op hierdie stadium nog 'n ondeund in wie se ogies onnutsigheid vonkel, maar 'n klein-klein hartjie wat baie bang is vir pakslae.
Die outjie wat ons laat lag en verseker dat God ons lief het.



Nou moes ek terugstaan en besef, 

           al het ek dit nie "beplan" nie,
                             het God dit lankal reeds geweet.
                                    
Elkeen van ons se name
het 'n unieke betekenis
en Hy het dit so beplan.
Want Hy het ons voor geboorte, 
voor vorming
reeds op die naam geroep.

En die naam gekoppel aan ons elkeen se unieke
menswees
persoonlikheid
roeping.