Tuesday, September 11, 2012

Sampioene...Eetbaar?



Kan 'n mens dit waag?

Om sommerso self sampioene (waarvan jy nog nooit eens gehoor het nie) self te kweek?

                                            Dit was 'n groot       
                                                     'n Waagstuk.

Jy ken die storie van die vrou wie se mans so een na die ander gesterf het.
Almal onverklaarbaar dood.

Tot nommer 5 toe ook sterf - maar gewelddadig.
     Regtig 'n riller.
     


 eers met die koperpan oor die kop gemoker

     




toe die marmerkoekroller


             
       

                                    en hy is van die trappe afgestamp....

Na die polisie-ondersoek oor die oorsaak van die sterfte, word die vrou in hegtenis geneem.
Op die vraag: "Hoekom? Hoekom soveel geweld?" antwoord sy droogweg: "Maar, edelagbare, hy wou nie sy sampioene eet nie."


Ek het geleidelik al meer opgelees en navraag gedoen oor gesonde eetpatrone. Ek is redelik keelvol vir pille sluk en dokters betaal sonder dat daar enige verbetering in my gesin se algehele gesondheid kom. Die boek "Eat Right for your Type" deur Dr Peter J. D'Adamo het die antwoorde grootliks gebied en ek het ons huisgesin se dieet daarvolgens aangepas....

en 'n nuwe wêreld vou voor my oop.

Al ooit gehoor van oestersampioene? Of Abalone, Chantarelles, Enoki, en nog ander ook?? Wel, ek het nog nooit iets anders as Denny's se sampioene, hetsy groot bruin of klein wit knopies geken nie. Maar bloedgroep O kan dit nie eet nie.... en ons lief ons sampioene.

Dit bring outomaties 'n soektog voort.... Google is die antwoord. En was ek verras om te sien - ek kan sowaar my eie sampioene in 'n boks kweek.

By http://www.mushroomfactory.co.za/ kan jy jou eie pakket bestel en begin kweek.... Kos 'n paar rand en 'n mens (veral ons op die vlakte en in die asbeshuis) het nie noodwendig die ideale omstandighede vir die kweek van die sampioene nie. Myne het ek binne-in my hangkas gesit - lekker donker. Gereeld met 'n botteltjie water natgesproei en sowaar, dit het gegroei.

Nou was die groot vraag: Wie gaan proefkonyn speel?


Ek is op soek na die foto's wat ons van die sampioen projek geneem het. Sodra ek dit gevind het, plaas ek dit hier.

Groetnis