Wie, Wat, Waaroor?



Gereformeerd, Calvinisties, Christenvrou
Konserwatief, behoudend.
Bosveldboere, saaiboere.
Tuisopvoeder.
Lief vir my land en my volk.
Lief vir my eie taal.

Daarom kuier ek in Afrikaans.
Daarom kuier ek dikwels oor onderwerpe wat my na aan die hart lê: my gesin, my godsdiens en my God, die boerdery, tuisopvoeding.

Hierdie is my kuierwerf en indien dit jou nie aanstaan nie, aan die regterkant van jou skerm - heelbo - is daar 'n kruisie. Kliek daarop.

Geen feminis.
Glo ek daarin dat ek as vrou aan my man, wat deur God self as hoof van ons huis aangewys is, onderdanig moet wees soos wat ek as Christen aan Christus onderdanig moet wees.
Weet ek dat ek geroepe is om ons seëninge tuis op te voed.

Ek is Marelize. Ma van vier prag-kinders. Vrou van die wonderlikste man op hierdie aardbodem.

Welkom!!
Geniet dit hier saam met my.

3 comments:

  1. Hi Marelize :) Blytekenne :)

    ReplyDelete
  2. Welkom aan jou, Lizanne. Hoop ek hoor nog baie van jou en sien jou gesiggie gereeld hier om my kombuistafel... :)

    ReplyDelete
  3. Anonymous14 June, 2012

    Ons maak klaar na 12 jaar se tuiskkool! Julle ander outjies moet vasbyt!Liefde groete Truida

    ReplyDelete