Die nuutste
uitgawe van Die Boodskapper,
die AP Kerk se amptelike blad, handel oor “Die heerlikheid van die sewende
gebod.”
Dis ’n publikasie vol jubeling, een van die beste uitgawes.
Miskien juis omdat huwelike en kinders gebore binne hierdie
Godgegewe verhouding, my so na aan die hart
lê. Met artikelopskrifte
soos “Ons Huweliksliefde en die Koninkryk”, “Jou Huwelik – nodig vir die
Verbond”, “God se doel met die huwelik”, “Saamwoon en saamslaap” is elke enkele
artikel ’n kuier op sigself werd...
Ek wil egter net breedweg aansny by enkele stellings en opmerkings
in sommige van die artikels (ek wens die publikasie was as e-tydskrif of ten
minste aanlyn beskikbaar, maar ongelukkig nie. Dit kan wel bestel word vanaf boodskapper@apk.co.za en
kos R16 per eksemplaar.)
Die heel eerste artikel verwys na ons huwelike wat ’n VOORBEELD
moet wees van die verhouding wat daar tussen God (as bruidegom - Mt 25:1-13, Mk
2:18-22, Joh 3:22-36) en sy kerk (as bruid - Op 21:2 & 9) bestaan. Jou en
my huwelik is die eerste sigbare, tasbare beeld van God se liefde vir die
mensdom - Ef. 5:22-33. Jou en my getrouheid binne die huwelik dui op God se
getrouheid binne die verbond. Op sovele plekke, in die profetiese boeke, word
na die volk se ontrouheid verwys as dieselfde van ’n ontugtige vrou.
Die tweede sluit hierby aan en vat dit verder.
God het van die begin af ’n stewige MONOGAME huwelik tussen een
man en een vrou daargestel en die doel van hierdie verbintenis: God soek ’n
geslag vir Hom op aarde. ’n Goddelike nageslag - Mal 2:15. Deur hierdie
Goddelike nageslag word God se verbond met Abraham verder voortgedra. God bou
self hierdie nageslag (Hy bepaal immers wie kinders kan hê en ook hoeveel
kinders elke egpaar gaan hê) en God voorsien alles wat daarvoor nodig is ook.
Is dit nie ’n wonderlike rede tot dankbaarheid nie?
Die volgende paar artikels raak die teer onderwerp: Saamslaap en
Saamwoon aan. Te veel Christene val vir die leuen “almal doen dit”. Ek wil nie
in hierdie kuier daarby stilstaan nie, maar wil tog twee kosbaarhede uitlig.
Ds. Danilo Stoltz skryf dat daar twee gedagtes is om mee rekening
te hou.
Versoeking en Getuienis.
Geeneen van ons kan eerlik erken dat ons nog nooit voor
versoekings geswig het nie.
Hieroor skryf hy: “Wanneer twee gelowige Christen verliefdes
besluit om saam te woon, maar nie seksueel aktief te wees nie, klink dit
teoreties wonderlik....Hoe kan jy verwag om nie een of ander tyd onder jou
natuur te swig wanneer jy elke dag van jou lewe aan die versoeking blootgestel
word nie?”
Ten opsigte van getuienis vertel hy die verhaal: “’n Man [het] by
geleentheid deur sy vriend se groenteland geloop. Iewers deur die land het sy
skoen losgegaan en het die los rieme hom dikwels laat struikel en die lopery
bemoeilik. Sy metgesel vra toe waarom hy nie sy skoen vasmaak nie? Hy antwoord
toe: ‘Ek is bang iemand buite die land sien my afbuk. Hulle weet nie ek maak my
skoen vas nie en dink dalk ek is besig om groente te steel. Ek sal maar lewer
’n bietjie sukkel om te loop, omdat my getuienis vir my belangrik is.’”
Wat my egter gebind het, was die artikel oor God se Doel met die
Huwelik.
Te midde van al ons frustrasies, irritasies en aanpassingsprobleme
in die huwelik, moet ons altyd onthou dat God se gebod van ons selfverloëning
eis, dat Christenskap diens beteken, diens aan ander, nie aan myself nie. Dat
Christus gekom het om te dien en dieselfde van my verwag, ook in my huwelik.
My huweliksdoel is om God te verheerlik.
My huweliksdoel is om ’n hulp vir die ander helfte van ons eenheid
te wees.
Die doel van ons huwelik is om losbandigheid teë te werk.
Kinders.
Ons besluit?
Ons beplanning?
In Gen. 1:28 word die opdrag gegee, ’n opdrag wat nêrens in die
Woord opgehef word nie.
Hieroor skryf ds. Schalk Strauss: “Om kinders te hê, is dus nie
opsioneel nie. Dit is ’n opdrag van die Here.”
Hoeveel mense ken jy wat self besluit of hulle enigsins kinders
gaan hê? Wat besluit om geen kinders te hê nie?
Nie opsioneel nie, ’n opdrag.
Kinders is ’n seën ("a blessing") van die Here. Of jy een, tien,
twee of twintig het. Jy is nie meer of minder geseënd nie – jy is geseënd.
Foto: http://www.shorpy.com
Vir my gaan dit om meer. God seën ook deur finansies, deur
gesondheid, deur vrede in die land (Deut 7:13). Sommige is egter arm, ander gaan gebuk
onder geweldige fisiese probleme (blindheid, doofheid, gestremdhede) of word
gebore in lande soos Sirië waar oorlog ’n gegewe is...
Goed, wanneer God my seën met finansies.
* Wow, te lekker. Ek kan koop wat ek begeer.
* Ek kan mooimaak, mooi aantrek, in styl rondry en woon.
* Ek kan gereedmaak vir ’n gerieflike en gemaklike oudag.
Of wanneer God my seën met gesondheid (dikwels is dit een wat ons nie eens
raaksien nie).
# Ek kry nie maklik verkoue of griep nie.
# Ek sukkel nie met oorontsteking, sinus en allergieë nie.
# Ek ken nie eens ons
huisdokter se naam nie, weet nie wat bloedtoetse behels of hospitaalprosedures
is nie.
Nogal gaaf en goed hierdie twee laaste nè?
Finansies (ek sou kon doen met ’n miljoen) en gesondheid (’n appel
’n dag laat die dokter wag).
Nou kyk, ek weet nie van jou nie, maar as ek geseën word met
finansies is dit nou nie ’n kraantjie wat ek graag sou wou toedraai nie. Ek
dink dit sou nogal erg wees om vir die Here te sê: “Weet U, Vader, ek het nou
al die afgelope 30 jaar so ’n miljoen of drie weggesit, ek reken dis nou
genoeg. Ek kan daarmee heel lekker aftree en het nie eens nodig om die volgende
30 jaar te werk nie. U kan nou maar ophou om my finansies verder te laat groei.
Dankie, maar nee dankie.
Ek het my beplanning nou uitgewerk en dis nie nodig dat U verder
hiermee of voort te gaan nie. En net om seker te maak dat U nie dalk per
ongeluk nog rente bysit nie, gaan ek my gelde uit die verskillende
beleggingsfondse onttrek.”
Foto: http://www.wpclipart.com
My beplanning is om sovêr moontlik met kieme in aanraking te kom
en die swakste eetgewoontes in die boek toe te pas.”
Toetentaal gek.
Bisar.
Is dit?
Maar kinders?
Die seën van olyfbome om jou tafel?
Pyle in jou koker?
(vgl Ps 127)
“Here, ons kan nie nog kinders bekostig nie, nie as ons vir elkeen
’n ordentlike universiteitsgraad, ’n goeie opvoeding, skool en sport wil gee
nie. Ons kan nie nog kinders finansieel dra en steeds jaarliks vakansie gaan
hou, naweke wegbreek, my gunsteling drankies koop en uiteet nie. Weet U wat kos
weggooidoeke, baba-kos, formulemelk? Maar, net om seker te maak dat daar nie
dalk ’n ‘glipsie’ is nie, gaan ons sommer ’n sterilisasie ook doen.
Dankie, Here, U kan sorg en voorsien vir my ewige lewe, maar hier
op aarde sal ek self sien kom klaar. Hier sal ek besluit hoeveel seën ek wil
hê.”
Gaan dink baie mooi hieroor na......
Dank je wel. Heel herkenbaar allemaal, som is het trouwens best een worsteling allemaal.
ReplyDeleteIk heb pas je blog ontdekt via Jedidja, de titel/ tekst van je weblog, "Ek en my huis, ons sal die Here dien" is mijn verlangen voor ons huis. Daarom spreekt het me zeker aan!
ReplyDeleteHet is trouwens voor mij als nederlander nog best goed te lezen, grappig!
Groet, Magdalena
(http://lerenvanjezus.blogspot.nl/)