Tuesday, March 28, 2017

'n Bosveldse Bos-troue (deel 3)

4. Tydens die diens-goedjies.

Knielkussinkies

"Ag, nee, regtig ma! Ek wil dit nie hê nie.
Alles is plaas en 'plein' - ek soek nie satyn, kant, 
frille en valle nie. In elk geval, hoekom moet ons kniel?"


"Sus, bel vir dominee en vra hom of hy julle gaan laat kniel.
Hulle doen dit gewoonlik wanneer hulle die seën uitspreek,
dan seën hy die egpaar in besonder en die gemeente in die algemeen."

"Ja, maar ons kan sommer op die grond kniel - hoekom nou juis
kussinkies?!" hou sy opstandig vol.
Hierdie dogter van my wat nie eens as klein dogtertjie
rokkies met valle en kant, frille en linte wou dra nie...

"We-e-e-l.... ons kan altyd meelsakkies gebruik Van hierdie wat GWK 
deesdae braaipap in verkoop. Dink net, dan kniel julle op mieliemeel..."
Soms is humor al wat my nog staande hou in hierdie chaos waarin ek my begewe het.

"Ma-a!!!!"

Tog het dit haar gedagtes laat loop en is haar knielkussinkies gebore,
wel, amper....
Ma moes gou maar die naaimasjien inspan en van 'n ou kopkussing en 
die lap wat Leticia eintlik vir los stoelkussings wil bêre, gebruik....

"But I don't want it mom. Everything is farmstyle and plain, 
I don't want satin and lace, all frills and ribbons..
Anyways, why must we kneel?"

"Well, dear, call 'dominee' and ask him if he is going to let you kneel.
They usually let the wedding couple kneel when they pray God's blessing
over them and the congregation."

"But why can't we simply kneel on the ground? Why cushions?"
She was still rebellious.

"We can always use flourbags...! Like the ones GWK sells.
Then you will be kneeling on maize meal instead of a cushion..."
Humour is my only sanity in this chaotic time of my life.

This got her mind in motion and she had an idea
So mom had some more sewing to do.


Ek dink nie daar was al ooit sulke knielkussings voor 'n kansel gelê nie....

I don't think there ever was such prayer cushions in front of a pulpit.

Ringknapie (en -juffer)

Gusté het twee strooijonkers gehad - sy jonger boet Jannie en ons oudste seun Henry.
Jannie-hulle het 'n tweeling, twee dierbare goed... 
Leticia en Gusté het gevra dat Janco die ringe sal vorentoe bring.
Hulle het vermoed dat Suzey nie daarvoor sou kans sien nie.

Die kleuterskooljuffrou in Leticia het egter gevoel
albei moet 'n ringdosie kry,
want met 'n tweeling...

Selfs wanneer ons by oupa-hulle in Newcastle gaan kuier het,
het sus die werk saamgekarwei.
Die twee houtdosies waarin die ringe sou kom, het sy geverf en gekleur.

Leticia's new brother-in-law has twins - a son and a daughter - whom
Leticia and Gusté wanted as ring bearers. They didn't think the little
girl would have the courage to do it. But the brother would.

The preschool teacher in Leticia wanted to give them both a ringbox
simply to prevent possible jealousy.

She took the boxes with, even when visiting oupa and ouma
to complete them all.



'n Derde een ook  - net vir daardie groot miskien, as daar iets verkeerd loop.

Dáárdie Saterdagmiddag....
Vol afwagting het die amper Boshoff-egpaar omgedraai om die jonge
ringknapie met die ringdosie in te wag. 
Die strooijonker-pa het gekniel en die knapie aangemoedig.
Met opgewondenheid plaas hy die ringdosie in sy oom se hande.

Bruidegom draai na sy bruid, maak die dosie oop....
... en dis leeg!

Die ringe!!??

Dan kom die ringjuffrou ook die gang afgestap met haar ringdosie
Sy stap doelgerig op die pragtige bruid af en gee aan háár die ringdosie...

'n Giggel het deur die kerkgebou getrek toe die bruid die dosie oopmaak
en die ringe daarin lê.

Seuntjies sal altyd seuntjies bly en die mamma het dit geweet.
Die dosie in sy hand het hy aanmekaar oop en toe gemaak...
Toe ruil sy die dosies om.

On the wedding day
with anticipation the almost wedded couple turned around to receive the
ring box from the ring bearer.
His father, the groom's best man, kneeled to encourage him.
The little boy gave the box to his uncle.

The groom turned to face his bride,
opened the ring box...
it is empty!

The rings??

Then the little girl came down the aisle with her box too
with determination she approached the bride and gave her the box

Soft laughter went through the congregation as the bride opened the box
and the rings lay glistening there.
Strooijonker, ringknapie en -juffrou en hul slim mamma.

Klere

Skoene

Vir Leticia was haar skoene belangriker as haar rok.
"Aag, ma. Ek gaan die rok net een keer in my hele lewe dra, 
maar my skoene!! Ek gaan hulle nog vir jare daarna dra."

Skoene... nie sommer net hierjy skoene nie (soms het ek gewonder
of gewone ou vellies nie die ding sou doen nie...)
Regte egte "Western Cowboy Boots"

"Aarde my kind! Waar gaan jy sulke goed kry?"
"Ma sal sien. Ek voer dit nog in!"

O, wee.

Wat ook presies is wat sy gedoen het.
Oral in SA gesoek na plekke wat die spesifieke stewels verkoop
en toe, op 'n dag wat sy trourokke gaan aanpas het in die stad,
ook die stewels gaan aanpas - net om die grootte aan haar voet te meet.

Maar dit was steeds goedkoper om dit aanlyn te koop en in te voer.
Die gewag!
Geduld, o geduld.

Toe die skoene aanland - groot opgewondenheid het gou in 'n vraagteken omgesit.
"Ek kry nie eens my voet deur die enkelgedeelte nie ma!"
Die duurste (so voel dit vir my) item op die troue - en dit pas nie!

Gelukkig is daar 'n Google... en word die skoene oor maande gerek, 
deur dit byna daagliks te dra en later met klam sojaboontjies te vul.



Rok

Vol bravade en met baie moed het ek gedink ek sal die rok self maak 
 - 'n liefdestaak...
Maar uiteindelik het rede gewen 
en het ons 'n dame in die dorp gevra
om te help met die rok.

Leticia had vaste idees
En Heleen kon dit ten uitvoer bring.
'n Rok wat kon korter word...
Lank vir kerk, maar kort vir die bos.
Sonder tierlantyntjies...

Later meer oor die rok.

Manne se klere

Vir die mans het Leticia 'n prentjie gehad.... só iets:

Foto vanaf https://za.pinterest.com/pin/321937073341904431/

net... sy wou hulle met strikdasse toerus...
waaraan haar broers net glad nie wou byt nie!

Gusté se onderbaadjie het my verantwoordelikheid geword
en ook die das van die jongeheer wat die blommemeisie gehelp
het met deurdiens...



Die laaste hekkie ten opsigte van die klere, was die kruisbande.

Ons het winkels deurgeloop, maar kon net nêrens donkerbruin
kruisbande kry nie.
Uiteindelik het ons rek gekoop, so 'n perskekleurige een, en dit gekleur.
Na die eerste lapverfdoop, was dit so 'n ligte beige-kleur en moes
dit vir 'n tweede keer deur 'n lapverfbad gaan.



Uiteindelik kon die manne netjies lyk, soos die aster hulle wou hê
(sonder die strikdasse):



Kerkprogram

Ook hierdie het sy self gemaak...



Konfetti

Konfetti vir 'n plaastroue?
Gaan ons hulle met mieliepitte gooi?
Of dalk sojaboontjies?

Maar sy het haar idee reeds lankal vas.
Vaalbossade.. (sien foto hier).

(kyk gerus my skrywe oor Onafhanklikheid, geskryf die dag toe ons sade bymekaargemaak het)

Hierdie sade het ons in plastiese sakke met naftaleenballetjies (motballetjies)
gebêre sodat die goggas dit nie kan bykom nie.
Vrydag voor die troue het hulle ook 'n klompie vaalbosblare gepluk
en by die sade ingemeng....


Die twee jonger broers het elkeen so 'n kratvol konfetti gehad
 om aan die gaste uit te deel.


5. Die onthaal - voorbereidings

Beligting

Dit was sekerlik die grootste uitdaging.

Binne-in die bos.
Daar waar geen elektriese lyne loop nie.
Daar waar geen waterpype is nie.
Met net voëlgesang, dreuning van sonbesies
en af en toe 'n koedoe of 'n vlakvark wat nuuskierig oë wys.

Hoe gemaak met 'n laatmiddagtroue en lig?
Mens wil tog sien wat jy eet, 
waarheen jy loop, 
waar die ander mense is...



Lampies...?
Kerse....?
Elektriese lig....?

Weer was Google die plek om te soek.
En wanneer 'n mens twee vlieë met een hou kan klap,
dan doen jy dit!

Eers moes ons genoeg leë bottels kry - mét hul deksels!!

Daarna moes al die etikette afgehaal word.


{jammer vir die gehalte van die foto's - 
my tablet het die swakste fotograaf denkbaar!}

Bierbottels, Appletiser bottels, mengeldrankiebottels...

Volgende was die deksels.
Elkeen moet 'n klein ronde gaatjie kry om asem te haal
en 'n langwerpige (skroewedraaier) gaatjie waardeur die
lamppit gedruk kon word.



Elke lampie is gevul met water, dan word 100ml uitgetap
en sitronella-lampolie ingegooi.
Die lamppit moet net lank genoeg wees om in die olie te lê.


Maar sou dit genoeg lig gee?

Gewapen met sewe sulke lampies is ons skemer een aand na die bos-plaas
Ons het die sewe lampies aan die bome vasgemaak en gewag tot donker
om dit aan te steek en na hul ligverspreiding te kyk.

"Drink, manne, drink.... Ons kort nog baie botteltjies...."

Alternatiewe ligbronne was ook bottels gevul met kerse:


Sommige met stokkies om die bottels geplak.
Ander met drywende kerse op water.
Of bloot raffia gedraai om 'n mooi bottel...

Sommige kerse is in sand geplant
ander in sade (mielie, sojaboon, sonneblom, manna...)



En elke ding is vooraf getoets - 'n tafel gedek en beproef.


Die interessantste was miskien die "klipligte"
Alle klippe wou nie saamwerk nie,
en al die boorpunte ook nie....



Maar tussen die brode op die tafel was die ligte geplaas.


Ek moet erken, ek weet eerlik nie of hulle ooit aangesteek was nie...



En voorwaar, met die sitronella-olie het ons ook geen gogga-frustrasies gehad nie.


Môre kuier ons verder rondom die onthaal se dinge...
Want elke tafel moes anders lyk.
23 tafels - 23 verskillende idees....

Groetnis







No comments:

Post a Comment