Tuesday, January 24, 2012

Hoeveel kan een mens verduur?

Sy is geskei.
Ek weet nie hoeveel jare al nie,
   maar dis 'n hele paar. In die twintig jaar wat ek al hier woon, ken ek net vir haar.

Sy het twee dogters en 'n seun.
Haar ouers was ook boere in die omgewing.
    Sy en haar drie broers het op die plaas grootgeword.
     Die een boet en sy vrou woon ook in die omgewing.

Érens gedurende die tydperk 2000 - 2004 is haar bejaarde ouers aangeval.
Veral haar pa het baie seergekry.

Toe in 2004, sterf haar seun, haar jongste, in 'n motorongeluk. 'n Ongetroude jongman van 24. Lewensvreugde was sy deel.

'n Kort tydperk daarna, sterf haar boeta - 'n motorongeluk veroorsaak weens slaggate op 'n draai...

Toe sterf haar pa.

In 2010 gebeur die skynbaar onwaarskynlike. Haar skoonseun skiet haar dogter.
    Sy laat 'n klein seuntjie (2-3 jaar) agter.

Hy kom woon by ouma.
Is baie lief vir ouma en 'n klein bekkige seuntjie. Tog baie bang ouma gaan weg...

En Saterdag-Sondagnag...
kom 6 terroriste, aaklige geweldenaars
en val sy ouma, sy dierbaarste en amper enigste
      aan.

Verniel haar liederlik.

Hoeveel kan een mens verduur?

NS { Sy is ons koster, Anita. Die nuusblaaie is vol oor die verhaal}

3 comments:

  1. Dit is sleg!! Die dame het verseker haar hel op aarde gehad. Ek hoop dit is die laaste trauma vir Alexander. Xena

    ReplyDelete
  2. Dis hartseer, ek hoop dit gaan al beter met haar :(

    ReplyDelete
  3. Muriel
    Sy is opgeneem, eers in Pietersburg, waar hulle haar nek net toegewerk het. Daarna na Meulmed waar 'n oor-neus-keel-spesialis na haar gekyk het, daarna na Medforum oorgeplaas.

    Dit gaan onder omstandighede goed. Sy is so 'n positiewe mens! Maar gebed is wat nodig is, en baie daarvan, om haar stem te mag terugkry! Om haar stembande geheg te kry sodat sy weer kan praat, lag en gesels. Haar oog, wat hulle op 'n stadium vermoed het sy mag dalk verloor, is gelukkig gered.

    ReplyDelete