Saturday, December 10, 2011

Die tweede 800+ km

Die eerste twee dae van 'n vakansie in die Kaap bestaan net uit ry. Kilometers en kilometers teerpad wat onder ons deur gly.

Ek het my verkyk aan die blomme in die Karoo. Iets wat ek regtig nooit as kind geken het nie. Ons het die Karoo altyd in Desember en soms in Maart deurgery, warm en droog.


Nou het die Karoo my begroet met groen bossieveld en kleure - geel en pers-pienk.












By een van die vulstasies, ag ek kan nie onthou op watter dorp nie, het ons hierdie vetplant met sy waarskuwing gesien. Ek het dit nogal geniet!


Uiteindelik, weer na donker, kom ons op River House (vir my sommer Rivierhuisie) aan. Dis die tweede keer wat ons by Pieter le Roux-hulle se fantastiese blyplekkie slaap. Ek sal dit 100 keer aanbeveel.

Ons oorspronklike bespreking was vir een van die kampeerplekkies, maar na die koue nag in Mokala, die ysige winde wat ons telkens begroet het wanneer ons vir 'n draailoop stilgehou het, het Andries gevra dat ek sal skakel en hoor of daar 'n huisie beskikbaar is.

Hiervoor was ek baie dankbaar! 'n Warm bad en 'n warm bed! Met die bonus, ek hoef nie éérs tent op te slaan voordat ek kan gaan slaap nie!

Wonderlik toe ons dieselfde huisie as die vorige jaar kry. Ek sou dit graag 'n instelling wou maak, maar dis wensdenkery.

Met ysige vingers en hande het ons die waentjie uitgepak, koffie water aangeskakel en gereed gemaak vir Henry se GROOT dag. Hy moes vroeg bed toe, want die rylyf moet immers herstel om gereed te wees vir die gimnaslyf die volgende dag...

Leticia het haar weer voluit geniet met die kamera....





3 comments:

  1. Dit was by my drie susters... :-P

    ReplyDelete
  2. Baie mooi foto's, julle het pragtige kinders.

    ReplyDelete
  3. Dankie Plaasjapie - vir die onthou!

    MDU - baie dankie, ons is waarlik geseën met nie net mooi kinders nie, maar kinders met mooi persoonlikhede ook!

    ReplyDelete