Kosbare momente.
Daardie wonderbare tydjie net voor, tydens en na sonsondergang.
My staptyd.
Die honde weet al, iewers rondom ses-uur, dan kom "roep" hulle my.
Dis nie om dowe neute dat God hierdie uurtjie gekies het om met Adam en Eva in die tuin van Eden te wandel nie. Nie verniet dat sy stem met die aandwindjie influister nie.
Dis kop-skoonmaak-tyd.
Dis stilword voor God en net luister-tyd.
Wanneer ek in die paadjie tussen die lande deurstap, is daar geen gedagtes wat in my rondmaal nie, geen stres nie, net 'n oorweldigende bewussyn van hier, nou en van lofprysing. Want dan, wanneer al die verwoede stemme stilraak en die sagte stem van die Heilige Gees al is wat oorbly, dan raak ek van sy koesterende nabyheid bewus.
Dan wens ek dat elke uur van die dag hierdie stil-skemeruur kon wees...
Groetnis
Skink jou koppie vol, trek die beskuitblik nader - welkom om die kombuistafel
Thursday, February 11, 2016
Bybelstudie - nuwe opium?
Om vroegoggend, voor die dag behoorlik begin, stil te raak.
Om voor God te kniel en dankie te sê.
Om sy Naam aan te roep, Hom die erkenning, lofprysing en eer te gee.
Om die dag saam met God te begin.
Dit is louter vreugde!
Ek is tans besig met 'n studie van Romeine. Dit was nog altyd vir my 'n moeilik leesbare boek, maar tog is daar soveel kosbaarheid in. Dink maar net aan die sielshoofstukke - Romeine 5 en 8!
Ek het heel eerste begin om Romeine 8 te memoriseer met behulp van www.scripturetyper.com - hulle het 'n fantastiese toep ("app = application", in Afrikaans word toep = toepassing gebruik) wat ek op slimfoon en tablet afgelaai het.
Na Rom 8, het ek besluit om Verse by verse Ministries se in-diepte-studies van Romeine te doen, en sommer die hele boek, hoofstuk vir hoofstuk te memoriseer.
'n Uitdaging ja, maar ook verslawend en heerlik.
Ek het nooit besef dat ek ook kompetisie-gedrewe is nie! Ek geniet dit om te sien hoe my posisie op die ranglys van Skrifmemorisering opskuif en opskuif, tot waar ek nou in die 265-275e plek vashaak. Hier in die hoër posisies is dit nie maklik om op te beweeg nie, kompetisie raak kwaai...
www.versebyverseministries.org is die bediening van Stephen Armstrong. Alhoewel ek as calvinistiese gereformeerde met sommige van sy leerstellings nie saamstem nie, geniet ek sy in-diepte Skrifverklarings en hoe hy Skrif gebruik om Skrif uit te lê, sonder om toepassingspreke te lewer. Dit werk vir my.
Bybelstudie is iets wat as gevolg van Facebook vir baie lank in die slag gebly het, maar ek is so dankbaar dat Vader ons nie alleen laat nie, maar deur sy Gees ons keer op keer terugbring na Jesus Christus en sy liefde.

Wednesday, February 10, 2016
Facebook - 'n Liefde-haat verhouding
In die paar jaar wat ek hier op my kuierwerf gekuier en gesels, soms gekekkel en soms gekerm, soms gek en meestal bloot gemaklik gedeel het, het ek nooit 'n gevoel van vyandigheid, 'n gevoel van "verdedig jouself" of dat my opinie sogenaamd minderwaardig is, ervaar nie.
Ek het lank, baie lank, gewik en weeg of ek ooit 'n facebook-profiel moet oopmaak. Ek het nooit van die idee gehou nie. Te "oop" (maar is die kuierwerf dit nie maar ook nie)?
Maar dalk was die grootste probleem presies dit wat my ingesluk het - 'n tipe van verslawing, 'n tipe wegkruip-aksie.
En ek het in 'n liefde-haat-verhouding met facebook verval.
Ek kon nie sonder die opium nie.
Maar die gif en die verslawing het my dikwels tussen die oë geslaan.
Heerlik om foto's van my broer-hulle, my neef-hulle in verre lande te sien, ook foto's van ons naby familie wie ons so min sien... Heerlik om met mense wat soos ek dink te kuier.
Maar soms, soms byt facebook met aaklig gesperde kake. Klemmend en vas.
Soos dikwels maar gebeur word woorde op papier (skerm) verkeerd gelees, want daar is geen emosie betrokke nie. Dit wat ek voel, die lag in my stem, die erns, die kwaad wees, die genoegdoening, word nie gedeel nie. Want daar is geen manier (geen "emoticons" of enige simbole) wat 'n mens se emosie kan neerpen en duidelik illustreer nie.
Moeg vir menige misverstande.
Moeg vir mense wat nie omgee hoe hul beeld na buite lyk nie, geen respek vir diegene om hulle of selfs vir hulself nie.
Dalk is dit tyd om net hier op my eie kuierwerf te kom kuier.
Hier waar ek my sê kan sê, my gedagtes kan deel en my opinie kan lug.
En dit in suiwer Afrikaans kan doen. Maak nie saak of my leserstal daarom kleiner is nie.
Want dis wie ek is.
'n Christen, nie 'n sondelose nie, maar 'n gereddene.
'n Afrikaner - lief vir my kultuur, trots op my geskiedenis, my mense.
Groetnis....

Dis waarom die oë die vensters van die siel genoem word.
Om te sien wat 'n ander dink en voel.
Om te sien waar hul gedagtes heen mik.
Nou is ek sommer sielsmoeg.
Moeg vir menige misverstande.
Moeg vir mense wat nie omgee hoe hul beeld na buite lyk nie, geen respek vir diegene om hulle of selfs vir hulself nie.
Dalk is dit tyd om net hier op my eie kuierwerf te kom kuier.
Hier waar ek my sê kan sê, my gedagtes kan deel en my opinie kan lug.
En dit in suiwer Afrikaans kan doen. Maak nie saak of my leserstal daarom kleiner is nie.
Want dis wie ek is.
'n Christen, nie 'n sondelose nie, maar 'n gereddene.
'n Afrikaner - lief vir my kultuur, trots op my geskiedenis, my mense.
Groetnis....
Monday, February 9, 2015
Uitdaging: Orde Skep (6) - Kombuis (5): Yskas, Vrieskas, Resepteboeke
Ek is steeds besig met die uitdaging, maar die Februarie-take het nie veel impak op my huis nie.
Februarie word gekenmerk deur resepte uitsorteer ('n hele week lank), en ook om 'n herwinningshoek in die huis te skep (wat in Suid-Afrika se platteland geen sin maak nie).
Ek is wel besig om my handgeskrewe resepte op 'n tablet te tik en dan die tablet in die kombuis as kookboek te gebruik. Of dit prakties gaan werk, weet ek nie. Maar dis 'n poging om die papier-oorlog in my huis te wen.
Wat die regpak van die yskas en vrieskas betref, was ek darem minder skuldig as vele ander. Ons eet al ons oorskiet binne 'n dag of twee op, daar is nie oopgemaakte flesse van 'n jaar of ses gelede in die yskas nie. Die kisvrieskas is 'n uitdaging, maar ek wil (wanneer ek eendag weer in die stad kom) gaan kyk of ek nog vrieskas-mandjies iewers kan koop.
Ek kan glad nie met 'n inventaris op my yskas, vrieskas of kruidenierskas werk nie. Daarvoor is ek te ongeorganiseerd (en na 40 + jaar gaan ek nie nou verander nie).
Foto's sal later volg, ek wou net laat weet - ek is nog besig met my regpak en wegpak-taak vir die jaar.

Saturday, January 24, 2015
Uitdaging: Orde Skep (5) - Kombuis (4): Kaste regpak.
My leefruimte is baie deurmekaar - ek leef deurmekaar en "ongeorden", maar - in totale teenstelling hiermee - my kaste en laaie, my bêreplekke moet netjies wees. Elke ding is nie noodwendig op sy plek nie, maar die wat op hul plekke is, staan op spesifieke plekke. Ek kan in die donkerste nag my kas oopmaak en wat ek ookal nodig het, raakvat.
Sy vertel toe hoe Melody de Jager dit aan haar verduidelik het. 'n Mens se uiterlike leefruimte vertel nie hoe jou innerlike lyk nie. Dis eers wanneer jy die kaste oopmaak wat jy die innerlike kan beoordeel.
Nou maak ek vir myself sin. Want ek hou van wiskunde, ek doen ons boerdery se boekhouding, ek is 'n lysie-mens wat goed gedurig aftik, lysies van alles maak en dinge op geordende (?!) manier probeer reël en afhandel (dis die hoofrede hoekom ek nie van braai hou nie - totaal ongeordende manier van doen :-) ).
Tog is daar altyd ruimte vir verbetering. Ek het slegs die kaste waar ek veranderings aangebring het, afgeneem. My opskepbakke, potte en panne, elektriese toebehore en breekgoed is netjies - ek het geen regpak daar gedoen nie. Ek het wel goed van een kas na 'n ander verskuif, bloot om ruimte te skep.
Die glase-kas voor:

En daarna: Ek gebruik die stampertjie vir speserye en soms ook growwe sout, daarom het hy 'n ereplekkie. Ek het 'n glasbeker wat ek nooit gebruik nie, omdat dit gedurigdeur mors, weggegee.

Die koppie-kas voor.
Ek het lank wik en weeg oor die koppies en pierings. Mens gebruik mos deesdae net bekers. Maar uiteindelik het ek besluit om dit tog te hou - ons word ouer en wanneer 'n mens begin bewe, dan is 'n piering tog beter.
.jpg)
En die koppiekas na die regpak. Die klein melkbekers was altyd by die glase. Hier en daar 'n verskuiwing, maar ek het nie regtig goed uitgegooi nie.
Die kruidenierskas.
Altyd maar die deurmekaarnes. Elkeen haal uit en sit sommer op enige plek terug. Hier moes ek beplan en behoorlik kopkrap, want ek wou 'n hele rak ooplaat om plek te maak vir plastiese sakkies en "weggooi"-plastiese houers wat ons op die langpad vir padkos gebruik. En..., maar ek sal by die volgende foto vertel.
DAARNA:
Ek het by PEP stores nog 'n paar van die hangrakke gaan koop. Ek het dit met maskeerband aan die rakke vasgeplak en daarna papier vir boeke oortrek, op die rakke gesit.
Kleiner goedjies pas nou in die hangrakke. Bokant die oranje emmer het ek 'n katoetertjie waarmee mens bottels kan oopmaak vasgeskroef.
Die rak wat ek leeg wou gehad het.
Ek het die idee van 'n tydskrif-houer om die rolle foelie, waspapier en Glad Wrap gesien en dit bly vir my 'n wenner. Tot tyd en wyl ek so 'n houer kry, pas die rolle in 'n leë hawermoutdosie.
In die hangrakke het ek nou my plastiese sakkies (kleintjies en grotes geskei).
Op die rak al die leë plastiese houers vir langpad-padkos. En leë hawermoutdosies....??
Vir die boere se koffie wanneer hulle lang ure op die trekkers deurbring. :-)
My skandekas....
Ek gaan nog eendag baie konfyt kook, vrugte inlê, souse maak.
Eendag....
Die "inmaak"-kas
Glasbottels van alle groottes en vorms.
Genoeg om 'n leeftyd te hou.
En hier was ook al die plastiese sakkies, die padkos-houers en koekbak- en koekversier-toebehore.
Twee ou stukkende kombuisskale.
Die kombuisskale het ek uitgegooi.
Die plastiese sakkies en plastiese padkos-houers in die kruidenierskas gepak.
Al die bottels sonder deksels
(en deksels sonder bottels)
het ek ook uitgegooi.....
DAARNA:
...die koekbak- en koekversiertoebehore
het ek na my opskepbakke & potte en panne kas verskuif:
Nou is al die tertbakke, mengbakke, maatbekers, siffies, koekrollers en dies meer bymekaar.
Hangplek aan die deure is heel nuttig vir siffies en maatlepels.
VOOR:
Hierdie kas is maar chaoties deurmekaar.
Die droom van 'n melkkoei het nog nie gaan lê nie, daarom behou ek die plastiese melkbekers en die botterkarring.
En iewers, eendag gaan ek 'n ouma wees, dus bêre ek die kindertyd se bekertjies, glasies en borde.... :-)
Maar die kas kan doen met 'n ekstra rak
of straks net bietjie 'n beplande orde.
Ek het 'n ekstra half-rakkie gemaak van hard board en gestut op kwartrond vorm dit 'n lekker rakkie vir die klein-kinder-bekertjies.
Ek is nog aan't planne maak vir die plastiese bekers se deksels wat so rondlê in die kas.... Die plan is daar, maar die uitvoer daarvan kort nog skaafwerk.
Ek dink die kas lyk heelwat beter... Ek het darem 2 bekers uitgegooi! :-D
Ek wou die kas onder die wasbakke ook takel, maar het besef, met Elisa in die huis en veral in die kombuis, gaan dit geen doel dien nie. Sy gaar al wat 'n leë botteltjie is op. Soms vaar ek die kas in en gooi vir 'n vale uit. Binne drie maande lyk dit maar weer so.
Verder is ek op soek na 'n plastiese / draadrakkie om borde op te stapel. Dit was nogal 'n storie, want al wat 'n goegeloer oplewer is internasionale webwerwe met pryse wat ten hemele skree.
Ek het ook op facebook gevra of iemand weet waar in Suid-Afrika ek sulke rakkies kan kry. Een antwoord was by Boardmans, maar jinne, ek wil nie 'n kas se prys vir 'n rak betaal nie. Ek het oplaas by ons woonwa- en kampeerwinkel 'n driepoot-roosterstander gekoop, maar dit werk nie. Die drie pote maak uithaal van borde moeilik.
Toe, oplaas, kry ek 'n plek in Pretoria (en die res van die land, maar vir my is Pretoors-dorp nader).
Gelmar het die spesifieke rakkies waar na ek soek. Een is 'n drie-rak-hoekstaander. Die ander is 'n langwerpige rakkie. Die pryse is bekostigbaar en ek kan nie wag vir die volgende Pretoria-besoek nie.
Groetnis en geniet die regpak en wegpak saam met my (die weggooi is moeiliker!)
Friday, January 23, 2015
Uitdaging: Orde Skep (4) - Kombuis (3): So lyk my laaie!
Ek gaan hier nie veel vertel nie, ek gaan my foto's laat praat.
Ek wens net ek het 'n manier gehad om my bediende te oortuig dat verandering wel positief kan wees ook.... (sug).
Ek wens net ek het 'n manier gehad om my bediende te oortuig dat verandering wel positief kan wees ook.... (sug).
Hout-afskortings gesny uit hardboard
Dit is die gedagte - maar hoe om dit prakties werkbaar te maak..
Hoe gemaak om die hout-afskortings stewig te maak?
16 mm kwartrond.
Dit moes werk.
Sommerso, sonder enige klampe en met koue lym.
Die eindresultaat!
Skerp messe-laai
Lepels-, spane en losgoed-laai.
En weer die genoegdoening van 'n taak aangepak, self voltooi en 'n resultaat wat die lewe makliker maak.
Monday, January 12, 2015
Uitdaging: Orde Skep (3) - Kombuis (2): Laaie en kaste
Die eerste week van die uitdaging is verby. My kombuis lyk nog steeds soos op die "na"-foto's (en aits, is ek trots op myself!)
Die enkele opdrag wat ek nie na behore kon uitvoer nie, was die een oor kombuislaaie.
Hierdie nuwe rakkie is nou deel van my bak-kas:
Hierdie was alles in die kas:
Ek het een stukkende broodpan weggegooi en die res in die foto hieronder gaan na die donasie-houer:
Die oondpanne kan nie so regop in die kas staan nie en ek het hulle na die skinkbord kas verskuif.
Treetjie vir treetjie vorder ek. Ek weet nie hoe dit gaan gaan wanneer die skole weer in volle swang is, die seuns buitemuurs het en ek wiskunde-klasse gee na ons eie oggend van tuisopvoeding nie. Maar vir nou is hierdie uiters bevredigend.
Groetnis
Die enkele opdrag wat ek nie na behore kon uitvoer nie, was die een oor kombuislaaie.
My "voor"-foto's van my laaie:
Ek hou daarvan dat goed wat min of meer dieselfde is bymekaar moet bly. My bediende het nie 'n saak daarmee nie.
Klaarblyklik sukkel heelparty vroue om hierdie laaie van hulle "netjies" te hou en daarom is 'n dag van die uitdaging aan die laaie gewy.
Ek het egter 'n ander plan bedink - dis nog nie voltooi nie en daarom gaan ek nog nie foto's plaas nie.
Wat ek wel die dag "van die laaie" gedoen het - ek het my bak-kas reggepak. Die kassie bokant my oond is baie diep, maar ook nie hoog nie. Hierin bêre ek al my oondpanne, koekpanne, bakplate en die enkele plastiese bakke wat net te groot is vir enige ander kas:
VOOR:
Ek is kort en die kas is hoog. Wanneer ek dus iets hier wil uithaal is dit gewoonlik 'n gerek en gestrek, gevolg deur 'n gekletter en 'n geval.
Ek het op een van die vele webblaaie waar ek gaan loer het, 'n plan gesien en dadelik begin soek na die nodige goedjies hier in en om die huis.
Leticia het pas 'n paar kaste vir haar kamer klaargemaak en ek het van die oorskiethout gevra.
Daarby het ek 'n paar hout"stokkies" (dowels) gekoop. Hierdie is geheel en al my eie werk, my dierbaarste is pal besig met bou en herstel op die plaas, ek kan hom nie nog hiermee ook opsaal nie:
Hierdie nuwe rakkie is nou deel van my bak-kas:
Ek het een stukkende broodpan weggegooi en die res in die foto hieronder gaan na die donasie-houer:
Die oondpanne kan nie so regop in die kas staan nie en ek het hulle na die skinkbord kas verskuif.
Treetjie vir treetjie vorder ek. Ek weet nie hoe dit gaan gaan wanneer die skole weer in volle swang is, die seuns buitemuurs het en ek wiskunde-klasse gee na ons eie oggend van tuisopvoeding nie. Maar vir nou is hierdie uiters bevredigend.
Groetnis
Thursday, January 8, 2015
Uitdaging: Orde Skep (2) - Die Kombuis (1)
Die kombuis - daarna
Alla aarde maar ek voel trots op myself!
Kyk net bietjie:
Die plek waar my stoof in die kombuis is, is 'n donker gat. Ek het nooit daarvan gehou om daar te werk nie. Ek kry my houtkaste jammer ('n trougeskenk van my skoonouers af en dis embuia) en mens kan nie sonder 'n lig daar werk nie.

Op die wit plank (bo-op die elektriese stoof):
Die mikrogolfoon met speelgoed bo-op, 'n groen Tupperware houer met honde- en beesmedisyne, 'n handmodel broodsnyer, resepteboek-houer, 'n plastiese deksel vol geoesde groentesaad en doer agter verdroogde uitgeloopde patats(!!).
Na regs 'n yshouer (wat lankal weer vrieskas toe moes gaan), waspoeier, 'n emmer vol suikerbone, 'n vriendin se koek"blik", leë glasbottel en skottel wat net gebêre moes word en 'n bottel tamatie-en-uie-smoor wat begin gis het.
NA:
Die haarknipperboksie (die een met die geverfde huisie op) en die radio en cd's het nou die donker gat geërf.
VOOR:
Hierdie gedeelte is my "werksoppervlakte" gewees. Leë terthouers, 'n skêr, elektriese blikoopmaker, elektriese broodsnyer, botterbakkie, broodmasjienpannetjie, radio en twee bottels met mmmm, ja, watookal in. 'n Plastiese houer se deksel en 'n elektriese koord pyp.
NA:
Die skêr, terthouers, botter en broodpan is gebêre. Die blikoopmaker gebruik ek baie min, omdat ek nie lief is vir blikkieskos nie. Ek het dit dus in die kas met elektriese toebehore gebêre....maar moes eers plek maak. Daar was 'n elektriese menger wat ek nie gebruik nie en vir my dogter gegee het. Die radio het ek verskuif na die donker gat. Die plastiese houers is leeggemaak, gewas en saam met die elektriese pyp na die garage gestuur.
VOOR:
Tussen die radio en die haarknipper se kassie was die eiers - ek gebruik 8 per dag vir rogbrood, dus staan hulle maar buite. My yskas is te klein vir die hoeveelheid wat ek aankoop. Net links van die kragsokke het ek twee hakies geplak om die vatlappe aan te hang, maar hulle eindig altyd op die eiers - dis net makliker...
Medisyne, suurlemoene en 'n amperleeg koeldrankbottel. Waterbottels (wat moet terug yskas toe), die stoompot se kragkabel met die blatjang op die kookplaat.
NA:
Knipperkassie en radio na die Donker Gat, eiers geskuif na die "brood-bak-hoekie", suurlemoene in die groentemandjie, medisyne na die medisynekas in my kamer, kabel en blatjang op hul plekke, waterbottels gevul en in die yskas - koeldrank opgedrink.
Haai, en nou kan my vatlappies hang!! Ek het sommer terselfdertyd my onderste laai (vadoeke en ander lapgoete) uitgeskud. Die ekstra vatlappe is nou daarin gebêre. Terwyl ek nou na die foto's kyk - ek moet daardie aansteekbord ook regpak....
VOOR:
Die broodbakhoekie, die deurmekaarste pakplek... Twee broodmasjiene! Jip, jy sien reg. My ma gebruik hare nie meer nie en het dit vir my gegee. Ek is te dankbaar want op hierdie stadium wil myne nie bak nie, maar meng wel en hare wil nie meng nie, maar bak wel. Dus knie ons met een en bak met die ander.
Die mandjie het al ons groente (uie, pampoene, suurlemoene, ens) in, nóg 'n broodpan, meel, en onder die tafel, plastiese sakke met lappe in.
Die seuns maak vir hulle koffie en hou dit warm met die lap-en-sak. Na 'n dag se werk word almal se waterbottels ook op die tafel gepak.
NA:
Foto's is in die aand geneem - water-bottels op hul plek....
Ek het die eiers hierheen geskuif, omdat ek dit juis hier gebruik. Die sink-emmertjie het ons as kersgeskenk gekry en dit pas in my kombuis se kleurskema. Ek wil dit graag gebruik, maar weet nog nie lekker hoe nie. Ek oorweeg om 'n paar kruie daarin te plant....Maar dan moet ek gate in die onderkant boor. Sal nog moet dink oor die een.
Die lap-sak-houers het ek in die kas met glasbottels gaan bêre. Onder die tafel was ook 'n braairooster, verf en teenroesmiddel - dit alles is uit garage toe. Die boks wat nog daar staan is 'n filter wat ons in 2011 gekoop het, maar wat nou nog nie geïnstalleer is nie. Ons boorgatwater is baie baie suiwer en skoon, die filter was eintlik 'n mors.
Ek het wel nog iets daaronder ingedruk. Die derde Snappy Chef-plaat. Sy sekeringsdraad het gesmelt en moet vervang word. Sodra ons weer Pretoria toe gaan, sal dit gedoen word.
En laastens:
VOOR:
NA:
Die boks hier onder die tafel (my groentetuin en vrugteboord se besproeiingstelsel is daarin - moet nog geïnstalleer word) het ek ook garage toe geskuif. Probleem is net, nou is dit uit die oog - sal dit nou ooit voltooi word?
Ek voel baie trots op myself, veral omdat ek nou al 'n hele drie dae dit volhou! En daar is soveel ruimte!
Subscribe to:
Posts (Atom)

.jpg)

.jpg)