tag:blogger.com,1999:blog-1898736071433334907.post5460437567318626966..comments2022-09-03T21:27:44.806+02:00Comments on Ek en my huis.... ons sal die Here dien: Facebook - 'n liefde/haat-verhoudingHuisvrouhttp://www.blogger.com/profile/08683408653166432591noreply@blogger.comBlogger4125tag:blogger.com,1999:blog-1898736071433334907.post-77578210280394050072017-04-26T15:44:27.178+02:002017-04-26T15:44:27.178+02:00Nou soek ek Facebook se "like" en "...Nou soek ek Facebook se "like" en "love" knoppies... :-)

Ek het op 'n punt gekom waar Bybelstudie - dagboek en dagstukkie tipes, nie vir my genoegsaam voel nie. Daarom het ek by Verse-by-verse-ministries begin inskakel, verder gebruik ek ook ander kommentare, soos Enduring word media en Biblehub om verdere toeligting. Dan lees ek eerder net die Skrif en hierdie agtergrond en verduideliking as wat ek toepassing en 'n dagstukkie lees.

Maar dis die kruks - dis al weer op die www.... - kan maar nie wen nie!Huisvrouhttps://www.blogger.com/profile/08683408653166432591noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-1898736071433334907.post-31263047558231383012017-04-25T18:22:52.426+02:002017-04-25T18:22:52.426+02:00Ek is bly as ek nie die vlieg in die salf was nie,...Ek is bly as ek nie die vlieg in die salf was nie, en sal beslis graag hier wil aanhou lees <3
Dankie dat jy jou geheim gedeel het. Weet jy wat, ek sukkel met dieselfde ding (bybelstudie, nie Fb nie). Ek het dit reggekry om Fb heelwat te sny. My groot kontak wat ek nie heeltemal wil opgee nie, is met die TO gemeenskap, en die liewe boeke.
Maar hierdie laaste maand kan ek net nie soggens konsentreer as ek my daaglikse bybelstukkie wil lees nie. Dis asof dit net kaf is, en niks koring nie. Ek het ander bybelstudies aanlyn gekoop, maar dit gaan maar stuikel-struikel. Ek voel ook dat ek wil sit en luister na God. Stil wees om te hoor wat Hy wil sê, maar dan loop die gedagtes soms so ver...

Ons kyk maar hoe gaan dit van nou af vorentoe. Ek is bly ek het jou vriendskap nie verloor nie.ElizevdMhttps://www.blogger.com/profile/18004283206000942106noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-1898736071433334907.post-7777946561955771272017-04-25T17:45:54.449+02:002017-04-25T17:45:54.449+02:00Dierbare Elize....
Ek wou al lank voor die een waa...Dierbare Elize....
Ek wou al lank voor die een waarna jy verwys, my Facebook toemaak. Toe het 'n hele paar gevra dat ek eers die troue se foto's moet deel. En dit is gedoen.

Dis baie beslis nié as gevolg van die inskrywing en kommentare daarop wat ek toegemaak het nie...miskien net bevestiging dat dit tyd is (as ek só met oom Angus se woorde mag speel)

Nee, jou antwoord het nie die herrie veroorsaak nie. Asseblief, moenie so daaroor voel nie.

En lees maar hier en lewer kommentaar hier... Hier voel dit vir my, dis myne en ons kuier.

As ek geheim mag deel - ek probeer 'n vaste roetine kry met Bybelstudie soggens. Dit gaan maar steeds haak-en-steek-erig. Facebook belemmer dit en regtig, dis my grootste rede vir die toemaak daarvan.

Sodat ek weer persoonlik en met God self kan "kuier" vroegoggend. Sonder die versoeking van "gou-gou loer" wat binne 'n oogknip 'n hele halfuur steel. Om dit reg te kry, vir myself, moet ek skoon breek.

Ek gaan dit doen deur Woensdag my Facebook-rekening te "deactivate". Sou verkies het om dit te "delete", maar kry nie so 'n opsie nie.

Ek het lief geword vir 'n hele klomp van julle.... my raakmense....

Huisvrouhttps://www.blogger.com/profile/08683408653166432591noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-1898736071433334907.post-31062882944867134902017-04-25T14:27:31.840+02:002017-04-25T14:27:31.840+02:00Jammer dat my antwoord 'n herrie veroorsaak he...Jammer dat my antwoord 'n herrie veroorsaak het. Dit was nie my bedoeling nie. Ek sal in die vervolg eerder sake by myself oordink as om dit te bespreek. Ek moet tog vir myself verantwoording doen eendag :)ElizevdMhttps://www.blogger.com/profile/18004283206000942106noreply@blogger.com